Die vet weet: Die wipplank-effek

2012-07-10 11:54

Ek het vanoggend met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. Eers is 2 kg van die 3 kg wat ek laas week verloor het, terug op die skaal. En ek het nie gekroek nie. Toe wil my motorhek om die dood nie vanoggend oopgaan nie - die afstandbeheer se liggie is morsdood, maar dis nie die battery nie - en toe is ek natuurlik laat vir werk. En nou is ek sommer gewoon moerig.

Ek moet myself nou uit hierdie negatiewe rat kry; dis sommer nonsens. Dalk moet ek die wipplank-effek toeskryf aan die PMS wat ek laas maand nie gekry het nie. Vertraagde PMS. Vervlakste hormone.

Wat die 2 kg betref: Ek dink ek moet maar êrens geld bymekaarskraap en teruggaan na my dieetkundige toe dat ek net die wetenskaplike feite oor ’n hoë-proteïendieet by haar kan kry. Dalk doen ek dit nie reg nie; daarom dat ek gewig optel. Of dalk is dit maar net die normale skommelinge. Ek sal dit maar dophou.

Gister het ek op aanbeveling van leser Hoffie Hoffmann ná verlede week se blog vir my ’n tweedehandse eksemplaar van dr. Pierre Dukan se The Dukan Diet gaan koop. (Ek wonder of dit dieselfde Hoffie is saam met wie ek in die 90’s by Die Burger gewerk het.) "The French medical solution for permanent weight loss," staan daar op die buiteblad. Lyk my dis soortgelyk aan die Atkins-dieet, as ek so vinnig kyk, maar bygesê, ek het nog nie kans gekry om veel te lees nie. Dukan skryf in die inleidende stuk van die boek oor al die waarhede, soos dat ’n vet individu nie per ongeluk oorgewig is nie, maar dat hul gourmet-aptyt, gulsigheid en skynbare gebrek aan selfbeheersing eintlik ’n masker is wat ’n behoefte wegsteek om troos in kos te vind.

Dukan sê: It soon became obvious to me that you could not make an overweight person lose weight and stay slim simply by giving them sound advice, even if that advice is based on common sense or scientific research, as the person has no other choice but to obey or try to wriggle out of it.

Support is what an overweight person determined to lose weight really wants and what they need from a counsellor or a method; support so that they are not left alone to face the ordeal of dieting which deliberately goes against their own instinct for survival.

Ek wens so die mense wat ons oorgewig ouens so kritiseer, lees dit en verstáán dit. Maar eers weg van die sielkunde en terug na die wetenskap: Die hele ding van ’n hoëproteïendieet is skynbaar om jou liggaam in ’n toestand van ketose te plaas. Dit klink gevaarlik, maar volgens about.com beteken ketose bloot die volgende: … that our bodies are using fat for energy. Ketones (also called ketone bodies) are molecules generated during fat metabolism, whether from the fat in the guacamole you just ate or fat you were carrying around your middle. When our bodies are breaking down fat for energy, most of the it gets converted more or less directly to ATP (adenosine-triphosphate). Ek het net standerd 7-biologie, maar dit klink basies vir my jou metabolisme word só aan die brand geskop.

Volgens about.com gebruik ’n mens se liggaam vet vir energie wanneer jy minder koolhidrate eet. So dit maak sin dat meer ketone gegenereer word. Sommige van die ketone word vir energie gebruik; die hartspiere en niere verkies glo byvoorbeeld ketone bo glukose daarvoor.

Daar is egter ook minstens een newe-effek: Daar is een soort ketone-molekule, asetoon, wat nie gebruik kan word nie en as afval uitgeskei word, meestal in urine en asem - wat soms ’n slegte asem veroorsaak.

Elkgeval, die uiteinde is steeds dat jy nie vir altyd net proteïene kan eet nie. In ’n stadium moet jy weer meer groente begin eet, asook vrugte en goeie koolhidrate. Anders raak jy so moeg soos ek gister was: Teen 15:00 was my energie op.

Oukei, so ek gaan nou vir die volgende week vasbyt en deurdruk en kophou en koershou. Meer water, meer oefening, minder koffie, geen alkohol… Verder lees aan die Dukan-dieet en die Atkins-dieet… My dieetkundige bel…

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Schalk van Wyk sê... Danie, ek is bly dat dit ook van die Ander Kant afkom, wat dit ookal mag beteken...... Liewe hemel, hoe kan mense nog n godsbegrip definieer in terme uitgediende primitiewe christelike geskrifte waarvan baie, soos ons vandag weet, nog boonop vervalsings en onbeskaamde bedrog was? Selfs die antieke Egiptenare was meer gevorderd in hulle denke as vandag se Christene! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.