Klipsop: 'Ek is 'n Afrikaner'

2012-10-17 14:48

Ek is ‘n Afrikaner. Van Afrika. Suid-Afrika is in my bloed, my gene en my herkoms. Ongelukkig sal dit heel waarskynlik nie deel van my toekoms wees nie, maar ek sal ‘n Afrikaner bly tot my dood toe.

Afrikaners verskil in sommige opsigte  van ander Afrikane, maar dis ons velkleur wat ons mede genote op die kontinent die meeste pla.  Min Afrikaners beweer dat hulle suiwer afstammelinge van Europeërs is. Ons voorvaders was hups en warmbloedig. Toe daar aanvanklik min troumateriaal in die Kaap van Goeie Hoop was, het hulle plaaslike dames as eggenotes geneem. Jan van Riebeeck was onversetlik; geen saamblyery sonder om gekerk te wees nie. En toe dinge volgens hierdie streng Hollander begin handuit ruk, het hy besluit om liewers Hollandse weesmeisies vanuit Holland as vrouens vir die nuwe Vryburgers in te voer. Onthou, dinge  het daar ietwat anders uitgesien  in die sewentiende eeu. Selfs Europese nasies het selde onder mekaar ingetrou.

Brittanje het nie veel sê oor almal wat Engels praat  nie en al die Engelsprekendes is beslis nie onderdane van Queen Elizabeth nie. Daar is tans meer Engelssprekendes in China as in Brittanje.

Net so is alle Afrikaanssprekendes nie Afrikaners nie. Die bevolkingsgroep in Suid-Afrika met die meeste Afrikaanssprekendes word woedend as enige iemand hulle met Afrikaners verwar. Dis natuurlik hulle goeie reg; jou mense is jou eie saak en jy self besluit waar jy hoort. Nogtans het Afrikaners en hierdie groep baie meer in gemeen as wat hulle/ons toegee. Eers was die  Afrikaners opstêrs, nou’s dit hierdie mede Suid-Afrikaners wat (met goeie rede) weinig met ons te doen wil hê.  Dis jammer, want eintlik het  almal mekaar nodig in Suid-Afrika.

Afrikaners is, nes alle volke regoor die wêreld, ‘n diverse groep. Min onder ons is ver regs, ten spyte van sommiges se aannames. Ons almal is nie gek oor boeremusiek nie en volkspele  was nooit baie hoog op ons agenda as dit by vermaak kom nie. Kakieklere is gemaklik, maar ons verkies eintlik dit wat hoogmode is. Gesond eet is belangrik, en boepmagies is nie tekenend van ons voorkoms nie. Heelwat van ons is kandidate vir Mensa, maar daar is ook  diegene  wat nie die paal sal haal nie.

Afrikaners en Godsdiens? Belangrik vir party, minder so vir ander. Dis nie regtig iets wat ons van mekaar verwyder nie. Ons gee aan mekaar ruimte.

Ons geskiedenis is vir ons kosbaar. So ook ons volkshelde. Daardie helde was selde in die politiek, maar ‘n hele paar was vegters. Sommiges was dromers. Ons digters, skrywers, dokters, wetenskaplikes, natuurkundiges is deur almal geëer.

Ons het ‘n spesiale sagte plekkie vir (Suid) Afrikaanse komediante en storievertellers, want hulle  help ons om vir ons self te lag, al is daar soms droewige tye. Geliefde Suid-Afrikaanse sportmanne, akteurs, aktrises en sangers/sangeresse word entoesiasties ondersteun en vele is volksbesit, al is heelwat  nie mede Afrikaners nie.

As ons dan móét aandag gee aan politici, onthou ons liewer sagmoedige Neelsie Langenhoven of korrelrige Hendrik Schoeman se sêgoed. Ons eer eerder die Barnard-broers se mediese deurbrake as kakie-geklede politieke ridders op groot perde.  Ons is baie trots op ons wetenskaplikes wat gereeld vuur onder hulle eweknieë in die buiteland maak.

Dis belaglik om te sê alle Afrikaners is rassisties. Ons het oor die algemeen uitstekende verhoudinge met ander regoor die spektrum. Ons het ‘n gesonde respek vir ons medemens se vermoëns en droom saam oor ‘n wêreld waar almal gelyke geleenthede het en goed leef.

Die  geskiedenis toon duidelik dat ons almal nooit aan dieselfde politieke party behoort het nie. Ons verskil hemelsbreed van mekaar wat politiek betref, een rede waarom politieke vergaderings vroeër dikwels uitgeloop het op bloedneuse, stukkende stoele en die haastige ontruiming van politieke kandidate. Almal wat ons oor dieselfde politieke kam probeer skeer maak ‘n baie groot fout. Die status quo is/was allesbehalwe ‘n status quo.

Onthou, meer as 80% van ons het gestem dat apartheid afgeskaf word! Bygesê, Afrikaners is net so ontnugter soos die res van die wêreld oor dit wat apartheid vervang het. Sê van Afrikaner regerings wat jy wil, maar hulle het nooit die staatskas as hulle eie persoonlike neseier gesien nie. Ten spyte van ongelykhede is daar gesorg dat Suid-Afrika ‘n ekonomiese reus word met die beste lewensstandaarde en infrastruktuur in Afrika - vir al die land se inwoners. Nie sleg in ‘n land waar net 10% van die bevolking belasting betaal het nie.

Vele van dit wat destyds opgebou is, het in die afgelope dekades vervalle geraak. Die hoop van miljoene vir ‘n beter lewe, is steeds ‘n hersinskim. Daarom is  duisende Afrikaners gratis betrokke by welsyn, opheffing, onderwys, en hulp aan minder bevoorregte gemeenskappe. Ons gee nie om om ons hand diep in ons sak te steek wanneer dit nodig is nie.

Die meeste Afrikaners is familievas en ons heg baie waarde aan ons gesinslewe . Ons is  harde werkers, innoverend en weet hoe om ‘n plan maak. Dit maak van ons gesogte immigrante en het in die afgelope twee dekades gehelp dat ons steeds in ‘n mate floreer, ten spyte van dieselfde tipe struikelblokke as dié wat ander voorheen gekortwiek het.

Afrikaners is van Afrika. Ons is hier sedert 1652 en ons vaderlandsliefde is ewig, al trek ons hoe ver weg. Lees maar net ons mooi poësie, stories  en volksverhale. Luister na ons liedere oor ons pragtige land.

Ons sal egter eerder heel eerste  Suid-Afrikaners wil wees en net tweedens Afrikaners, maar baie van ons mede-landgenote gun ons dit nie.

Hoe lank nog voor ‘n herevaluasie van die Afrikaners oorweeg gaan word?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Flip Raath sê... Ons is Homo sapiens sapiens (die denkende aap) almal van ons. Ons mitochondriale DNA spoor terug tot by die Mitochondriale Eva, ongeveer 200duisend jaar gelede, na 'n enkel vrou in Oos Afrika. Ons is almal haar nageslag. Die moderne mens is die eerste spesie wat sy omgewing kon manipuleer (agv. sy verworwe intelligensie) om hom te dien, met skrikwekkende gevolge. Die mens het sy probleme eiehandig veroorsaak. Hy sal dit self moet regstel, anders is hy gedoem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.