Die vet weet: Lena blaas haar eie beuel

2012-07-24 13:41

Drie goed het my die afgelope week baie trots gemaak. Eerstens dat ek Sondag die Discovery 702 Walk The Talk suksesvol afgelê het. Tweedens dat ek al 15,3 kg minder weeg as vier maande gelede. En derdens dat ek vir die eerste keer in seker vier jaar weer in ’n nommer 18-broek pas.

Sorrie dat ek nou so my eie beuel blaas, maar as ek dit nie doen nie, wie anders gaan dit doen? Wel, ek moet darem byvoeg dat ’n hele paar mense my die afgelope week voorgekeer het om te sê hulle kan sien ek het gewig verloor en my gekomplimenteer het. Enige vrou - wel, seker enigiemand wat met hul gewig sukkel - sal vir jou vertel hoe wonderlik dit voel. En dit spoor mens aan om op die smalle weg te bly.

Oefening raak vir my al hoe makliker. Ek het nou wel net die 5 km-pretloop in die Walk The Talk voltooi, maar ses maande gelede was ek te onfiks om selfs so ’n kort afstand te stap. En eintlik sou ek nou dubbel so ver kon loop. Al was my gesig so rooi soos ’n tamatie ná die tyd. Vir Manlief was die stappie natuurlik ’n … wel … "walk in the park", maar sy bene is basies dubbel so lank soos myne. Ons honde het hulle gate uit geniet, al moes ek my klein worshondjie so ’n kilometer ver dra. Aan die einde het ons (ek en Brakkie) ewe veel na ons asem gehyg, maar dit was so lekker!

Ek het verlede week vir my ’n nuwe skaal gaan koop omdat my oue net nie meer betroubaar was nie. Dit het ’n geheue opgebou, wat beteken as jy laas keer swaarder geweeg het weens waterretensie, sien jy nie jou ligter gewig as jy regtig baie soet by jou eetplan gehou het nie. Baie frustrerend. Met my nuwe skaal kan ek tot op die laaste 100 g sien hoeveel ek weeg. Weg is die skrikwekkende 117,7 kg. My gewig staan nou op 102,4 kg - dus ’n volle 15,3 kg sedert ek in April my nuwe, gesonder leefstyl begin volg het.

Dis ook maar goed ek het nie my ou jeans weggegooi of weggegee toe ek nie daarin kon pas nie. Eintlik was my motto nog altyd om alles uit te gooi wat ek die afgelope jaar nie gedra het nie. Tot baie onlangs kon ek net-net in ’n nommer 22-broek pas - eintlik sou ’n 24 waarskynlik beter gelyk het aan my. (Nie dat mens in enigiets goed lyk as jy jou lyf so verwaarloos het nie.) Nou het ek ’n hele nuwe klerekas sonder dat ek enigiets hoef te gaan koop het!

Nou vir daardie sielkundige 100 kg-grens!

Nota aan self: Onthou om ’n maatband te gaan koop.

Ek raak uiteindelik weer ’n bietjie kreatiewer met kos. Ek eet nou soggens gesonde komplekse koolhidrate saam met ’n proteïen (soos hawermoutpap en melk of ’n gekookte eier op lae-GI-roosterbrood en soms groente, soos sampioene, uie of tamatie), en dan twee proteïenporsies (een porsie so groot soos jou handpalm) en groente vir middagete, en dieselfde porsies vir aandete. As ek wel koolhidrate in die middag eet, eet ek net een proteïenporsie. Ek bly steeds weg van suiker, vet en koringmeel. Gisteraand het ek ’n vleis-"brood" aanmekaargeslaan. Dis so ’n lekker maklike moerby-resep - en daar kom nie moerbeie in nie! Probeer dit gerus:

LENA SE VLEISBROOD
6-8 porsies

Ek reken hier is min genoeg koolhidrate in dat jy dit nie eens hoef te tel per porsie nie. Na gelang van die grootte van jou porsie werk dit uit op omtrent ’n kwart tot ’n derde van ’n koolhidraatporsie.

750 g maer beesmaalvleis
1 groot rooi-ui, gekap
1 groot wortel, gerasper
300 g zucchini, gerasper
30 ml tamatiepasta
2 knoffelhuisies, fyngedruk
40 g (½ koppie) hawermout
2 eiers
15 ml kekerertjiemeel (om te bind)
5-10 ml kruiesout
vars gemaalde swartpeper na smaak
’n hand vol vars basilieblare, gekap
½ koppie gerasperde laevet-cheddarkaas

Metode: Meng al die bestanddele goed saam. Skep dit in ’n groot gesmeerde broodpan. Bak teen 160 °C vir 50-60 minute. Sprinkel die kaas oor en plaas terug in die oond vir so 10 minute. Laat rus die vleisbrood vir 10 minute voordat jy dit in skywe sny, anders sal dit uitmekaar val. Sit voor saam met gestoomde groente of ’n vars slaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Jan, kom ek ba(a)r enkele feite rondom jou verdraaiaanhaling uit jou geliefde BYBEL: Jy interpreteer hd bybelvers vanuit die bar van jou baardenke daarom. Dit kom tog duidelik uit Egiptiese begindenke...die eniggebore seun storie...waarin "die Seun" afgestuur is, nie deur die mense aanvaar is nie, hier verniel is, al la Horus, Deoius, Dionisus, Jesus, ea.: oorspronklik kom dit tog uit die 3-basis Sirussiete, en weet jy dit tog. Nou hoekom wil jy my in jou reaksie met kinderlike sondagskooldenketjies traai uitvang? En omdat jy duidelik niks van metaforiese bedoelinge en vertolkinge weet nie, speel jy 'n heel ligte ghoen na 'n fisiese gaatjie, wat jy nie begryp nie. Shame. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.