Klipsop: Bobaas!

2012-10-23 10:30

Ek wonder hoe sou ons daar uitsien as die mens ons vandag aanmekaar moes sit. Watter van ons vele dele word na dieselfde waarde geskat as voorheen?

Sal ons nog steeds dink  die brein is die setel van ons bestaan en aanhou om dit  versigtig te harnas in die dik skedelbeen?  Almal besef hopelik  dat dit  die “motherboard” van  ons menslike rekenaar is. Sonder ons brein is ons ‘n nul op ‘n kontrak.

Waar sou ons die longe en hart plaas? Daarsonder kan ons ook nie juis klaarkom nie. Voel ons dit verdien steeds ‘n  ereplek  in die borskas met  ‘n traliewerk van stewige ribbes  vir ekstra beskerming? Sonder ‘n hartklop en ‘n manier om asem te haal  bly daar nie veel van ons oor nie.

Ons sou maar redelik drillerig wees sonder ons skelet, dus neem ek aan dit sal behoue bly. Ons vel hou alles mooi bymekaar, maar vir baie is dit ‘n teken van diskriminasie, eerder as ‘n mooi gevormde omhulsel. Die jurie is nog uit oor die vel se werklike belangrikheid.

Gelukkig verander nie al ons bloedvate in spatare wanneer ons ouer word nie. Dankie tog, want hoe anders sal ons liggame belangrike lewensbronne vervoer? Solank die are en slagare  net nie verstop raak nie, want die gevolge kan dodelik wees. Hulle sal dus hopelik bly waar hulle is.

Dit begin egter al hoe meer lyk asof  heelwat van ons meen die oorspronklike doel van ons voortplantingsgedeeltes is tog so passé. Dis hoofsaaklik daar vir die lekkerte en daarom hopeloos té laag op die ranglys. Ons het so oorhoeks geraak met daardie twee goetertjies dat ons nie kan verstaan waarom dit so ongeërg toegelaat word om net rond te hang of in ‘n vou weg te kruip nie.  Dit het die hoofrede van baie se hele bestaan geword. Dis  al waaraan hulle dink;  al wat saak maak. As die mens daarvoor ‘n plek moes kry, sou hulle dit baie meer prominent uitstal en beslis nie so naby die rioolplaas sit  nie.

Daardie stukkie lekkerte het al baie groot manne tot ‘n val gebring. Dit het ten minste een kroonprins sy troon gekos. Heelwat suksesvolle politici moes sien hoe ‘n paar aandjies se genot hulle drome om president te word, totaal vernietig. Dan praat ek nie eers van al die presidente wie se name deur die modder gesleep is net omdat hulle nie ‘n slot aan ‘n belangrike ritsluiter gesit het nie.

Regerings het al geval, duisende huwelike is daarmee heen. Seks sal altyd ‘n groot wapen wees in die spioenasiestryd – onthou die James Bond-flieks en Mata Hari!  Selfs ons sedebewakers en predikers kan nie die aantrekkingskrag weerstaan nie.

Die aanvraag is groot. Die mark is onversadigbaar. Pornografiese webwerwe is die mees florerende op die internet. Fanatiese jagters na hulle eie stukkie dekadensie het vinnig geleer hoe om onskuldige prooi op die wêreldwye web te lok en daardeur jong lewens te vernietig.

Soos met alles wat geld maak, het misdadigers gou ‘n verbeterde bron van inkomste gevind. Die handel in seks is deesdae  ‘n groter  goudmyn as ooit tevore. Verkragting floreer as ‘n instrument van oorlogvoering en is ‘n ontstellende faktor by misdaad.

Omies wat die jare aan hulle bas voel, het deesdae blou pilletjies om hulle jeug te laat herleef. Ongelukkig hou die vreugdes van daardie passie nie rekening met artritis, hoë bloeddruk en stywe ledemate nie. En hulle was voorheen juis so dankbaar om tenminste iets te hê wat darem nog styf is. Boonop verkies die eggenotes van hierdie  ouer Casanovas eerder bingo as krakende katelkaperjolle en hulle moes hulle jagveld verder uitbrei.

Ons kinders word op ‘n al hoe jonger ouderdom blootgestel aan die bevredigingsfaktor van seks, maar nie aan die verantwoordelikhede en gevare wat daarmee gepaard gaan nie. Dit het belangriker geword om beter behandeling te ontwikkel vir die gevolge van losbandige seks, eerder as om die mooi positiewe aard van ‘n liefdevolle sekslewe uit te lig.

Iets baie mooi en besonders, word goedkoop gemaak.

Diegene wat anders voel, moet skielik berading kry, want wie kan nou teen seks met ‘n ieder en elk wees? Daar’s iets verkeerd met jou as jy nie minstens driekwart van die dag erotiese gedagtes kry nie. Gelukkig is daar oorgenoeg kenners wat jou op jy dwalinge kan wys en jou  kan help om jou prioriteite reg te kry.

A-seksualiteit het ‘n siekte geword. Hoe kan enige iemand dink vrywillige onthouding het meriete? En as mens eerder tjoklits as seks verkies, is daar iets verkeerd met jou.

Feit is, daar ‘s selfs jongmense wat partykeer eerder liewers sal wil sjokolade eet.

Vroeër jare het meisies geveg vir hulle eer (al het hulle dikwels nie mooi geweet waar dit sit nie). Menige voorbarige vryer het vir weke gesit met kneusplekke op  maermerries, net omdat hulle nie die betekenis van “nee!” besef het nie. Wanneer het maagdelikheid (van beide geslagte) ‘n vloekwoord geword?

Gelukkig is daar nog steeds mense wat opwindende passie met net ‘n lewensmaat ervaar. Hulle weet dat dit nie nodig is om oral na hierdie spesifieke tipe avontuur te soek nie. Vir hulle sal seks nooit net nog ‘n liggaamsaksie – amper soos water afslaan – word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.