Die vet weet: Dalk leef Elvis nog

2012-09-26 07:36

My vrees is toe bewaarheid: Die kanker het na Minah se bene versprei.

As jy ’n vreemdeling in Jerusalem is - of nog nie/lanklaas my blog gelees het (nie), Minah is my huiswerker, wat in Julie ’n radikale mastektomie moes ondergaan nadat kanker by haar gediagnoseer is.

Hierdie blog is eintlik veronderstel om oor my stryd teen vet te gaan, maar die laaste tyd maak Minah en ander se stryd om te lewe vir my baie meer sin. Of ’n stryd om regverdigheid, goed funksionerende staatshospitale, dat Julius Malema sy belasting betaal pleks van haat aanstig. En so meer. So die feit dat my gewig die laaste maand of wat wissel met ’n kilo op hier en ’n kilo af daar, is vir my regtig ’n beuselagtigheid. Ten minste het ek nie al 15 kg weer opgetel nie.

Nadat die uitslae van Minah se flikkergram twee weke gelede iewers in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal verdwyn het, het dit op magiese wyse weer te voorskyn gekom en het Minah einde laas week gehoor die kanker is in haar bene.

Sy is gister uiteindelik uit die hospitaal ontslaan ná 12 dae waartydens ’n infeksie in die wond met antibiotika behandel is. Sy het laas week haar eerste chemoterapiesessie gehad en sê dit het haar nie naar gemaak nie, maar sy was baie moeg, soos ek vermoed het sou gebeur.

Sondag is ’n PET-skandering gedoen (as ek haar reg verstaan), waarvan sy die uitslae hopelik môre kry.

Ek sien haar weer Donderdag, en sal dan probeer agterkom presies wat aangaan.

Ek wonder hoe het Minah se kinders in daardie 12 dae sonder haar klaargekom. Ek weet nie of ek sou regkom toe ek so jonk was nie, maar dis omdat ek so beskermd grootgeword het. Ek het nooit enige gebrek gely nie. As ek ontsteld, siek of hartseer was, was my ma én my pa daar om te help, beskerm of te troos.

Minah is ’n enkelma wat geen hulp, ondersteuning of onderhoud van die kinders se pa kry nie. Ek het nog nie Minah se kinders ontmoet nie. Skandelik, ek weet. Ek weet net die oudste kind is uit die skool en werkloos, maar bly steeds by Minah. Gelukkig is sy dus daar om na die 15-jarige en die negejarige meisiekinders om te sien.

Dis verstommend hoe sterk mens kan word as jy geen keuse het nie, nè. (Ek het dit ook gesien toe my ma my siek pa moes versorg nadat Parkinsonsiekte by hom gediagnoseer is. Ná hul troue was sy heeltyds ma en tuisteskepper. My pa - seën sy siel, ek was baie lief vir hom - was die Hoof van die Huis, soos dit waarskynlik nou nog in baie gesinne is wat verkies om hulself Afrikaners te noem. Hoe sieker my pa geword het, hoe meer beheer moes my ma neem. Sy het verrys van ’n klein, sagte vroutjie tot ’n onafhanklike, sterk vrou wat weet wat sy wil hê en wat nie nonsens duld nie.)

Ek sien op teen Donderdag; ek weet nie wat ek vir Minah gaan sê nie. As jy weet iemand gaan waarskynlik sterf, is dit op ’n manier makliker om met hulle oor die foon te praat, wanneer jy hulle nie in die oë hoef te kyk nie. Ek sal moet vooraf hulp soek by mense wat weet, soos by Reach for Recovery en Campaigning for Cancer. Sodat ek kan hoor hoe ék kan sterk wees vir Minah. Wat die beste maniere is om haar te ondersteun sonder om haar te laat voel ek probeer haar lewe oorneem.

Want dis die ander ding waaroor ek die laaste tyd baie dink. Ek het hierdie gedagte in my kop gehad dat ek dalk die kinders kan inneem as Minah nie meer daar is nie. Afhangend van hoe lank sy nog gaan leef. Maar is dit nie dalk ’n vreeslike patronising, laanie gedagte nie? Wie sê die kinders wíl by my kom bly? Dalk verkies hulle om by hul extended familie aan die Wes-Rand te gaan bly. Miskien is dit vir hulle minder ontwrigtend?

Hoeveel is ek veronderstel om te help? Spruit al hierdie gedagtes dat ek hulle wil help nie dalk eintlik uit ’n diepgesetelde rassisme nie? Hang my onderrok uit? Is dit omdat ek op die Noordwes-Transvaalse platteland grootgeword het, met al die gepaardgaande baggasie? En in die laanie Stellenbosch gestudeer het?

Dalk gebeur ’n wonderwerk en Minah word gesond en ek worry verniet.

(En wie weet? Dalk leef Elvis nog.)

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Passing showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 10-18°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-18°C Rain early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!