Klipsop: Om oor te begin

2012-02-09 10:10

Mens se loopbaansukses is nog altyd gemeet aan jou eie vermoëns en opleiding. Baie van ons het  al op daardie eerste sport van die suksesleer besef dat selfverbetering en harde werk die norm is as jy bo uit wil kom.

Ongelukkig is dit nie meer die geval nie. Een van die Karoo se grootste stryders vir Afrikaans en bekende  storieverteller, Poem Mooney, het dit die heel mooiste gestel. Hy’t eendag op die destydse Suid-Kaap Stereo gesê: “Ons klim trappie vir trappie op daardie leer boontoe, en dan zip ander in die lift  by ons verby!”  Dikwels stamp hulle sommer die leer om op pad boontoe!

My man is iemand van vele neringe en heelwat  talente.  Dit het hom baie jare geneem om  sy senior pos te bereik. Toe word daar besluit  dat middeljarige – hoofsaaklik Afrikaanse – mans  nie eintlik in die arbeidsmag hoort nie.  Hulle moes weg. Talle ander het ongeduldig  gewag  om in daardie loopbaan-hysbak boontoe te skiet, en hulle het al die regte konneksies gehad.

My eie loopbaan is dikwels onderbreek deur faktore buite my beheer.  Dit was ‘n ander era.  Vir my, en vele van my vroulike tydgenote, was ons hoof-prioriteite die huishouding  en die gesin. Ons mans was dikwels die enigste broodwinners  My persoonlike  inkomste – wanneer ek wel ‘n betrekking gehad het  – is hoofsaaklik gebruik om huishoudelike skuld tot die minimum te beperk. In ons geval het dit ook gehelp dat ons kinders skuldvry was na hulle lang universiteitstudies.

Na “rassionalisasie”(sic) by my man se werkgewer, ‘n semi-staatskorporasie, moes ons noodwendig aanpassings maak. Sy  pakket sou ons vir die res van ons lewe moes  onderhou.

Ek glo vele van die lesers was in dieselfde penarie en ek sal graag wil lees van hulle eie suksesverhale.

Ons het besluit om ons huis in Pretoria te verkoop en platteland toe te trek. Ek kon maar net hoop dat die nuwe eienaars dieselfde passie vir die tuin sou hê as wat ek gehad het. Sou hulle ook in verwondering luister as die vleiloerie vroegoggend op die rand van die swembad na sy maat roep met met sy nostalgiese murmel?  Sou hulle weet dat lysters van vrugte hou en dat saadvreter-voëls apart gevoer moes word?

Die Karoo was ons voorland. Ons het besluit op Prins Albert, al was ons nog nooit vantevore daar nie.  Die posisie van kurator van die museum was vakant en ons het aansoek gedoen. Die klein wins wat ons gemaak het deur  die huis te verkoop, kon help om te betaal vir ene in Prins Albert.

Ons eerste besoek het die meeste van my vrese besweer. Prins Albert is prentjieboekmooi en lê knus aan die voet van die Klein Swartberge. Leiwater sorg vir welige tuine en pragtige vrugteboorde. Ek sou weer kon tuinmaak!  ‘n Mooi ou Viktoriaanse huis langs die skool het vir jare leeggestaan,  en die eienaar was bereid om dit te verkoop. Ons het gaan kyk.

Die houtvloere was oud en vol splinters, maar die meer as vier meter hoë plafonne het gesorg vir lawende koelte binnenshuis. Daar was blykbaar voorheen  ‘n brand in die outydse  vuurherd  en  die vensterhortjies het skeef gehang.  Die bad het  gevaarlik  gekantel op die bakstene wat een van die pote vervang het, en die gevlekte toilet was reg langs die kombuis. Dit het darem ‘n pragtige loodglasdeur gehad en was  oorkant  die voordeur aan die einde van ‘n lang gang.

Ons het vinnig agtergekom wie die huidige besetters van die huis was – die grootste kakkerlakke wat  ek in my hele lewe gesien het!  Mens kon hulle hoor loop op daardie  flenter plankvloere! Hulle, én hulle kadawers, was oral.

In die erf het die onkruid heuphoog gestaan. Ons het ‘n outydse buite-bakoond in die agterplaas ontdek, tesame met twee piepklein kamertjies.

“Moet ons dit koop, Vrou? Ek weet ons twee kan die huis leefbaar maak, maar ons gaan ons vrek werk. Sien jy kans daarvoor?”

Partykeer gooi die lewe vir jou ‘n “curve ball”, soos ons seun sê. Hierdie was ons s’n. Baie van ons mooiste planne was aan skerwe.  Ons droomhuis in Pretoria sou binnekort nie meer aan ons behoort nie.  Die gesin sou in verskillende rigtings spat . Die rieme sou voortaan fyn gesny moet word.

Ek het gekyk na die statige ou pastorie oorkant die straat met sy outydse roostuin en mooi skadubome. Bo het die straat geeïndig by een van die mooiste wit kerke wat ek nog gesien het.  ‘n Sterk stroom water het in die leivoor  voor die huis verby gekabbel.

“Natuurlik! Ons twee weet mos hoe!”

Daardie huisie sou eendag een van Prins Albert se sierade word. Min het ek toe besef dat ons verhaal nog lank nie oor was nie. Die kronkelpaadjie van ons nuwe lewe het maar sopas begin. Daar was ver horisonne op onbekende plekke, ‘n toekoms  waaraan ons nie eers in ons wildste drome sou dink nie.

Maar dis ‘n storie vir ‘n volgende keer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS AT
2012
R 186,995.00

AUDI

A4 1.8T
2005
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.