Die vet weet: Vasbyt! Geduld!

2012-07-31 14:18

Ek moet seker aanvaar elke week kan nie ’n goeie week wees nie. Vanoggend het my skaal helaas vir my gesê ek weeg 1 kg meer as verlede week hierdie tyd. Maar ek gaan nie histeries raak nie. Ek gaan geduldig wees. 

En ek gaan dié Serenity Prayer van die Amerikaanse teoloog Reinhold Niebuhr onthou: "God, grant me the serenity to accept the things I cannot change, courage to change the things I can, and wisdom to know the difference."

Daar is baie redes vir hierdie ekstra gewig. Eerstens, soos ek al tevore gesê het: Hormone. Tweedens het ek die naweek tyd deurgebring saam met ’n universiteitsvriendin wat uit Nederland hier kuier. Ek het haar ses jaar gelede laas gesien en ons het gebraai by die vriende waar sy en haar gesin tuisgegaan het.

Eers het ek mooi vasgebyt (Haha! Wonder waar kom daardie uitdrukking vandaan!) en niks tjips geëet nie. Maar die voorneme het nie gehou nie. Ek het selfs ’n stuk boerewors geëet.

Derdens het ek nie die afgelope week so dikwels gaan stap soos ek moes nie. Ek was geweldig besig. Dis my verskoning, en ek volstaan daarmee!

In elk geval, dit help nie mens dwaal in die verlede rond nie; mens is veronderstel om vorentoe te beweeg.

Ek weet ek het my voorgeneem om nie allerhande dieetdoepas te gebruik nie, maar ek sal nou maar bieg: Ek het minerale soute bestel wat ek Saterdag begin drink het. Net ’n kwartteelepel in ’n glas water. Dit smaak ’n bietjie soos seewater, maar is nie onhoudbaar nie.

Dis veronderstel om vir allerhande goeters te help. Soos om jou lewer te help om onsuiwerhede te versamel en uit te skei. Ek sal nou nie in besonderhede ingaan nie, maar dit lyk of die minerale in daardie opsig werk.

Dit herstel en balanseer glo ook energie- en suur-alkali-vlakke deur oormatige suur uit die selle te onttrek. Hoewel ek kan sê dat ek die laaste paar dae meer energie het en beter slaap, het ek nogal erg gesukkel met sooibrand. Dalk is dit nie die minerale se skuld nie, maar daai tjips en rooiwyn! Of miskien is dit ’n kwessie van: Dit gaan eers slegter gaan voordat dit sal beter gaan. Of so iets.

Omdat die minerale blykbaar swaar metale soos lood, amalgaam, kwik (van tandstopsels), kadmium van sigaretrook en ander omgewingsgifstowwe help afbreek (deur die molekulêre strukture daarvan af te breek), help dit glo ook om jou liggaam te ontgif (detox). Dit verklaar dan seker gister se hoofpyn.

Volgens die pamflet balanseer dit ook jou bloedsuikervlakke. Kyk, ek weet nie of al hierdie aansprake waar is nie, maar ek kan wel sê ek word nie honger tussen maaltye nie. So dalk ís my bloedsuikervlakke inderdaad meer gebalanseerd! Ek onderneem om meer oor al die bestanddele van die produk te gaan google (of my local homeopaat te vra).

En ek neem my voor om geduldig te wees in die week wat voorlê. En vas te byt. Weet nie waaraan nie, maar ek gaan vasbyt!
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Roy, dit is presies wat van Ander Kant af gesê word, maw die God en godsdiens móét weggeneem word: dit is 'n besmetting/virus wat totaal weggeneem sal word. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.