Gay oog: By die plaashek

2012-01-24 11:48

My broer vertel nou die aand dat hy al begin wonder het oor my seksuele orientasie tydens 'n voorval wat ekself ook nog baie goed onthou. Dit is nogal merkwaardig aangesien broers soveel konflikgeleenthede het om op te los. Ek het ervaar dat ons gewoonlik verskillende insidente onthou.

Nietemin, ons het met die fietse afgery na die grondpad wat voor ons plaas verbygeloop het, waar die hoofhek was.  Daar iewers het Piet 'n opmerking gemaak in die lyn van 'Jy ry soos 'n moffie'.  Sulke beledigings het ek nie geduld nie en ons het amper lelik handgemeen geraak.  Hy het waarskynlik 'n grap gemaak, maar ek het so agressief gereageer dat dit blykbaar op ons beide 'n blywende indruk gemaak het.  Ek onthou dit was in ons laat laerskooljare en ons was in Devon Laerskool tydens die voorval.

Ek het my nie laat boelie nie. Nooit nie.  Behalwe eenkeer, en dit was genoeg.  Genoeg vir 'n leeftyd.  Ek het dit net nooit weer toegelaat dat ek die slagoffer van 'n geboelie word nie.

Ek onthou dat ons plaas toe getrek het in 1976 rond.  My ouma is in 1974 oorlede toe ek vier jaar oud was.  Daardie jaar het ons nog in Delmas gebly.  Dit is die jaar wat ek later kon identifiseer waarin ek gemolesteer was deur een van die bure in die omtrek se dogtertjies, sy was tien jaar oud.  Sy en haar ouer broer het my in hulle ouers se garage ingelok.  Ek is op 'n matras laat lê en haar broer het die garage deur toegetrek.  In die pikdonker het sy my betas, my hand op haar skaamdele gesit, en ek kan onthou dit was nat en glibberig.  Hierdie insident het baie stres in my veroorsaak.  Ek was baie benoud, en ek kon nie onthou hoe ek uit die situasie ontsnap het het.  Ek het net nie toegelaat dat so iets weer gebeur nie.  Die meeste van die tyd het ek en my boetie saamgespeel wat in 'n mate 'n beskermende faktor was.  Ons was goeie maats synde slegs 'n rapsie oor 'n jaar uitmekaar gebore.

Ek het oor die gebeure geswyg totdat ek op dertigjarige leeftyd met die sak patats vorendag gekom het onder veel snot en trane.  Die proses was gesneller deur my skoonsussie hulle wat vir ons in Richardsbaai kom kuier het.  Ons woonstel in Meerensee was eintlik maar net een en 'n half slaapkamer met die gevolg dat ons vir Liesie hulle die hoofslaapkamer aangebied het en ek en Louise ons ligte kamptent in die garage opgeslaan het en sommer daar uitgekamp het.  So kom dit dat ons die aand op die kampmatras lê, en ek vertel dat dit die eerste keer is dat ek in my lewe in 'n garage slaap.  Toe die woorde my lippe verlaat is my gedagtes net so vinnig by en ek kry 'n vreeslike terugflits na die garage se benoude oomblikke op die matras toe ek vier jaar oud was.  Hierdie keer was my pyn baie werklik.

Dit was die aanloop tot die eerste senuwee-ineenstorting wat ek beleef het.  Rondom dieselfde tyd vertel 'n goeie vriend my dat hy kort tevore verkrag is tydens 'n date rape.  Dit was die laaste strooi, ek kon net nie meer my pose hou nie.  En die pyn en ingehoue gif het oorgekook.  Ek was platgeslaan.  Ek is in die hospitaal opgeneem.  Ek het gegaan vir 'n CT-scan, EKG en alles waaraan die verbaasde dokters kon dink.  Dit is ook die tyd toe ek 'n vreeslike déjà vu-gevoel begin ervaar het.  Dinge het letterlik tweekeer begin gebeur.  Later sou my psigiater verduidelik dat sommige mense wat epilepsielyers is soortgelyke déjà vu-ervarige het.  Sy het ook die saak met goeie pille reggedokter.

