Fliekvlooi: Na Rome, met liefde

2012-09-07 12:08

Soos meeste fliekvrate weet, is daar sowaar maar net één Woody Allen. Met aanhangers wat ook nie sommer net van hier is nie.

Want soos wat Woody Allen se buite-die-kassie-rolprente nie noodwendig in Jan Alleman se smaak val nie, net so -- vermoed ek sterk -- is sy bewonderaars in 'n spesiale klas van hul eie.

Oor smaak is dit moeilik om intellektueel te debatteer, al sê die belangrike rolprentkritici ook wát. Mens kan tegnies raak en sekere gebreke en/of prestasies in 'n prent uitwys, maar as die storie, verfilming, rolverdeling en draaiboek nie met jou "praat" nie, is daar weinig genot in die ervaring te vind.

Daarom: moenie deur flou resensies verhoed word om hierdie fliek te gaan sien nie.

Woody Allen is tans besig om Europa die hof te maak. Stad vir stad, storie vir storie -- en dit kan net wonderlike fliekfeeste in die vooruitsig stel. Verlede jaar was die  magiese Midnight In Paris, vanjaar is dit To Rome With Love.

En ís die fliek nie sprekend van die vreemde paaie en kostelike voorvalle waarop die liefde 'n mens soms kan meesleur nie!

Die draaiboek is spelerig en verleidelik, met niemand anders nie as die robuuste Penelope Cruz as die stoute prostituut wat haar glad nie steur aan die preutser karakters wat sy teëkom nie.

Rome is mooier as ooit, romantieser as ooit. En die vier verweefde verhaaltjies wat hulle daar afspeel bring die een verrassende wending na die ander. Jy kan maar net lag. Dit gaan hoofsaaklik oor hoe die lewe -- en die liefde -- buite die gewone reëls met jou te werk kan gaan.

Woody Allen is self ook weer te sien in een van die rolle, dié van 'n pa wat met sy vrou (nommerpas vertolk deur Judy Davis) in Rome is om hul dogter se aanstaande te ontmoet. Jerry in in die opera-besigheid en hy verloor weldra belangstelling in sy aanstaande skoonseun wanneer hy dié se pa in die stort hoor sing. Dit lei tot een van die snaaksste verhaaltjies wat ek nog op die silwerdoek gesien het.

(Die musiek, soos altyd met 'n Woody Allen-rolprent, is regdeur voortreflik.)

Jesse Eisenberg is Jack, 'n voornemende argitek wat swig voor die aanloklikheid van sy geliefde se vriendin. Dié is 'n aktrise op besoek aan Rome. Hierdie verhaaltjie is klassiek Woody Allen-styl: Jack se flater wys uiteindelik net weer hoe mens jou kan misreken as die wellus jou beetkry.

Alex Baldwin het 'n interessante rol in hierdie segment. Hy verskyn en verdwyn soos hy goeddink, terwyl hy Jack probeer waarsku teen sy dwaasheid. (Daar is mos gewoonlik so 'n bietjie magiese realisme in Woody se flieks.)

Dan is daar die pasgetroude paartjie wat in Rome is sodat die man (Antonio) se familie sy bruid kan ontmoet. En dis hier waar die wulpse Penelope Cruz almal se lewe 'n bietjie interessanter maak...

Die laaste verhaaltjie dryf lekker die spot met die geneigdheid om glansmense te skep uit mense wat nie regtig die nodige substansie het om dié roem te regverdig nie. Roberto Begnini (wie onthou nog Life Is Beautiful?) vertolk die rol van 'n gewone man wat oornag beroemd word, deur paparazzi en die publiek oorval word terwyl sy aanvanklik verbasing in gloriegebaaide plesier verander. Wat onafwendbaar tot ontnugtering lei.

Dis 'n fliek oor die menslike toestand. Wat ou Woody soms effens oordryf om 'n punt te maak. Maar wat altyd maar deel bly van ons ondermaanse bestaan.

Mens kan maar net lag...

Gaan kyk en geniet!


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Anti, hou asb tog net in gedagte dat "satan" wat jy hier noem "die rebellie" uitgevoer het met DIE GOD-IDEE. Hierdie "satan" van jou was Ishmaïl, en sy toormiddel daarin was (ís) "God"! God is dus ook "SATAN"!!!!!!!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.