Klipsop: Ex-pats

2012-11-06 10:00

Daar is ‘n kort, kriptiese e-pos van my Sus af as ek vroegoggend my rekenaar aanskakel: “Ek is nou oukei, maar dit gaan woes. Die koerante het nie ‘n benul van wat werklik aangaan nie. Skype later...”

Ons tydsone is nege  (soms tien) ure agter dié van Suid-Afrika en gebeure in Suid-Afrika is al ou nuus wanneer ek soggens wakker word. ‘n Soektog deur Suid-Afrikaanse nuus-webwerwe van daardie dag toon ‘n paar berigte wat moontlik relevant is: “Underground sit-in at mine.” Dan maar vinnig Skype oopmaak. My suster is van lyn af.

Hierdie storie  het  ‘n aanvaarbare einde. ‘n Klomp oproerige myners het die kantoorwerkers in die myn se administrasiegebou vasgekeer en gedreig om hulle dood te maak. Die polisie moes die mense met ‘n ompad na veiligheid lei.

My suster was relatief gelukkig. Sy was daardie aand weer terug by haar huis met al die nodige veiligheidsmaatreëls. Haar swart kollegas was minder gelukkig! Hulle was té bang om na hulle eie huise terug te keer. Selfs vandag in die sogenaamde “nuwe Suid-Afrika” bly intimidasie en vrees maar altyd deel van hulle lewe. Een van daardie vroue leef steeds met ‘n dodelike dreigement van vergelding. Haar seun werk vir die betrokke myn en hy het nie deelgeneem aan die sitstaking nie. Hy is alreeds deur die stakers gewaarsku dat  sy lewe in gevaar is sodra hy weer ondergrond gaan.

Almal  van ons vrees daardie oproep in die nag wat jou hele lewe skielik onherroeplik verander.  Vir ex-pats aan die anderkant van die wêreld is dit amper nog moeiliker.

Party van my vriende hier moes die byna onmoontlike verwerk: ouers, susters, broers, vriende wat tydens huis- en plaasaanvalle vermink, vermoor en verkrag is. Een gesin het uit Kanada in Suid-Afrika gekuier. Hulle ouers is ‘n paar ure voordat hulle  self op die familieplaas sou arriveer, op die plaas aangeval.  Die drie jong dogters was uiters getraumatiseer en wou dadelik op ‘n  vliegtuig klim terug huis toe. Ex-pats se vrese vir die veiligheid van hulle familie en vriende word nie uit die lug gegryp nie!

Ons is intens bewus van gebeure in Suid-Afrika. Berigte in in die buitelandse media raak al hoe meer negatief. Die Suid-Afrikaanse regering het  meeste van die toegeneëntheid verloor waarop hulle voorheen kon aanspraak maak. Heelwat daarvan het te doen met die  ANC se noue verbindinge met lande wat anti-Westers is en terroristiese organisasies befonds.

In Suid-Afrika is daar ‘n hele  paar wanpersepsies oor ex-pats.

* Ex-pats is ‘n spul verloopte Afrikaners wat terughunker na apartheid.  Nie waar nie. Deesdae kom die meeste emigrante  uit Suid-Afrika  se  swart gemeenskappe.  Hulle is ook die teikengroep van die organisasie “The Homecoming Revolution.”  Waar ek woon is heelwat  Engelse Suid-Afrikaners, maar  ook ‘n beduidende  groep bruinmense, Indiërs. Zoeloes, ens.

* Ex-pats het niks meer met Suid-Afrika uit te make nie.  Ons het weggetrek, maar ons hele familie en wye vriendekring is steeds in Suid-Afrika. Ons deel in al hulle vreugdes en in al hulle leed. Hulle gee ons ook ‘n in-diepte kennis van die lewe in Suid-Afrika. Ons is nie ‘n klomp oningeligtes wat net heeltyd fout soek nie. Positiewe berigte uit Suid-Afrika word wyd en syd gedeel. Suid-Afrika sal altyd vir ons saak maak.

* Ex-pats het ‘n groot fout gemaak en krepeer van ellende. Dis waarom hulle opmerkings in Suid-Afrikaanse koerante skryf.  Inteendeel. Die meeste van ons is dolgelukkig in ons nuwe tuistes. Dit mag in die begin broekskeur gegaan het, maar ons floreer in die vreemde na die aanvanklike  aanpassingsperiode.

Ons klein wêreldjie het skielik buitengewoon groot geword. Persepsies verbreed. Mensekennis brei uit want ons is daagliks in kontak met mense van oor ‘n wye spektrum.

