Fliekvlooi: Vir alle De Niro-aanhangers: gaan kyk!

2012-07-13 12:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Partykeer glo mens rolprentresensente tot jou eie nadeel en verlies. Ek het die resensies oor Being Flynn gelees en, ten spyte daarvan dat ek 'n sterk aanhanger van Robert de Niro is, onmiddellik besluit: dié fliek gaan ek vermy. En tog het iets my uiteindelik aangespoor om te gaan kyk -- dalk die herinneringe van sy klassieke werk in prente soos Taxi Driver en Raging Bull.

En watter wonderlik fliekervaring was dit nie! Toegegee, dis nie Polyanna nie. Dit handel oor die deel van die mensdom wat gewone middelklasmense nie te veel by wil vertoef nie. Buiten dalk om van tyd tot tyd 'n stuiwertjie in 'n bedelaar se hand te stop om hul "goeie burger"-gewete te paai.

Dis gebaseer op 'n ware verhaal en die jonger Flynn, nommerpas vertolk deur Paul Dano, vertel hoe hy vir die grootste deel van die kinderlewe sonder 'n pa moes grootword. Sy ma, gespeel deur die mooie Julianne Moore, het haar uiterste bes gedoen vir hom, maar hy het altyd die leemte aan sy pa gevoel.

En dan kruis pa en seun se paaie weer. En dis alles behalwe goed, mooi of lekker. Pa Jonathan beskou homself as een van die "drie grootste skrywers wat die VSA opgelewer het". (Die ander twee wat hulle -- volgens hom -- in sy uitgelese geselskap bevind is Mark Twain en JD Salinger.) Hy werk aan sy Nobelpryswenner-boek, vertel hy. Net jammer die boek kom nooit klaar nie. Intussen bestuur hy 'n taxi, skel op gays, swartes en Jode, vereensaam al hoe meer, drink onophoudelik -- nie noodwendig in dié volgorde nie. Kort voor lank "verloor" hy sy taxi en sy inkomste, maar die egoïsme bly.

Die fliek is donker en die onderwerp swaar. Maar dís juis waar Robert de Niro se onmiskenbare talent uitblink. Hoe sleg die situasie ookal vir die ouer Flynn raak, Robert de Niro behou daardie beroemde vonkel in sy oog. En hy verstaan kennelik die aanstootlike karakter wat hy uitbeeld, want sy vertolking is eenvoudig meesterlik.

Paul Dano is een van daardie fassinerende akteurs wat 'n tydjie neem om aan gewoond te raak. Hy word veral onthou vir sy vorige rolle as die dikmond tiener in Little Miss Sunshine en die mallerige jong prediker There Will Be Blood. As Nick Flynn hou hy die kyker se aandag met sy interessante vertolking. Hy is die tipe akteur wat nie op 'n pretty boy-voorkoms kan staatmaak nie en miskien juis daarom klim hy heeltemal in Nick se vel in en lewer 'n besonder oortuigende vertolking.

'n Voorsmakie:



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Matt Heyns sê... Hierdie God van Abel is deur Abel self gemaak. Ek wonder dikwels oor 'n godheid. Dis 'n feit god word vereer in feitlik elke land. Die mens soek instinktief na 'n skepper maar vind god nie in die koue natuur wette nie. Soek die mens dalk te vêr sodat dit baie moeilik word om god te vind. Ek maak my gees oop want god is oral, onsigbaar maar baie naby en god kan net gees wees. Die skepping moet in god wees want deur hom lewe ek, deur hom beweeg ek en bestaan ek met raaisels, sinloosheid maar met verwondering oor die grootsheid waarmee die skepping getuig. Hoe groot is groot? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tax manager

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R600000 - R700000

Tax Specialist

Midrand
Communicate Cape Town Engineering

Management Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.