Gay oog: Kos en lewe

2012-08-02 10:18

Ek hou van kos.  Enige kos.  Ek hou daarvan om my palet gedurig aan nuwe smake bloot te stel, maar ek het ‘n groot voorliefde vir macaroni-en-kaas.  Nes my oorlede ma dit gemaak het met baie witsous gemeng met kaas.  Ek dink dit sou kinderagtig wees om te voel dat ‘n nuwe dis wat ek leer ken my voorliefde vir my geliefkoosde dis sal bedreig.

Ons huidige ervaring word beslis nie ontken deur ‘n nuwe insig of kennis nie.  Inteendeel is die voordele van vele gedagtes en opinies voor die hand liggend.  Dit help ons dink en hopelik beweeg ons verder op ons eie onderskeie reise as ryker en ervare mense wat tot ons volle potensiaal ontplooi word.

Ek verstom my steeds dat sommige mense voel dat ander se gay-wees hulle eie opinies so grondig bedreig dat daar hewig afkeurende reaksies is.  My ma het my geleer dat elkeen ‘n plekkie onder die son het.  In my geval moes ek weer opnuut aan hierdie waarheid herinner word.  Ek het self ook ‘n plekkie onder die son al ervaar ek soms ongeregverdigde kritiek op my standpunte.  Dit is voorwaar ‘n groot skuif om in ‘n hoofsaaklik kennis-agtergeblewe samelewing ‘n kopskuif te maak om vír kennis te kies.  Niemand kan tog téén kennis wees nie. 

My geslag het nooit op skool geleer om die onderwyser se opinies aan te vat nie.

Ek lees onlangs weer van ‘n artikel wat die posisie van die Satan in die Ou Testament korrek aandui as bloot ‘n element om mee rekening te hou, een wat eintlik geen beduidende rol speel as wat sommige mense vandag ken as die Duiwel met ‘n stert en horings nie.  Ek is eintlik verbaas dat daar nog mense in Suid-Afrika is wat nog nie hierdie feit ken nie.  Ek herinner my dat destyds in my grootword-jare ‘n tydskrif al hierdie standpunt in artikels gestel het.  Ek het al in 1988 van die Duiwel afskeid geneem, en so 'n figuur het geen rol te speel in my denke nie.

Indien mense onthuts is as iets nie met ‘n huidige opinie strook nie is die reaksie gewoonlik negatief.  Dit lyk my dat mense eenvoudig so onseker is oor hulle eie standpunte dat hulle geweldig bedreig voel deur ander opinies.  Dit verg iemand wat gegrond is in homself en in sy eie hart liefde vir hom-/haarself het om ander mense se uniekheid raak te sien.

Dit beteken dat ek eers myself moet aanvaar voordat ek ander se uniekheid kan peil en waardeer.  In hierdie sin is mense wat deel is van my lewe baie akkommoderend ten opsigte van my eie reisverhaal.  Die pad na selfaanvaarding is die moeite werd, en dit is veral insiggewend dat ek ondervind het dat ek nooit ge-arriveer het nie.  Ek is slegs besig met ‘n reis wat my lei op die pad, en die reis self is die sin van die lewe.

Ons het die primitiewe reg om ons hande warm te maak in die aand rondom die vuur.  In die Suid-Afrikaanse konteks dikwels die braaivleisvuur.  Vir my is dit ‘n verrassing om te sien wat op die braairooster gaan verskyn.  Ek hou natuurlik baie van boerewors (pardon the pun), maar macaroni-en-kaas is nog steeds my voorkeur.

Op my eie reis van seksuele ontdekking het ek uiteindelik vrede in my hart.  Ek hoef nie meer in ‘n rol in te pas wat ek voel ander mense van my verwag nie.  Inteendeel kan ek met my lewensreis voortgaan en my geliefdes waardeer as unieke mense.

Ek probeer dus allermins voorgee dat my eie ervaring van die lewe die enigste manier is wat geldig is om ‘n reis aan te pak.  Sal mense vir my vertel dat hulle graag gay wil wees maar ongelukkig is hulle voorkeur “straight”?

Ek is jammer vir almal wat deur ‘n swak onderwys stelsel so opgeskroef is dat die basiese menseregte en goedheid van gay-wees ongelukkig misken word.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-24°C Morning clouds. Mild. PE: 10-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!