Ons leer en leer en leer! Selfstandigheid is ‘n gegewe. Elkeen weet hoe werk ‘n petrolpomp, want jy moet self petrol in jou motor gooi. Jy pak jou eie kruideniersware in die supermark. Daar’s nie karwagters in parkeerareas nie. Huiswerk en tuinwerk is jou eie verantwoordelikheid.

Respek vir die omgewing word tweede natuur. Elke openbare vullishouer het twee kompartemente, want herwinning is verpligtend. Rommelstrooi is onbekend.

Ons sorteer ons huisafval versigtig in vier verskillende dromme; een vir koerante, nog een vir ander herwinbare goed, kos-afval vir munisipale kompostering, en laastens gewone afval (die kleinste hopie). 

Daar word ‘n deposito gehef op elke houer; vanaf klein vrugtesap boksies tot koeldrankbottels. Dit word terug betaal wanneer jy die houers by spesiale depots inlewer. (En vorm dikwels deel van fondsinsamelings-aksies deur skole en verenigings). Herwinningstariewe word ook gehef wanneer groter items soos yskaste, stowe, rekenaars en televisies aangeskaf word, want ook dit is deel van die herwinningskultuur. Van televisies gepraat; hier is nie iets soos televisielisensies nie.

Kuiergaste uit Suid-Afrika erken dat die lewe hier anders is, en baie beny ons.

* Ex-pats in Kanada woon in ‘n yswoestyn en vrek heeltyd van die koue.  Ek het baie kouer gekry tydens ‘n Hoëveldse winter in Suid-Afrika. Die buitelewe gaan aan, selfs in die hartjie van die winter.

Ons het sentrale verhitting in ons huise en die temperatuur binnenshuis bly konstant. Tydens ons somers – selfs in die verre noorde van Kanada – styg die kwik gereeld tot meer as 40°C.

Van sentrale verhitting gepraat. Kanada se elektrisiteit word hoofsaaklik deur water opgewek; hidro-elektrisiteit. Natuurlike gas is nog ‘n hoofbron van energie en meeste huishoudings het toegang tot beide. Die gas word met pypleidings na die huise vervoer.

* Ex-pats mis heeltyd Suid-Afrika se pragtige natuur en heerlike sonskyn.  Natuurlik! Maar ons besef baie gou dat Suid-Afrika nie ‘n monopolie op natuurskoon het nie. Die hele wêreld is ‘n pragtige en wonderlike plek. Kanada se natuurskoon is in baie opsigte sonder weerga.

Hoe meer dinge verskil, hoe meer bly dit dieselfde.  Die omgewing by  Yakima in die staat Washington van die VSA is pure Karoo, kompleet met Karoobossies.  Die lente-blommeprag van woestyne in state soos Arizona en Kalifornië is nes Namakwaland s’n.

Dis baie maklik om vakansie te hou in Mexiko en Hawaii wanneer jy na Natal verlang. Vlugte en akkommodasie is relatief goedkoop en beslis goedkoper as in Suid-Afrika.

Dienslewering is puik.

* Ex-pats  weier om die postiewe in Suid-Afrika te erken.  Glo my, niks maak ons gelukkiger as goeie nuus nie. En ons wil help! Ongelukkig word ons aanbod van hulp dikwels gesien as inmenging. Nogtans bly ons beursies oop in geval van nood.

Ons is regte “brag”-gatte as dit by Suid-Afrika kom, maar ons soek hulp. Vertel! Maak die positiewe meer nuuswaardig.  Deel ruikers uit aan diegene wat ‘n verskil maak, al is dit net deur middel van ‘n weeklikse rubriek in die koerant.

Een ding is ongelukkig ‘n voldonge feit. Min van ons beplan om ooit weer terug te keer na Suid-Afrika. Baie van ons is lankal burgers van die lande waarheen ons uitgewyk het. Die eerste geslag Suid-Afrikaanse emigrante voel ‘n band met Suid-Afrika, maar vir ons kinders en kleinkinders is dit maar net nog ‘n onbekende, vreemde land.

Ons besoek soms Suid-Afrika en die weersien van die bekende is wonderlik.

Dit voel  half vreemd wanneer die diefalarms aangeskakel word en ons raak benoud wanneer al die veiligheidshekke gesluit word. Ons het lankal verleer van diefwering en sekuriteit.

Ons gaan soek vol verwagtig ons vorige kuierplekke op, maar dis anders. Die verkeer maak ons bang. Mense in Suid-Afrika besef nie aldag hoe dinge net in die afgelope  dekade verander het nie.  Die kuier en wedersiens is spesiaal, maar ons besef ons tuiste is elders wanneer ons dankbaar die vliegtuig bestyg – terug huis toe.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!