Gay oog: Retoriek van sekerhede

2012-08-07 13:16

Nou die dag luister ek op ‘n Pretoriase radiostasie na retoriek wat vir my oor wesensvreemd geraak het.  Dit is die retoriek van sekerhede, sekerheid oor die feit dat God die huwelik ingestel het en die voordele daarvan.  Sekerheid oor God se leiding en die sekerheid van God se liefde en ontferming.

Dit is soos klanke wat ernstig “off-pitch” is op my oor.  Na my mening gaan dit eerder oor die reis van twyfel, oor God wat nog steeds ontvou in die ontploffende heelal.  ‘n God wat nog steeds gebeur en nog nie arriveer het nie is my God.  Dit is die God wat ek nie heeltemal kan vervat in enige menslike woorde nie.

Die sekere radiostasie-woorde laat my dink aan die klein seuntjie wat in die kerk in die gangetjie gestaan het en vir die dominee gese het: “Jy sal nog so 'God' en 'Here', dan moer my pa jou”.  Ek is sommer deesdae moerig as ek hoor mense is so seker oor God se wil wat in hulle ore gefluister word.  Ek het God nog nooit iets hoor sê nie.

Hierdie tipe retoriek het veroorsaak dat mense haat distilleer uit die Bybel en sodoende mense gesel met denke wat eintlik met ‘n liefdevolle God niks te doen het nie.  Mens weet uiteindelik jy het God na jou eie beeld geskape as 'n God wat dieselfde vyande as jy het.  Ons werk heerlik mee aan die Godsbeelde wat ons van hou.

Die ander dag hoor ek by my kind dat ek waarskynlik in die hel gaan opeindig omdat ek al lankal nie meer bid vir kos nie.  Dit is die algemene retoriek wat by die skool verkondig word deur die gesagsfigure.  Hierdie retoriek is ook die een van sekerhede.

Ek wonder in hoe 'n mate kinders geleer word om vir hulself, krities, te dink.  Eintlik weet ek dat kritiese denke glad nie aangemoedig word nie.  Die strukture van gestolde sekere kennis is stadig besig om enige kreatiwiteit en lewe te smoor in leerders se denke.  Enige struktuur van onderdrukking is volgens my teen die goeie boodskap van die “Gees”.

Evolusie word vandag nog ‘n karikatuur gemaak op skool, indien daar enige iets sinvols daaroor geleer word.  Dit help niemand om die evolusieteorie se gapings te vul met niksseggende kreasionistiese woorde nie.

Dit help niemand ook regtig om byvoorbeeld eerder die naam Jesua te gebruik in plaas van Jesus nie.  Al wat ek daaruit agterkom is dat daar groepe is wat ontevrede is met die dogmatiesiese verstarde formulering van die Christelike leer.  ‘n Eenvoudige alternatief is om die tradisie te verwerp.  In plaas daarvan dat daar ‘n ander metode van uitleg en hermeneutiek gevolg word is die keuse eintlik dieselfde metodiek met ander woorde.  Daar word gepoog om met ander woorde in effek die fundamentaliste te kritiseer, maar daar word self ‘n fundamentalistiese alternatief gelewe.  Die probleem is dat daar nog steeds in ‘n sirkel van sekerhede geredeneer word.

Ek hou meer van spriraaldenke, oop sirkels wat nooit weer raak nie want dit laat die moontlikheid van ware kreatiwiteit oop.  Hierdie kreatiwiteit speel sigself af in die kader van Godsgebeure en kreatiewe skepping.  Eenvoudig gestel is God ook besig om te gedy en uit te brei as deel van die universum wat ons ken.  Die skeppingsgebeure en Godskennis is dus nie afgesluit nie.

Ek voel baie soos die seuntjie wat met sy hande in die sye vir die Dominee berispe:  “Jy sal nog so 'God' en 'Here', dan moer my pa jou”. 

Want dikwels weet die spreker so min van die God en Here af, soos ‘n klein seuntjie wat nog met die onskuld van ‘n kind se perspektief weet die woorde wat met soveel sekerheid gebesig en gepreek word meestal onvanpas aangewend word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Schalk van Wyk sê... Adre, geloof het niks te doen met lojaliteit nie! Lojaliteit is n goeie en lofwaardige eienskap totdat dit jou verblind vir die realiteite van die lewe!. Ek weet net soveel as jy, altwee wat in gesprek tree oor wat nie een van ons as die goddelike waarheid kan bewys nie. Ons stry met mekaar omdat dit vir ons saak maak want hoe ouer ons raak hoe meer soek ons na sekerheid, die waarheid na vrae waarvan die antwoorde ons, ten minste in ons bestaan, sal ontwyk. Die punt wat ons mis, is dat ons mense is wat vergeet dat ons leef en slegs daarvoor verantwoordelikheid hoef te aanvaar, d.w.s mense met morele waardes wat ons met trots kan verdedig! en nagte wakker lê omdat ons met tye dit nie ten volle, elke minuut van die dag, uitgeleef het nie. Wel, ek en jy en miljoene mense op aarde kan allermins ons beskou as n God. Ek en jy word maar vertel van hierdie God wat jy persoonlik ontmoet het, soos baie ander TEENSTRYDIGE geloofsoortuigings getuig. Die grootste gawe wat die mens ooit kan ervaar is om homself te vergewe vir sy foute, hoe subjektief dit mag wees, en dit het niks met die" geskrewe woord" van God te doen nie! Ek het n behoefte om sommiges wat aan hierdie blog deelneem persoonlik te ontmoet, nie oor ons verskille nie, maar net om julle as mens te leer ken, so kwesbaar soos n wilde bok wat sy lewe moet aflê vir die oorlewing van die roofdier wat ook moet oorleef. "Those who believe absurdities will commit atrocities." Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.