Die vet weet: Doen dit net!

2012-09-19 12:22

Ek vat hierdie week ’n break. Die laaste paar weke was emosioneel en fisiek uitputtend. Daar is vir seker ander mense wat ’n erger tyd gehad het, maar ek voel ek het rus nodig. En elke mens se eie probleme is vir hulle die ergste. Daarom het ek sommer vier dae verlof ingesit.

Gister het ek rustig vryskutwerk gedoen en tekkies gaan soek. (Dit klink seker vreemd dat ek werk terwyl ek veronderstel is om op vakansie te wees, maar ten minste beteken dit ek kan nét daarop konsentreer; dis nie nog kantoorwerk ook nie.)

Vandag maak ek huis skoon, want Minah is nog in die hospitaal. Vanmiddag gaan ek by ’n vriendin met ’n nuwe baba kuier by wie ek heeltemal te min tyd kry om te kuier.

Die lekkerste van alles is dat ek gister en vanoggend geslaap het totdat ek vanself wakker geword het. Geen skreeuende selfoon-alarm nie. Dít voel soos vakansie.

Minah het toe uiteindelik Maandag haar eerste chemoterapiesessie gehad nadat haar linkerbors al op 7 Julie in ’n radikale mastektomie verwyder is. Meer as nege weke dus. Maar nie voordat haar wond laas Woensdag oopgegaan het nie. Toe word sy daardie selfde dag nog in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem en kry uiteindelik antibiotika vir die ontsteking waaroor sy al twee weke lank kla.

Ek is nou al meer toegeeflik oor Baragwanath nadat my huisdokter vir Minah verduidelik het die hospitaalpersoneel doen regtig hul bes met die min hulpbronne tot hul beskikking. Maar ek verstaan steeds nie hoe dit twee weke kan neem om ’n infeksie uit te sorteer nie. Moet hulle altyd wag totdat iets regtig erg gebeur voordat hulle iets doen?

Minah wou met alle mag en geweld vandag kom werk, want Maandagaand het sy orraait gevoel ná die chemo. Maar hulle het nog steeds nie vir haar verduidelik dat die chemo haar gaan laat sleg voel nie. Ek moes dit doen. ’n Familielid het in 1998 ook ’n radikale mastektomie gehad, en sy het gewoonlik twee dae ná die chemo op haar slegste gevoel. So ek raai maar dat dit is hoe dit met Minah ook sal werk.

Intussen wag ek nog op my erfporsie, en ek gaan ’n gedeelte daarvan in ’n afsonderlike rekening sit vir Minah en/of haar kinders. Ek is nie meer so seker van die trustrekening nie, want hoe sal ek skenkers oortuig dat ek nie die geld vir myself gebruik nie? Nou doen ek dit maar op my eie. Makliker so. Ek het nog altyd verkies om my eie ding te doen, al is dit nie noodwendig die maklikste opsie nie.

Van die os op die swanger kameel, soos my vriendin Hannelie altyd sê, gaan dit glad nie goed met my dieet nie. Toe ek my gisteroggend weeg, was ek 1,5 kg swaarder.

Dis hoekom ek gaan tekkies soek het – sodat ek verder en meer gereeld met die honde kan stap sonder dat my voete seer raak. Ek hét tekkies, maar dis al vier jaar oud en dit druk nog al die tyd my groottone.

Stap is regtig ’n ongelooflike kuur vir baie dinge. Nie net help dit om die gewiggies in toom te hou nie, maar elke keer as ek met my honde in die Johannesburgse Botaniese Tuin in Emmarentia gaan stap het, voel my kop soveel skoner. Dan is dit soveel makliker om positief te voel. Dit verstom my altyd om te sien hoeveel nors mense daar rondloop. Sien hulle dan nie die nuwe blaartjies aan die bome nie, en hoe die gras geleidelik groener word? En hoe uitbundig vrolik die kindertjies en die honde rondhardloop?

In elk geval. Ek moet maar weer van voor af begin met die vervlakste dieet. Ek het weer begin koolhidrate eet – soos brood vir ontbyt en rys saam met aandete. En Salomé se heerlike onderstebo-nartjiepoeding Saterdagaand. So dis nie eintlik asof ek nie geweet het dit gaan gebeur dat ek gewig optel nie. Ek het bloot laks geraak.

Ek weet presies wat om te doen. Ek moet dit net doen!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Rippie, Manna tree in eie reg op om die verhaal te vertolk en toe te pas soos sý dit sien, lees, toepas en ervaar. Jou reaksie is te klinies rasioneel om as menslike te kwalifiseer. Wil jy maar nie elders gaan plak nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.