Gay oog: Weesgerus, alles is reg

2012-09-03 15:13

Ek het dadelik die gaping raakgesien en terwyl hy keurig notas neem en luister het ek telkemale gaan swem in die onderdak-swembad.  Uit die wind en heerlik warm verhit.
 
Ek het die naweek meegemaak met die doel om saam met vriende te kuier, om saam om die braaivleisvuur te kuier.
 
Hierdie naweek het ek tot die insig gekom dat ek nou aanvaar dat ek nie weet wat my lewenspad volgende inhou nie.  Toe ek jonger was het ek deelgeneem an aktiwiteite wat die toekoms vir my moes duidelik maak.  Aanvanklik was dit beroepskeuses, in die werk was dit die vyf jaar plan:  "Waar sien jy jouself oor vyf jaar?".
 
Vandag is my antwoord eenvoudig, ek sien myself op die pad, saam met reisgenote.  Die reis saam is die doel van die lewe.  Ek weet die reis is moontlik omdat my reisgenote dit moontlik maak.  Ek is afhanklik van alle mense en diere rondom my.  Ander mense en diere, plante en die hele biosfeer dra my en daarvoor is ek innig dankbaar.  Ek ervaar dat die mense en diere en plante inherent goed is.
 
Ek stap rond in die snuisterye-winkel by Weesgerus, die oord waar ek die naweek deurgebring het, en loop daar die mooiste klein Engeltjie raak.  Dit is 'n bidengel met kopervlerke.  Blykbaar sal die vlerke mettertyd groen word as dit byvoorbeeld in die tuin gesit word want die koper verkleur.
 
Hierdie Engel het 'n naam gekry, dit is die Weesgerus-engel.  Tiaan het die engel as geskenk ontvang as herinnering aan die naweek en om sy ander twee klavierengele -- genaamd Hark en Herald -- geselskap te hou.
 
In die trant van my skrywe dink ek Weesgerus is die simbool van ons reis saam en die vrede wat in ons harte die wag hou wat alle verstand te bowe gaan.  Ek weet daar is goeie redes om te dink dat engele die boodskappers van God geword het omdat God ver gevoel het vir mense.
 
Nietemin, die oorspronklike rede vir die engele se nut: Ek voel Weesgerus het 'n plek in my lewe.  My verhaal is een van menswees, altyd soekend met 'n stewige dosis bemoeienis met mense rondom my.  Dit is belangrik dat ons ruimte laat vir mekaar.  In my oorlede Ma se woorde:  My kind, laat die son toe om te skyn oor almal.
 
Dit is lekker om daaraan te dink presies hoeveel die kerk beteken het op my lewenspad.  Ek ervaar die kerk en samelewing as een en dieselfde ding.  Dit is een veelkantige werklikheid waarmee ons te doen het.  Die idee dat kerkmense wat in die voorste gestoeltes sit dubbele standaarde het is taligheid wat myns insiens net ten dele ken.
 
Daar is altyd my Weesgerus-engel wat sekerlik sal sorg dat almal in die hemel sal beland.  Dit was in elk geval my ouma se standpunt.  My ouma wat 'n beter teologie gehad het as ek voordat ek teologie begin bestudeer het.
 
Ek vermoed Weesgerus maak die meer esoteriese sy in my wakker.  Die kant van my lewe waar my gut-gevoel saak maak.  Hierdie gevoel vertel my daar is hoop vir die biosfeer.  Ons staan op die punt om die leemtes in ons eie sisteme aan te wend tot 'n nuwe kragtige sprong die toekoms in.
 
Ek het baie hoop vir die jeug, ek dink dit is cool om nou jonk te wees en met nuwe hoop en verwondering Weesgerus-engele aan te skaf.  Ek vertrou dat God die mense vir wie Hy liefhet sal help tot in die spreekwoordelike duisendste geslag.
 
Mens moet die jongmense van vandag jammer kry, maar nie te jammer nie.  Ons lewensreis het soms wankelend begin met leer loop -- en val en opstaan.  Jongmense moet die geleentheid kry om ondersoekend saam te dink oor die oplossings vir die toekoms.
 
Ek weet dat ek dalk veronderstel is om in 'n gay blog te verwys na die unieke uitdagings van buite-hoofstroom lewens.  Ek dink die uitdagings kan die hoof gebied word deur te hoop dat ons in die toekoms meer genade kan verwag van ons medemens.  God se genade het ons immers alreeds.
 
Die Weesgerus-engel op die klavier sal my bly herinner aan die hoop vir die toekoms; en in die woorde van die kerkvader Augustinus: "ora et labora". (Bid en werk).  Ek ervaar my lewensreis as 'n gebed, en beskou 'n haastige geskarrel gebed buite my gebedsdenke.  'n Ek-soek-nou-parkering-gebed is ook buite my denkraamwerk.  Ora et labora, die een vloei in die ander in 'n simbiotiese verhouding. 

Engel Weesgerus sal gelukking wees in ons huis op die klavier en oor ons waak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Flip Raath sê... Leendert. "Hipotetiese aanname" Ai ou Daantjie. Die klippe en die fosiele en die genetika en die DNA het dit vir ons vertel. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.