Die vet weet: Hoekom hanna-hanna hulle só?

2012-09-04 11:48

Kom ons kry gou die dieetstorie uit die weg dat ek voort kan gal braak oor staatshospitale.

Ek het vanoggend 102.8 kg geweeg, en so what. Ek is 800 gram swaarder. Ek was die naweek by die Sauvignon Blanc-fees by Montecasino, wat verskriklik lekker was - net jammer daar was so min mense. Gautengers waardeer skynbaar nie goeie wyn nie. Ek het gisteraand my groot sonde gepleeg wat altyd ’n probleem was voordat ek op die dieet gegaan het - oorskietrys met mozzarellakaas daaroor gesmelt. Ek het darem vier keer die afgelope week met die honde gaan stap.

Ek weet ek is ’n emosionele eter, en ek sal verby hierdie hekkie ook kom; ek weet net nie wanneer nie. So moet asseblief nie vandag vir my preek nie. Ek weet ek het gesondig, maar soos ek al laas week gesê het: Daar is belangriker dinge in die lewe.

Minah, my huiswerker-vriendin, se stryd teen kanker en staatshospitale gaan voort. Sy was veronderstel om laas Woensdag vir ’n flikkergram te gaan (om te kyk of die kanker na haar bene versprei het), maar dis bloot uitgestel na Maandag (gister). Toe sy gister daar kom, doen hulle ’n sonar van die buik, nie die flikkergram nie. Al wat ek uit die Griekse verslag van die Baragwanath-borskliniek kan aflei, is dat daar ’n letsel op haar lewer is. Dis dalk niks, skryf die mediese persoon daar, wie sy ook al is, maar gesien in die lig van Minah se geskiedenis moet dit verder ondersoek word.

Daarin staan ook: "Urgent chemo, then re-excision of margins." Ek verstaan net die "urgent chemo"-stukkie. Maar as dit dan nou so dringend is en al meer as ’n week gelede gedoen moes gewees het, hoekom hanna-hanna die hospitale so? (Selfs die dokter by Natalspruit-hospitaal het laas week gewaarsku oor Baragwanath: "They are going to take their own sweet time." Maar jislaaik, as elke dag crucial is, soos hy sê, is daar mos nie ’n manier dat hulle die kanker gaan stop en omkeer nie. Dit klink dalk nou kru en na oorreaksie, maar dit lyk vir my hulle maak net genoeg inligting bymekaar vir ’n lykverslag.)

Toe ek vir Minah vra of die dokters vir haar verduidelik het hoekom hulle die sonar gedoen het, sê sy nee, sy moet môre (Woensdag) wéér ’n dokter by Bara gaan sien - weet nie waarvoor nie - en hulle sal dan hopelik vir haar verduidelik. Sy was veronderstel om op 10 September vir ’n tweede operasie te gaan - ná chemo, omdat Natalspruit versuim het om chemo te doen voor die eerste operasie - maar die flikkergram (wat laas Woensdag moes gebeur het) word nou op die 10de gedoen.

(Terloops, heelwat mense het vir my gesê dis ongewoon dat chemo voor ’n mastektomie gedoen word, maar glo my, dit ís wat op die hospitaalverslag staan.)

Wat ek graag wil weet, is hoekom die pasiënt nie vóóraf ingelig word wat met haar gaan gebeur nie, sodat sy kan weet wat vir haar voorlê en haar op ’n manier emosioneel en geestelik ’n bietjie beter daarop kan voorberei. As dit ek was, sou ek lankal ’n hengse vloermoer gegooi het, maar dan is ek nou nie Minah nie. Sy is baie besadig, ordentlik, ’n sterk vrou, maar kom soms nogal skaam oor. Dalk eerder berustend. En ek sou ook nie met staatshospitale hoef te gesukkel het nie, want ek het ’n vaste werk en behoort tot ’n mediese fonds.

Ek het nou al soveel dokters se name op al daai hospitaalvorms en -verslae gesien dat ek nie meer herwaarts of derwaarts weet nie. En om alles te kroon vat ek haar vanmiddag na my huisdokter toe sodat sy hopelik in verstaanbare taal vir ons kan verduidelik wat aangaan - en Minah moontlik vir ’n tweede opinie na ’n ander onkoloog kan stuur.

Intussen het daar darem ’n paar positiewe goed ook gebeur. Ek het danksy Beeld se mediese verslaggewer kontak gemaak met die mense van Campaigning4Cancer en Reach for Recovery. Dis mense wat wéét waardeur pasiënte gaan, en baie van hulle is self survivors van kanker. Reach for Recovery sal iemand stuur om by Minah te gaan besoek aflê om vir haar ’n "softy" te neem wat sy solank in haar bra kan dra. Ek kan vir haar ’n prostese kry teen minimale koste, maar hulle beveel aan dat ek wag tot ná die tweede operasie. Campaigning4Cancer sal ’n brief vir die minister skryf. Ek twyfel of dit betyds hulp vir Minah sal besorg, maar dalk help dit vir pasiënte in die toekoms.

Watter ongelooflike, deernisvolle mense. Dit vat ’n spesiale soort mens om daai soort werk te kan doen.

Oukei, so kom ons kyk dan maar hoe gaan dit in die komende week. Raad en wenke sal waardeer word. En dink julle dis ’n goeie idee om dalk ’n trustfonds vir Minah se kinders te begin?

Naskrif: Vir wat dit werd is, ek sal probeer om hierdie week gesonder te eet.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-22°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Cool. PE: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

Uitverkoping vir 24 uur – 30% afslag op skoonheidsprodukte

Slegs vandag – kry 30% op alle produkte vir haarversorging, velversorging, uitgesoekte skoonheidsprodukte en parfuum. Aanbod geldig tot middernag 24 April. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!