Gay oog: Geletterdheidskrisis

2012-08-14 13:11

Ons staan voor ‘n nuwe geletterdheidskrisis.  Dit is nie net onder jongmense nie.  Dit is die geslag wat in 1994 stemgeregtig was ook.  Vandag se ongeletterdheidsmaatstaf is hoegenaamd nie meer lees en skryf nie – nee.  Die maatstaf is hoe effektief ons koppe van nuttelose en verouderde inligting ontslae kan raak.

Ten opsigte van Godsdiens is dit duidelik dat mense baie moeilik sogenaamde “feite” wat van kindsbeen af ingedril word kan “ontleer” as dit vandag met ‘n nuwe feitestel vervang moet word.

Indien die ontleer- en herleerproses stol, vind mens toenemend spanning wat opgewerk word rondom die sin van die lewe en lyding.  Lyding van mens en dier.

Die dood is seker die grootste pyn vir die agtergeblewenes.  Dit is die groot verterende draak wat elke minuut duisende mense insluk en doodmaak.  Ons is so gewoond daaraan dit word beskou as die beloop van die lewe.

Ek was onlangs by die roudiens van my afgestorwe tannie wat eindelik deur die draak verorber is.

Ek vermoed dat mense in kerklik liturgiese konteks van die dood kan sin maak deur woorde soos “sy is op ‘n beter plek van geen pyn” of dergelike graftrooswoorde.  Buite daardie konteks maak dit egter geen sin en is selfs afstootlik en ongeldig.

Dus is dit gepas om tydens ‘n roudiens mekaar te vertroos met woorde soos “ons weet waarheen sy is”.

Buite die liturgiese konteks is sulke trooswoorde myns insiens onsinnig en is die feitestel ongeldig.  Dit is bloot ongeldig omdat dit nog met ‘n bepaalde wêreldbeeld werk wat ons nou anders beskou.  Dieselfde met Jesus se opstanding.  Binne die liturgie kan ons die opstanding vier, want binne die konteks maak dit tradisioneel liturgies en argaïes sin.

Buite die liturgie is Jesus se opstanding onsinnig.  Dit is feitelik foutief om nog in ‘n drieverdieping-wêreldbeeld te dink.  Maar binne liturgiese konteks maak die teologiese kennisoordrag baie sin.  Dit is selfs terapeuties te bedink.

Binne-in die kerkgebou en -liturgie maak die antwoord dat God ons uit stof of klei gevorm het sin.  Buite daardie konteks weet ons die antwoord is feitelik ongeldig en formuleer ons dit met ander taaltekens.

Ons het hier te doen met ‘n fyn onderskeid, en eintlik is ek bang om dit te vereenvoudig tot ‘n dualisme; ek formuleer dit so vir die lekkerlees van die blog.

Ek gun elkeen vertroosting in kerklik-liturgiese konteks.  Mense doen baie moeite met die liturgie en uiteindelik word baie mense daardeur gedien en vertroos, begelei en gehelp om tot volle wasdom te ontplooi.

As die liturg dit goed doen is dit baie mooi en vertroostend.  Wanneer mens dominees kry wat hierdie dualisme negeer en vertrap voel ek asof mens soos 'n aap se stembande moet verstil. Soos ‘n dier se irriterende geblaf gemuilband word om voortaan stil vir die maan te sing.

In die konteks van God se huis, maak dit sin om tot God te bid en in verootmoediging die liturgie te belewe.

Aangesien elke duimbreedte van die werklikheid deur God besit word, is die dualisme buite die liturgie van so aard dat mens moet besef dat die taligheid van “Jesus is die enigste pad na God” as onverdraagsaam verstaan moet word; daar is talle paaie wat ons mense bewandel en die pad van Jesus is maar een daarvan.

Ek sal oor en oor beduie hoe ek die mensdom se grootste taak sien.  Die taak is om die draak van die dood te oorwin wat elke dag mense opvreet.  Mense vir wie ek lief is.  Buite liturgiese konteks is dit die imperatief van Jesus se opstanding en ewige lewe.  Kom ons gee met al ons ywer en kennis aandag aan die oorwinning van die draak van die dood.  Ek weier om enige mens verder aan die draak te voer.

Leiers se hol verskonings oor hoekom die draak nog nie oorwin is nie klink hol in my ore.  Ander sake wat meer aandag geniet as die draak se oorwinning is bloot ‘n pyrrusoorwinning, 'n holle oorwinning wat jou eintlik duur te staan kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Matt Heyns sê... Akhenaten, the man who gave us God (Spirit of Aten) brought one God and one religion het ek mos gesê. Daarna het die Hebreërs Aten vervang met hulle eie god JHVH. Ook bekend as die Tetragrammaton, the mystic number 4 or the four consonants which were symbolic among the ancient Jews of the deity. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.