Die rondval tussen dokters en kwakke om vas te stel wat my nou eintlik sou beter maak het nie goed afgegaan nie.  Die mediese wetenskap het ek toe al geweet is nie 'n eksakte wetenskap nie en baie keer is dit blote geluk dat mens by die regte dokter uitkom wat jou kwaal reg verstaan en die regte ding kan voorskryf om genesing teweeg te bring.

Net die reis tussen dokters is 'n storie op sy eie.  Hierop sal ek later weer uitwei.

Hierdie ervaring was ook onteenseglik deel van my toe my broer sy waarnemings gedoen het langs die plaashek.  Ek dink ook dat hy dit maar hotagter met my moes gehad het want ek het net so min soos hy enige nonsens toegelaat.

Ek probeer vandag nog verstaan hoe so 'n ervaring op 'n jong leeftyd my sosialisering geslyp het.  Self toe ek sielkunde op universiteit gedoen het het ek nie heeltemal die antwoord daarop gekry nie, behalwe dat dit wel 'n invloed gehad het.  Op universiteit het ek immers nog niemand daarvan vertel nie, en ek weet nou hoe noodsaaklik verbalisering is.  Dit is die eerste tree na genesing.  En dinge word inderdaad beter.  Dit het my eers twee senuwee-ineenstortings later gekos om te besef ek kan nie so aangaan nie.

Ek het gehoop dat pille alleen my sal laat oorleef.  Ek het probeer om my lewe so in te rig dat ek so min as moontlik onnodige spanning opwek in die werksplek asook in my persoonlike lewe.  Tot 'n groot mate het ek dit reggekry, maar ek was sonder enige lewenslus.  Dit het regtig net om oorlewing gegaan.  By die werk het ek wel bevordering gekry, maar helaas moet ek erken dat ek nie my volle kragte kon ingooi nie.  Ek het baie energie afgestaan aan depressie.  Hierdie depressie se wortels was diepgesetel en het baie energie gedreineer.

Ek het egter nou 'n nuwe lus vir die lewe.  Ek het baie meer energie, en ek het ten einde laaste vrede in my hart.  Uit hierdie kern van vrede kan ek die storms om my navigeer en ook my lewe nuwe rigting gee.

Vriende wat my lanklaas gesien het merk oop dat ek deesdae 'n sekere wip in my stap het wat laas nie daar was nie.  Dit lyk asof ek nuwe koers gekry het.  Ek voel meer geïntegreer.  Ek hoef nie meer dinge op 'n kunsmatige manier bymekaar te probeer hou nie.  Ek hoef nie meer op te pas oor wat ek dalk in 'n onbewaakte oomblik kan openbaar nie.   Dit maak nie meer saak nie.  In my kern is daar vrede.  Vanuit hierdie vrede kry ek energie.  Ek weet energie kan nie geskep of vernietig word nie maar slegs van een vorm na 'n ander omgeskakel word.  Ek kom egter nie eens agter hoe dit gebeur nie.  As ek weer sien het ek klaar iets gedoen en dit was lekker.

Laasjaar hierdie tyd het ek nog nie geweet hoe ek gaan ontsnap uit die spinnekopweb wat ek vir myself geweef het nie.  Ek sou graag wou dink dat ek met rasseskrede gevorder het.  Ek was vasgevang in 'n huwelik wat nie gewerk het nie.  Ons het nie in mekaar se kele afgeklim nie, maar ons was nie gelukkig nie.  Ek weet mens dink altyd die gras is groener aan die ander kant van die draad, maar in hierdie geval was dit so.  Ek het regtig my bes probeer om dinge te laat uitwerk binne die eise wat ek vir myself gestel het.  Ek stel gewoonlik hoë eise.  Reik vir die sterre dan bereik jy dalk die wolke.  Ek het besef dat ek myself baie skade aandoen, en ook in die proses onregverdig is teenoor my geliefdes.

My gedrag het baie selfdestruktief geraak, en my gedagtes donker, en vol uitsigloosheid.  Ek het verlam gevoel.  Ek het nie geweet hoe ek gaan ontsnap nie, ek was 'n gevangene in my eie maaksel van die werklikheid.  Ek was so bang vir enige alternatief.  Ek kon net nie sien hoe ek buite my huidige lewenspatroon sou kon uitbeweeg nie.  Ek kon nie sien hoe ek gelukkig sal wees buite die huwelik nie.  Ek kon ook nie weet dat die kinders oukei sou wees en dat dit op die ou einde ook vir hulle beter sou wees as ek gelukkiger is nie.

