Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Fliekvlooi: Sandra Laing se verhaal

2010-03-09 15:57

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nêrens anders sal mens so 'n klinkende biografie kry wat die ware tragiek rondom Apartheids-rassisme uitwys soos soos Sandra Laing s'n nie, daarvan is ek vas oortuig.

Ek was so 'n opgeskote tiener toe die berigte in die koerante begin verskyn het, om en by 1965-1966. En vir jare het dié verhaal Suid-Afrikaanse koerantlesers se aandag geboei. Dit was 'n onophoudelike stroom verwikkelinge: eers was sy wit, toe swart, toe weer wit, toe kleurling...

Eers was haar ouers kampvegters vir haar saak. Later moes hulle ook jammerlik ingee en heeltemal van haar onttrek.

Want teenoor dié soort saak kon niemand onpartydig of neutraal staan nie. Selfs nie eens as dit jou eie donkeroog, krulkop-dogter is nie. Die streep word vir jou getrek en jy moet duidelik kies aan watter kant jy staan. En daar is nog twee seuns in die gesin wat albei as wit aanvaar word, hoewel die jongste voorkomsgewys ook baie van dieselfde trekke as Sandra vertoon.

En Sandra, wat moes haar te doen staan? Sy het begin grootword en dit het beteken sy het jong mans begin raaksien. Haar ouers het teen álle kanse in gehoop sy sal 'n goeie Afrikanerman, wit en ordentlik, kry om mee te trou. Een wat "die probleem" sal laat verdwyn.

Nie dat mens hulle kan kwalik neem nie. Hoe verwarrend moes dit nie vir hulle gewees het nie: twee wit, laer middelklas Afrikaners met 'n kind wat ooglopend swart genetiese eienskappe besit.

In die rolprent Skin ervaar mens pynlik die fiasko wat dié ingesteldheid op uitloop -- hoewel mens kan verstaan waarom hulle gehoop het sy trou met 'n wit man. Dis amper komies, as dit nie so pynlik-tipies was nie. Die een wit vryer wil weet of sy óral-oor krullerige hare het. Die ander wit vryer neem haar na 'n plaaslik wit eetplek toe waar almal haar aanstaar asof sy sewe oë, veertig arms en tien bene het. Vryer kom niks agter nie: hy eet sy roomys terwyl hy 'n vervelende monoloog voer. Salig onbewus van sy date se ongemak.

Dit is dan tog glad nie verbasend as sy uiteindelik met die swart Petrus wegloop nie. By Petrus en sy ma vind sy volle aanvaarding en liefde. Maar nou bevind sy haar afgesny van die veilige wit wêreld waar sy vandaan kom. Nou beleef sy sáám met haar nuutgevonde familie dinge soos gedwonge verskuiwings, uiterste armoede en die gevolglike versukkeldheid wat sy tol eis van haar huwelik met Petrus.

Die prent eindig met die regte Sandra soos sy vandag lyk. En dis nie 'n ongelukkige einde nie. (Ek wil nie die loop van die storie verklap nie, ter wille van dié van julle wat dit nog moet gaan sien.)

Maar ek het uit die teater gestap met 'n groot vraag wat swaar op my hart druk: Sandra Laing was beslis nie die enigste kind wat haar ouers destyds "verloor" het op dié manier nie. Maar waar is al daardie ander kinders vandag? Ek weet van 'n buurgesin van my ouers tydens die vroeë vyftigerjare van wie die polisie hulle babadogter, ongeveer twee of drie jaar oud, met dwang kom verwyder het en deur 'n bruin predikant en sy vrou laat aanneem het.

Wat het van haar geword? En al die ander kinders -- daar moes tog méér Sandra Laings gewees het?

* Skin se wêreld-premiere was by die 2008 Toronto Rolprentfees en is die volgende jaar in die VSA met baie gloeiende resensies ontvang. Die rolprent het meer as 12 Fees-toekennings losgeslaan plus 'n hoop ander pryse en benoemings.

Sophie Okonedo speel haar hart uit as die volwasse Sandra Laing. Ek was eers skepties, want die twee lyl nie juis na mekaar nie, maar Okonedo slaag briljant darain om die gevóél van Sandra Laing te weerspieël. Ten dele onskuldig-naïef, ten dele dapper, ten dele totaal en al weerloos.

En Alice Krige is uitstekend as Sannie Laing. Mens kan nie help om van haar te hou nie -- alhoewel ek darem gewonder het oor die alewige kerkhoedjie op die kop. Ek onthou nie so 'n gewoonte in 1965 nie -- buiten nou in die kerk en die hof, waar vroue an daardie tyd nog "hul hoofde moes bedek". Maar dalk was Sannie effe eksentriek.

Tony Kgoroge oortuig as Petrus, maar Sam Neill se Aussie-aksent bederf ongelukkig sy vertolking wat andersins heel goed sou gewees het.

Die sterretjie vir my is Ella Ramangwane as die jong Sandra. Sy kry dit reg om te onder-speel in 'n rol wat maklik oordoen en melodramaties kon vertoon. Dit werk so goed om die groeiende introversie by die getraumatiseerde meisie uit te beeld.

Gaan kyk gerus. En onthou al die kinders, in die verlede en nou nog, wat onder grootmense se politieke speletjies ly.

 

Lewer kommentaar op dié storie


Kandas 3/10/2010 2:36:47 PM
Ek het by die fliek uitgestap met die gevoel al hierdie mense wat so terughunker na die ou Suid-Afrika moet dit gaan kyk. Apartheid was 'n misdaad teen menswees, en Skin beeld dit vir my baie treffend uit. Ek het gedink dis 'n baie goeie fliek.
Een-wat-weet 4/25/2010 5:25:20 PM
Tragies soos die verhaal van Sandra Laing is, is dit 'n feit dat die ware storie van haar genetiese herkoms nog nie vertel is nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...