Fliekvlooi: Oorgroeide tiener, dié Mavis

2012-05-04 12:05

Die onlangse nuus dat Charlize Theron 'n baba aangeneem het is nie uit alle oorde in haar geboorteland goedgekeur nie, om verskillende redes wat enige sosioloog of gedragswetenskaplike sou interesseer. Maar één ding is nou maar eenmaal wors: sy beskik oor 'n unieke talent en haar akteursloopbaan spreek daarvan.

Charlize Theron was al 'n oortuigende glans-aksievrou (The Italian Job), 'n skitterende sci-fi-tipe superheld (Hancock), 'n tragiese heldin (The Cider House Rules), 'n onverfynde, oorgewig en ook tragiese reeksmoordenaar (Monster) asook 'n versukkelde enkelma in North Country -- om net 'n paar rolle te noem. Sy skram nie terug vir 'n uitdaging nie en ly beslis ook nie aan ydelheid nie, want sy het al in meer as een rol haar natuurlike skoonheid heeltemal verdoesel.

In Young Adult is sy Mavis. En Mavis is soos die tieners vir wie sy skryf: vlakker as 'n visdam. Sy is in haar laat dertigs, maar van volwassenheid is daar geen sprake nie.

Mense reageer soms eienaardig as hulle by dié punt van hul lewe kom. Vir Mavis is dit duidelik dat haar lewe betekenis kort, maar dis gou vir die kyker duidelik dat sy die verkeerde perd opsaal om die probleem te probeer oplos. Sy besluit om die pad te vat na die dorp waar sy grootgeword het en haar skoolliefde te gaan "opeis". Die feit dat hy getroud is en pas vir die eerste keer pa geword het skeel haar min. Mavis wil vir Buddy hê en Mavis gaan vir Buddy krý. In haar kop is dit asof sy hom van sy "lewenslot" moet gaan "bevry".

Daar is mos niemand so blind soos diegene wat nie weet dat hulle nie weet nie.

Sy laai haar stomme wollerige skoothondjie in 'n drasak, spring in haar Mini Cooper, sit 'n kasset met haar en Buddy se ou vry-musiek aan en daar trek sy (sonder veiligheidsgordel, het ek opgelet) om "haar man" te gaan haal.

Gaandeweg leer mens Mavis ken en dis nie 'n mooi prentjie nie. Sy drink en vloek soos 'n matroos; sy verwaarloos haar brakkie; sy minag haar ou skoolmaats; sy gee geen erkenning aan haar ouers nie --  kortliks: sy ly aan 'n opgeblaasde ego en eiegeregtige arrogansie soos wat mens min teëkom. Haar selfbedrog maak dat sy ook geen empatie met enigiemand het nie.

Sy trap sonder gewete gate deur die siel van enige kwesbare medemens wat die ongeluk tref om met haar te doen te kry.

En tog: hier en daar slaan tekens van haar weerloosheid deur. Theron se uitstekende spel werk mee om jou te boei en te laat uitkyk vir enige tekens van medemenslikheid, van eenvoudige outydse ordentlikheid wat dalk in Mavis skuilhou. Hoekom drink sy so baie? Hoekom trek sy kompulsief die hare uit haar kop? Hoekom lyk sy soms so verlore, ten spyte van haar bravade?

Maar wees gewaarsku, mens se simpatie hou nie te lank nie.

Daar bestaan nie 'n reël wat sê mens moet van 'n fliek se protagonis hou nie. Dis bykans onmoontlik om van Mavis te hou. Maar dit is 'n uitstekende swart komedie, ontdaan van enige sentiment en goedkoop truuks.

Soos een internet-resensent dit beskryf het: "... suur soos 'n asyn-suigstokkie, versluier Young Adult sy briljante, dapper en asemrowende siniese hart in die oppervlakkige smaakloosheid van kommersiële komedie." Dit breek stelselmatig al die stokou sentimentele illusies oor skooldae, kleindorpsheid, seksualiteit en die menslike vermoë om te groei, te leer en/of te verander af.

Idealiste en optimiste sal daarna dalk 'n stywe drankie nodig hê, maar gaan kyk gerus na dié buitengewone fliek.




Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Eli-aap vra: "Waar pas evolusie in hierdie argumente in?" Wel, oom Aap-koning, kom ek help: Jy sien, daar was altyd van ons mense wat afgewyk het na ander rasse... dit kom van die Paradystyd af, waar Mens en aap in harmonie saam geleef het... en uit dit het meer as net liefde vir mekaar ontstaan; en het dit daar bo-innie-bos ("bonobos") tot paring uitgeloop, en sit ons met Kaïn as tipe mensvoorbeeld van hd mensafwykingssoort, en uit dit het tanse nageslagmense soos Eli-aap ontstaan, wat in der waarheid as as aap-mens beskryf kan word.... oukei, daar is ook ander tipes, soos ET-mense, bobbejaanmense, edm. Dit verbaas dan nie dat daar 'n mens op hd blog is wat uit hd aap-mens kruising ge-evolusioneer het tot aapdenker, aapgeneigde, aapinherensie, aap-in-werklikheid, of onder aapbeheer, en sal mens maar moet verwag dat hd tipe, soos oom Eli, aapgeneig sal wees. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.