Die vet weet: Proteïene vs. koolhidrate

2012-07-03 14:56

Hier is die blye nuus: Hoewel my week nie goed begin het nie, gaan dit al hoe beter! Ek dink ek het moontlik die regte eetgewoontes gevind wat vir my werk!

Mense het verskillende idees oor wat die regte dieet of eetplan is. Dis nie noodwendig dieselfde vir almal nie, want dit hang af van hoeveel jy oefen, gesondheidsfaktore, voorkeure, en dies meer. Is balans die antwoord?

Die Afrikaanse spreekwoord lui: "Twee koppe is beter as een." Die afgelope week het ek regtig die waarde van daardie soort gesprek ervaar. As jy wonder oor iets, help dit om te luister (lees) wat ander mense se menings daaroor is. Neem daaruit die inligting wat op jou van toepassing is / vir jou werk en skep jou eie waarheid.

So sukkel ek nou al sedert April om vasberade te bly oor gewigsverlies. Die eerste twee weke was die moeilikste, want ek moes my denkpatroon (mindset) verander. Uiteindelik kom mens daarby uit, want jy besef jy doen dit vir niemand anders nie, net vir jouself. Nie vir jou man of jou lewensmaat nie, nie vir jou ma nie, nie vir jou kollegas nie, nie vir jou vriendinne nie. Al worrie jy soms wat hulle dink. Jy doen dit vir jou gesondheid. Jy het net een liggaam. Pas hom op.

As jou roetine ontwrig word - soos myne toe ek ’n week lank by my ma vakansie gehou het - is dit nogal moeilik om jouself te dissiplineer om weer die regte pad te volg. Wat my gehelp het, is dat ek gekies het om almal te vertel ek is op ’n dieet, want só plaas ek meer druk op myself om nie tou op te gooi nie. Mense vra my gereeld hoe dit met my dieet gaan. Vandat ek my blog begin het, raak dit al hoe makliker, want dis ongelooflik hoeveel ondersteuning ek van wildvreemdelinge kry - van wie baie met dieselfde dinge as ek sukkel. Dis asof ’n hele nuwe gemeenskappie besig is om te ontwikkel.

Dit lyk my ’n algemene probleem is koolhidrate / stysel. Die debat oor proteïen vs. stysel en oor suiker en vet het in my gesprekke met my bloglesers en Facebook-vriende sterk gefeature. Ek (dink ek) verstaan hoekom my dieetkundige gesê het ek moet soggens liewer twee gekookte eiers met tamatie eet as byvoorbeeld een eier met ’n sny roosterbrood of graankos en melk. Die proteïene hou my vol, terwyl ek al teen 10:30 weer honger is wanneer ek proteïen en stysel gekombineer het. Dit maak ook sin om nie saans koolhidrate te eet nie, want jy hoef nie saans energie te hê nie - en dan gaan stoor jou liggaam bloot daardie ekstra energie as vet. Help my asseblief reg as ek verkeerd is. Ek is nie ’n kenner nie.

Helaas was ek bietjie lanklaas by my dieetkundige, want die mediese fonds betaal blykbaar net vir die eerste drie afsprake (uit jou spaarfonds) en daarna moet jy self opdok.

Dit lyk of daar grootliks twee verskillende kampe is: die voorstanders van ’n hoë-proteïendieet met baie min koolhidrate (en dan die res van die voedselgroepe) en die voorstanders van ’n "gebalanseerde dieet" met meestal koolhidrate, dan proteïene (ook suiwel), groente, vrugte en vet.

Prof. Tim Noakes het vroeër vanjaar groot kontroversie veroorsaak toe hy gesê het hy was al die jare verkeerd oor ’n hoë-koolhidrate-min-vet-dieet. www.iol.co.za se opskrif by hul artikel is sommer "Noakes tell of his big fat mistake". Ek haal ’n sin aan wat op hul webwerf verskyn het: "Since adoption of the ‘prudent diet’ which restricts fat intake with an increased intake of carbohydrates, the prevalence of adult-onset diabetes and obesity has increased explosively,’ he (Noakes) says."

Ek het weer na die podcast (jammer, RSG, ek hou nie van die woord "potgooi" nie) gaan luister van Noakes se onderhoud met John Robbie op 702 Talk Radio vroeër vanjaar, en hy sê sommer jy moet die hoofstuk oor koolhidrate uitskeur as jy sy boek het! Hy sê ook iets wat ek al baie gehoor het, maar gewonder het of dit net ’n gier is, naamlik dat baie mense koolhidraatweerstandig is - die rede wat ’n naturopaat in Kaapstad ses jaar gelede aangevoer het die rede is dat ek nie gewig kan verloor nie. Ek weet egter nie of ek saamstem met die hoë-vet-proteïenbenadering nie. Wat van jou cholestrolvlakke en jou hart? Soos ’n vriendin op Facebook gesê het: Wat help dit jy verloor 20 kg, maar jy beland in die hospitaal vir ’n hartomleiding?

My weergawe van die hoë-proteïen-dieet - vir nou - is: Eet baie minder koolhidrate, eet meer (binne perke) proteïen, eet (geweldig) baie groen groente. Eet net een vrug per dag, want dit bevat baie suiker. Ek probeer maer proteïene eet - hoenderfilet, volstruismaalvleis, tofu, maar vis met die goeie omegas, soos makriel, tuna, geelstert, ens. Ek drink ook ’n multivitamien, B-kompleks en omega-3 wat my dieetkundige aanbeveel het.

Ek het dit sedert Donderdag getoets - bietjie kort, ek weet, maar gee kans - en 3 kg verloor deur net tydens middagete koolhidrate te eet en glad nie die res van die dag nie. (Of laat ek dit só stel: Mens darem ook koolhidrate en vesel in deur vrugte en groen groente te eet, maar ek bly nou ná middagete weg van brood, muffins, pasta, rys en al daai lekker dinge. Ek drink ook nét naweke alkohol. Geen uitsondering nie.

Dit het seker ook gehelp dat ek omtrent elke aand besig was, sonder ledige oomblikke waarin mens "eterig" raak.

Ek soek nog steeds iemand om my te leer hekel! Vir die ledige aande wat volg!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 4-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!