Die vet weet: Sjokolade maak sin

2012-08-21 13:23

 "Have a break, have a Kit Kat."

Dit moet een van die suksesvolste advertensies in menseheugenis wees. Vir my, in elk geval. Die ander een is Bar One se 25-uur-dag.

Snaaks dat ek nou vandag aan sjokolade-advertensies dink. Ek het lank laas sjokolade geëet. Maar dit het betrekking op my afgelope week.

Eerstens die Kit Kat: Ek het besluit ek raak nou te behep met dieet, en toe besluit ek om ’n week lange break te vat. Hierdie grappie hou verband daarmee (jammer, dit werk net beter in Engels): Ek is seker ek ly aan CDO. Dis soos OCD (obsessief-kompulsiewe stoornis), maar net in alfabetiese volgorde. Soos dit móét wees!

Nadat ek verlede week drie verskillende lesings op my nuwe skaal gekry het, na gelang van op watter teël in my gang of badkamer ek dit neersit, het ’n goeie vriendin, Alida, my gewaarsku dat ek te behep raak met die wegery. En sy is reg. ’n Ander vriendin, Phillippa, het voorgestel ek sit die skaal elke keer op dieselfde teel en weeg my een keer per week op dieselfde dag, dieselfde tyd.

Ek het hulle al twee se raad ter harte geneem. Sonder om erg oorboord te gaan het ek nié die afgelope week by my dieet gehou nie. Vrydagaand het ek selfs tjips geëet toe ’n klompie van my Kaapse vriende by my kom kuier het. En vanoggend weeg ek 102,3 kg. Dit beteken ek het niks opgetel nie. As ek die middelste gewig van laas week se skaalsessie vat, is ek trouens 100 gram ligter. Ek is tevrede daarmee. Dit beteken hopelik my metabolisme het uiteindelik ingeskop. Want my gewig het konstant gebly, al het ek verkeerd geëet.

Tweedens die Bar One: Ek het myself die afgelope week oor ’n mik gewerk. Behalwe dat dit ’n besig week by die werk was, het ek verlede Maandag-, Dinsdag-, Donderdag-, Sondag en Maandagaand (gister) boonop in Beeld se nagkantoor gevryskut (wat beteken ek werk van 09:00 tot 22:00); ek het ’n klomp vryskutwerk gehad wat my minstens nog twee uur per dag besig gehou het én ek het die hele naweek ’n Kaapse vriendin gehad wat by my gekuier het. Ek sou kon doen met 48-uur-dae, wat nog 25 uur.

Boonop sukkel ek seker al die laaste maand met sinusitis en oorpyn. Elke keer wanneer die koue toeslaan, raak ek siek. Ek het nog nooit ’n sterk immuunstelsel gehad nie, weet nie hoekom nie. Ek drink elke dag ’n multivitamien, B+, sink en omega-3. Sondag is die eerste keer in ’n week wat ek sonder oorpyn wakker geword het. Ek hoop die mooi weer wat ons op die oomblik in Johannesburg het, hou. Hierdie kouefronte begin my nou onderkry. Ek weet mens moet winter hê, maar jinne, dis darem seker nou genoeg.

Hierdie week behoort darem effens rustiger te wees, dankie tog. So ek het vanoggend weer volstoom op die dieet-trein geklim. My dieetkundige, Danny, se eetplan wat sy al in April vir my uitgewerk het. Snytjie lae GI-roosterbrood met ’n gekookte eier vir ontbyt, bolognese met volstruismaalvleis en ’n halwe koppie basmati-rys vir sowel middag- as aandete, ’n nartjie as versnapering in die middel van die oggend en ’n klein bakkie vetvrye jogurt vir middagversnapering. Twee liter water per dag.

En vanmiddag kan ek uiteindelik weer met die honde gaan stap. Ek is seker hulle sal ook baie bly wees!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Johann van Wyk sê... Schalk, ek het hierdie vraag so baie vir myself afgevra. Die christelike geloof was gevestig in die "donker eeue", dit is nie 'n aanname nie, maar uitgewys in die geskiedenis wat opgeteken staan. Waarom het die menslike ontwikkeling se denke sò verval? Hoekom 'n denker soos Hypatia vermoor toe sy vry en onbevange haar observasies bekend gemaak het? Is Abel dan nie reg om te skryf dat die manlike denke oor godsdiens deur "verstedeliking" ( nie Abel se woorde nie) eintlik polities geëinspireerd was? Maar daardie tyd is tog verby. Godverdomme kan die vrouens nie 'n slag hul eie "god" skep vandag nie! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-18°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-14°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.