Klipsop: Reaksie op Abel se blog

2012-11-20 10:14

Mens kan nie help om verstom te staan oor die kommentaar wat Abel Pienaar se blogs gereeld ontlok nie. Maak nie saak wat hy skryf nie;  dit ontpop dadelik in ‘n ope uitnodiging aan ‘n klompie “oudstryders” wat tog só graag hulle eie beuel wil blaas en hulle eie sienings probeer uitlig en verdedig.

Weinig, indien enige van die kommentaar het betrekking op Abel se blogs. Ek het deur die hele spul geworstel en min gesien wat relevant was. Daar was maar net die gewone groep mense wat in ‘n bekgeveg betrokke raak oor alles behalwe die goeie, mooi en interessante idees wat Abel geopper het. Lees hulle ooit wat in sy blog staan?

Abel skryf: “Ek begeer ‘n wêreld waar vrede, respek en medemenslikheid belangriker is as mag, beheer en sukses.” Mens  wil “halleluja!” uitroep. Dan lees jy die kommentaar en daar is niemand wat saam jubel nie. 

In die werklike lewe slaag ‘n paar mense soms tog daarin om ‘n kosmos in die kleine te skep waar hierdie hartewens van Abel haalbaar raak. Dit gebeur gewoonlik wanneer saamgewerk word om ‘n spesiale doel te bereik. Ek het dit weer die afgelope naweek beleef toe mense ‘n besondere fondsinsameling van stapel gestuur het. ‘n Jong seun met terminale breinkanker het ‘n lysie opgestel van dinge wat hy graag sal wil doen voordat hy sterf: sy “bucket list”.  Daar is nie vir geld donasies gevra nie.

Instede daarvan is bottels regdeur die woonbuurt versamel en by ‘n herwinningsdepot omgeruil vir kontant. Almal het vir ‘n wyle vergeet van hulle eie materialisme en toegelaat dat hulle medemenslikheid die botoon  voer. Ek weet sommer Abel sou saam gaan bottels soek het. Hy klink na so ‘n tipe mens.

Dis tyd dat diegene wat regtig `n beter wêreld wil skep, saamstaan. Ideologiese verskille mag nooit in die pad staan van goeie saak wat soveel groter is nie. Soos Abel, saam met Margaret Mead, tereg sê: “A small group of thoughtful people could change the world. Indeed, it’s the only thing that ever has.” Dis jammer dat niemand wat op Abel se blog gereageer het, hierdie gelees het nie.

Ons sien daagliks hoe daar gesmag word na mag, beheer en sukses. Regeerders regoor die wêreld het verleer hoe om te lei. Persoonlike mag, party politiek, en insprake deur belangegroepe bepaal regerings se agendas en riglyne. Die kruisies wat kiesers by die stembus trek, is lankal  irrelevant. Werklike demokrasie bestaan nie meer nie.

Dit lyk asof verantwoordelike regering,  vrede, respek en medemenslikheid lankal verwerp is.  Ons soek ware leiers, al is hulle aanvanklik net ‘n klein groepie.

Ons het nou al gesien hoe klein groepies ‘n groot verskil kan maak. Vir Christene was Jesus en sy twaalf dissipels ‘n goeie voorbeeld. Hulle het miljoene mense uiteindelik oortuig dat Jesus die God van ware liefde was. Hy het immers sy eie lewe opgeoffer sodat ons kon leef. Ongelukkig is hierdie mooi boodskap dikwels gekaap deur diegene vir wie “mag, beheer en sukses” belangriker was as die mooi eenvoudige waarheid. Jesus se reëls is min, dié van sommige van sy sogenaamde volgelinge is/was nié.

Alle godsdienste het soortgelyke voorbeelde. En ongelukkig is daar ook diegene in ander godsdienste wat die oorspronklike boodskappe misken.

Klein groepies wat ‘n verskil maak is gelukkig nie net beperk tot gelowiges nie, want dan sou bittermin uitgerig word. Al hierdie groepe het egter een ding in gemeen; ‘n visie van ‘n beter wêreld. Ons smag na menslikheid, veiligheid en samehorigheid. Ons verkies vrede en wetsgehoorsaamheid. Persoonlike integriteit mag nooit verlore raak nie. Barmhartigheid is nie uitgediend nie. Die nood bly hoog.

Miskien moet ons weer gaan lees waar Abel na Leo Tolstoy verwys het: “Everyone thinks of changing the world, but no one thinks of changing himself.”  Dis nag as ons weier om ons eie tekortkominge te besef. Dis nog erger as ons so rigied bly dat ons nie bereid is om te verander nie.

Verandering is nie ‘n onding nie. Nuwe kennis skep nuwe reëls en nuwe denke. Ons voorouers moes die – vir hulle - verskriklike feit erken dat die aarde eintlik rond is en om die son wentel. Die mens moes leer dat slawerny `n vreeslike onreg is. Ons moes verby ander se velkleur kyk en die persoon daarbinne leer ken. Die lat en sweep wat vir baie eeue gesorg het vir dissipline, moes neergelê word en vervang word met die besef dat praat meestal beter resultate lewer.

Ons moet bereid wees om self te verander, en nie net eis dat ander en dinge rondom ons verander nie. Hopelik sal hierdie gewilligheid om eers na binne te kyk, uiteindelik uitgediende persepsies verander.

Daar is steeds genoeg van ons wat bereid is om `n verskil te maak. Ons kan dit doen soos wat dit altyd gedoen is; deur `n voorbeeld te wees van wat goed en reg is. As ouer moes ek hierdie waarheid vroeg besef. Dit help nie ek predik dat steel verkeerd is wanneer ek potlode en penne van die werk af huis toe bring nie. As ek sê jou woord is jou eer moet ek nie agteraf planne beraam om ‘n dag tuis deur te bring deur vir my werkgewer te laat weet ek is siek nie. Dis soms moeilik om ‘n goeie voorbeeld te wees, maar dis die moeite werd.

Ons kan nie almal ‘n Moeder Theresa wees nie, maar ons moet nooit onbewus wees van ander se swaarkry nie. Mens moet weet wanneer om ‘n brood te koop en wanneer om ‘n visstok te oorhandig. Jy moet altyd bereid wees om op te staan teen onreg.

Kersfees is op hande. Die winkelrakke kreun reeds onder die gewig van dinge wat die meeste van ons nie regtig nodig het nie. Ons kinders se lysies aan Kersvader word al hoe langer, maar wat leer hulle deur net te ontvang?

Ons gesin (kleinding inkluis) maak elke Kersfees geld bymekaar om geskenke of ‘n kospakkie te koop vir iemand in nood. “Operation Christmas Child” lewer jaarliks duisende skoendose gevul met geskenke, aan behoeftige kinders regoor die wêreld. http://www.samaritanspurse.ca/operation-christmas-child/ . Soms wonder ek wat is die lekkerste; om so ‘n skoendoos te vul, of om ene te ontvang?

Hierdie skrywe is egter hoofsaaklik ‘n beroep aan almal wat graag by blogs wil saamgesels. Hou 'seblief by die onderwerp!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
112 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain late. More clouds than sun. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Showery. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!