Gay oog: Vincent

2012-07-19 16:04

Vincent of ook bekend as Starry starry night is een van my geliefkoosde liedjies, veral die woorde “They did not listen, they did not know how”.  Dit is baie hoe ek voel oor die reaksies van mense wat menseregte en die gay saak misken.  Ek vermoed die boodskap gaan eenvoudig bo-oor baie mense se koppe heen.  Dit laat my baie dink aan sommige politici se toesprake wat ek as kind gesien het op die televisie.  Die “groot” woorde het die hele retoriek vir my ontoeganklik gemaak.

Een van my vriende se kommentaar op my blogs se bitterbekke was eenvoudig: “Die Here weet, so kan dit nie aangaan nie.”  Volgens hom kan die hele Bybel ook in dié gesegde saamgevat word.  En as die pôpô nou regtig die fan strike is die ander gesegde kort op die hakke van die eerste: “You need Jesus in your life”.

Soos Vincent van Gogh ‘n mislukte prediker in die krotte van die myn was, dink ek baie dat ek ‘n mislukte prediker is in die krotte van mense se gedagtes.  Die enigste manier wat ek die krotte kan besoek is om te vertel van my reis.  Gedurende my reis het baie mense my gevorm en geslyp.  Ek is ‘n mens-mens.  Ek moet ander mense op my reis hê.  Elke mens op my reis is uniek.  Ek waardeer elke ander mens se uniekheid.  Ek wil graag hê dat elke mens sy volle potensiaal ontplooi.

Ek wil graag ruimte skep vir alle gedagtes om my reis interessanter te maak en ook omdat ek teen enige vorm van sensuur gekant is, genees is, gedurende die apartheidsjare.  Mens moet egter op die ou einde pa-staan vir jou gedagtes.  Vincent het dit ook agtergekom, mense wou eenvoudig nie sy woorde hoor nie en ook nie sy skilderye koop nie.  Eintlik het dit bloot beteken dat Vincent sy tyd vooruit was.  Vandag word sy skilderye vir miljoene verkoop.  ‘n Profeet word nie geken terwyl hy lewe nie.

Ek het voorheen gedink dat Gay pa’s ‘n rariteit is, maar sedert ek my netwerke in die gay wêreld versterk het dink ek dit is meer algemeen as wat mense besef.  Gay-wees gaan bloot om seksuele voorkeur.  Dié voorkeur is so deel van die murg en been van ons wese dat ons daaroor geen beheer kan uitoefen nie.  Soos biskop Desmond Tutu al per geleentheid verduidelik het, hy kan nie insien hoe iemand gay-wees kan kies as dit jou lewe in effek gaan vergal nie.  Mense is nog baie geneig om die saak heeltemal mis te verstaan.

My psigiater reken dat daar tydens swangerskap in die baarmoeder iets afgeskei word wat mense gay laat ontwikkel.  Voor geboorte, in die tyd wanneer God ‘n nuwe lewe aanmekaarweef in die baarmoeder van die mamma.

Ek wil goed doen in die lewe, ‘n positiewe impak maak op almal rondom my.  Ek wil ‘n positiewe reaksie meebring op die lees van my verhaal.  Ek moedig ieder en elk aan om meer erns te maak met die lees van die Bybel, want ek glo dat die persoon wat die Bybel die beste ken op die ou einde die saak die beste sal kan verklaar.

Indien die studie van die Bybel onaantreklik klink (want dit is immers harde werk) beveel ek aan dat mens weer opnuut na die liedjie Vincent gaan luister en veral die laaste strofe.  

Now I think I know what you tried to say to me,
How you suffered for your sanity,
How you tried to set them free.
They would not listen, they're not listening still.
Perhaps they never will...


Ek wonder eerlik hoekom ons deur die trauma moet gaan om “uit die kas te kom”.  Waarom kan dit nie dieselfde wees as wanneer ons bloot vir ons geliefdes sê:  Ek gaan ‘n dokter word nie.  Nee, daar is ‘n wroeging van astronomiese proporsies.  Daar is vrees vir verwerping, en dit is met goeie reg dat daar gevrees word, want sommige ouers ondersteun hulle kinders nie onvoorwaardelik soos die Evangelie vereis nie.  Die liefde is soms voorwaardelik, ek sal jou ondersteun op die voorwaarde dat jy is soos wat ek dit wil voorskryf.  Die Evangelie se inisiatief is eintlik om mense onvoorwaardelik te aanvaar soos wat Jesus almal onvoorwaardelik aanvaar.

Dit is ook graag ook hoe ek Vincent van Gogh sou wou aanvaar, en ook vandag wil aanvaar.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!