Gay oog: Vir prof. Pierre de Vos

2012-01-17 12:20

Ek lees die storie oor grondwet-kenner prof. Pierre de Vos die afgelope Saterdag in By.  Ek wil kommentaar lewer, maar ek kan nie, nie dáár nie, want dit is nie oopgestel vir kommentaar nie. 

Ek wil dus nou hier op my blog reageer op verskeie aspekte van die artikel.

Pierre, ja, jy kon in 'n ideale lewe versigtiger gewees het.  Ek weet ek het al 'n man gesoen met MIV, en dit was lekker.  En daardie lekker lei baie onverwags dalk na ander lyflikhede.  En wie kan met eerlikheid vir my vertel dat daar ALTYD in die hitte van die oomblik 'n kondoom gebruik word?  Hoeveel "glipsies" was daar al gewees op hierdie aarde?

Ek hou daarvan dat jy erken dat jy skaam was, en gedink het oor wat die mense gaan sê.  Hierdie twee gedagtes is volgens my die kern van baie innerlike konflik.  Ek hanteer hierdie MIV-ding bloot soos 'n nare virus.  In my leketaal is dit 'n nare gogga.

Hierdie gogga het ten onregte 'n stigma.  Dit laat my dink aan die storie wat vertel word van my ouma en tannie wat gaan kuier het by ouma se suster, tant Sus.  Voor die besoek het ouma al gewaarsku dat hulle om hemelsnaam net nie moet ja se vir koffie nie.  Tant Sus bied koffie aan, en my tannie se ja, hulle sal graag koffie drink.  Toe kom sy agter dat tant Sus 'n onderbroek gebruik om die moerkoffie in die erdeketel mee te maak.  En dit was my ouma se primêre probleem.  Net die idee het haar totaal afgesit.  Dit was nie die lap van 'n langbroek nie, nee 'n onderbroek.  My eie reaksie op die verhaal was aanvanklik ook een van:  "Hoe kon tant Sus so iets aanvang? "

In nabetragting moes ek erken dat hierdie saak 'n emotiewe kant het.  Ons kan net nie onderbroek en koffie-drink langs mekaar sit sonder om te voel dit hoort darem nie bymekaar nie.

Sit ons dan gemaklik MIV en soen bymekaar?  Wees maar eerlik.

Ons sit baie meer gemaklik die woorde MIV en vrek-op-hope langs mekaar.  Of so hoor ek alte dikwels.  En dit is gewoonlik "hulle" wat verdien om te vrek-op-hope.  Ai toggie, dit is mos 'n baie duidelike vooroordeel.  Eintlik 'n onhoudbare vooroordeel.  Hoe kan ek my medemens dood toewens en nie lewe nie.  Dit is tog onmenslik.  Met daardie uiting is dit asof ek self die spreekwoordelike sneller trek.

As ons ongemaklik is met soen, hoeveel te meer nie met "die daad" nie.  Ons is maar lugtig om oor ons sekskapades te praat.  Maar as daar nou één gogga was wat ons gedwing het om daaroor te praat was dit MIV.  Almal het besef dat kinders ingelig moet wees oor MIV.  En ironies genoeg dit is omdat ons ons kinders 'n goeie lewe toewens dat ons dit doen.

Ek wens elke mens met MIV 'n goeie lewe toe.  Ek is egter nie blind vir die vooroordeel van die onderbroek-koffie nie.  Soen jy skielik versigtiger as jou partner MIV het, of is dit andersom.  Selfs een van my ander nugter vriende reken dat as mens dalk 'n seertjie in jou mond het moet jy oppas.  Ons het darem 'n ingeboude radar vir selfbehoud!

Dit is beter om al jou partners te hanteer as MIV positief, maan my dokter.  Al is jy in 'n sogenaamde monogame huweliksverhouding moet jy onthou dat jou maat se status enige tyd kan verander.  Almal wil altyd vreeslik vinnig verduidelik waar sy MIV vandaan kom.  Asof die omstandighede waaronder dit verkry is mense se vooroordeel moet wegneem.  Amper soos tant Sus se onderbroek.  As ek nou begin beduie hoe swaar sy dit gehad het in die oorlogsjare, en dat dit haar geleer het om letterlik alles te herbruik omdat hulle in daardie tyd honger geken het, is dit om die mens daaragter te sien en empatie te ontwikkel.

"Ek aanvaar jou soos jy is," is Christus se boodskap.  Ek aanvaar jou met MIV.  Ek aanvaar jou, maak nie saak hóé jy MIV opgedoen het nie.  Weens 'n bloedoortappingfout of watookal.

Ek het empatie.  Ek wil jou hand vat en jou gerusstel: ek gee om.  En kan ek jou die broederlike kus gee?  Kan ek jou styf teen my vasdruk dat vel vel kan aanvaar?

En sou jy tant Sus se koffie gedrink het?  Ek dink ek sou.  En ek sou dan ook soos Pierre kon sê: "Ek was lanklaas so gelukkig".



Lewer kommentaar op hierdie artikel
123 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.