Fliekvlooi: Shutter Island laat jou sidder

2010-03-18 14:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Fliekvlooi het vooraf omtrent niks van dié fliek geweet nie, buiten dat dit op 'n eiland afspeel en nié 'n romantiese komedie is nie. Maar toe die ligte verdoof in die leërige teater (dit was op 'n Maandagoggend) en Leonardo DiCaprio staan daar op die ferry in sy 1950-flannels, toe verdwyn die wêreld om my en ek vergeet skoon van Malema, die misdaad, die ekonomie, slaggate en gebrekkige dienslewering...

Martin Scorsese het dit reggekry om 'n rolprent te vervaardig wat ál die pluspunte van 'n outydse riller vertoon, terwyl hy goed gebruik maak van moderne filmtegniek. 'n Ware meester, dié regisseur.

Mense wat nie graag vir hulself dink nie gaan nie van dié fliek hou nie. Niks word hier vir jou met 'n lepel gevoer nie; jy moet sélf besluit wat jy wil glo. Daar bly vraagtekens oor sekere dinge hang, dis effe ongemaklik, maar die voordeel is dat dit jou baie méér intrek by die verhaallyn.

Dis ook glad nie 'n fliek vir sissies nie. Daar is regtig vreesaanjaende oomblikke, maar dan: wat verwag mens van 'n verhaal wat hom op 'n afgeleë eiland tydens 'n woeste storm in 'n gevangenis/inrigting vir krimineel kranksinniges afspeel?

DiCaprio en sy kollega -- knap vertolk deur Mark Ruffalo -- is op die sombere eiland om die verdwyning van een van die gevangenes/pasiënte te ondersoek. Maar onder draai die duiwel rond... niks is soos dit lyk nie. Of is dit?

DiCaprio se karakter is 'n man met bagasie. Hy was deel van die Amerikaanse troepe wat die oorlewendes in die Nazi-helkampe bevry het. En sy vrou is later onder vreemde omstandighede dood. Mens kry hom eintlik jammer, want dit lyk of trauma sy lewe oorheers het.

Maar alles rondom hom is vreemd en donker. Wie is hy regtig? En waarheen het die pasiënt verdwyn? In haar sel is daar geen aanduidings wat kan verduidelik nie. Buiten vir 'n papiertjie met 'n kriptiese boodskap wat hulle versteek vind.

O, en dan is daar Max von Sydow. Met 'n Duitse aksent. 'n Geheimsinnige dokter op die eiland. Wat doen hy daar? Selfs Ben Kingsley, oënskynlik die simpatieke psigiater in beheer, laat mens vinnig-vinnig onseker voel.

Dis 'n lang fliek en van die kritiek daarop was dat dit met ten minste 'n halfuur gesny moes gewees het. Dis ook emosioneel ietwat veeleisend, met beelde van gemarteldes en vermoordes wat mens bybly ná die tyd. En tog het ek dit boeiend gevind tot aan die einde. En ek hou daarvan dat mens jou brein bietjie moet inspan om te probeer uitwerk hoe pas al die stukke van die legkaart inmekaar.

Gaan kyk en lewer kommentaar oor wat julle van Shutter Island dink. Dis beslis 'n fliek waaroor mens lekker sal kan gesels.

As jou senuwees dit toelaat...


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

theasw sê... Adre... Jy is 'n wysneus wat my vir weke lank al op hierdie forum verveel en ek sal aanbeveel dat jy bo en behalwe die Bybel ook soms 'n woordeboek raadpleeg, want spel kan jy wragtig nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.