Nou weet ek met honderd persent visie na die verlede dat ek iewers tot die regte besluit gekom het om my lewe opnuut te begin.  Ek is besig om aan die lewe nuwe inhoud te gee.  Ek ken sin toe aan die lewe op 'n manier wat myself verbaas laat staan.  Dit is eintlik te goed om waar te wees.

Ek het ook tot die besef gekom dat ek nog steeds myself is.  Ek weet nog altyd wie ek is.  Ek hoef nie te gaan leer hoe om gay te wees nie.  Ek het rêrig nie 'n voorbeeld nodig nie, ek hoef niks aan myself te verander nie.  Ek kan maar net my eie unieke self wees.  Ek is vry om myself te vertrou.  Ek is ook vry om van myself te hou.  Ek hou van my eie gevoelens en deel dit vandag makliker met my vriende.  En my vriende verstaan, hulle sien dat ek gelukkig is.  Ek was ook verbaas dat my familie verstaan.

Ek kan dus verklaar dat die proses waardeur ek die afgelope jaar is my stoutste verwagtinge oortref het.  Dit is asof 'n baie lang proses skielik gekulmineer het in 'n eenvoudige blywende oplossing.  Dikwels is die pad na 'n eenvoudige oplossing juis baie uitdagend.  En ek kan getuig dat dit inderdaad met my die geval was.

Ek en my broer Piet onthou dieselfde insident langs die plaashek as kinders alhoewel ons dit vandag verskillend inkleur.  Ons heg dalk nou verskillende menings daaraan, maar dit is merkwaardig dat hy my eintlik beter verstaan het as wat ek besef het.  Soos een van my vriende my soms herinner: 'Thou protest to much', wat soms die hele spel weggee.  Ek dink in die Afrikanerman se psige is daar nog baie geïnternaliseerde homofobie.  Juis diegene wat so te velde trek teen die gay populasie het dikwels self probleme om gay gevoelens te hanteer. 

En soos een van my ander Facebook-vriende nou die dag opmerk: God het 'n wonderlike humorsin deur soms vir die stoerste homofoob 'n gay seun te skenk.  Dan word die bordjies gou verhang en die ouers word sommer gou aktiviste vir gay regte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
83 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Jaco sê... Thea Ek is nie seker waar jy polities staan nie en aangesien hierdie artikel nie oor politiek handel nie wil ek nie veel daaroor uitbrei nie. Jy is heelwaarskynlik heelwat regs van die regering. Jy moet verstaan dat mens geloof nooit kan skei van jou alledaagse lewe nie. Daar is op die oomblik 6/7 biljoen mense op die aarde. Die oorgrote meerderheid glo aan ('n) God. Wat maak Christene anders as ander gelowe? Jesus het ons geleer om ons vyande lief te he, die ander wang te draai, te bid vir die wat ons vervolg en te seën diegene wat ons vervloek. As ons dit nie doen nie leef ons nie ons geloof uit nie en is ons net so erg soos hulle wat in geboue vas vlieg en ander onskuldiges opblaas in die naam van hulle god. As ek ander uitskel as idiote, satansaanbidders ens net om my eie ego te streel, is ek niks beter as 'n ongelowige nie. Ons almal maak foute. Die vraag is nie hoe baie foute jy maak nie. Die vraag is wat is jou gesindheid daaroor. Die doel regverdig nie die middele nie. En om jou te verlekker in die ondergang van 'n ander is nie liefde nie. Ek het 'n GROOT issue met plaasmoorde en die onreg wat in die land aangaan. Maar ek kan nie vir my swart kollegas by die werk kwaad wees daaroor nie. Hulle is geregtig op hul eie mening en om die party van hul keuse te ondersteun. 'n Swart gelowige is egter net soveel my broer as enige blanke wat glo. Miskien as wit Christene hulle geloof meer uitleef sal ons nie heeltemal in so groot gemors gewees het nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.