Klipsop: ‘n Anderste Kersfees

2012-12-18 11:42

Foto's: Cathy Kotzé

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Ons is nou al vir jare weg uit Suid-Afrika en begin half gewoond raak aan die manier waarop Kersfees hier in die vreemde gevier word.

Kersfees begin vroeg in Kanada. Die eerste tekens is reeds in Oktober  in stokperdjiewinkels te sien. Die meeste goed op daardie rakke moet nog gebou, gestik, geverf, geborduur, of op ander maniere gemaak word.  Charlene het vir een hele November elke aand aan  klein Kerskousversierings vir die Kersboom geborduur – altesaam 48 kousies.  Elkeen spog met ‘n Kersmotief in fyn kruissteek. Hierdie is een van die mooi Kanadese tradisies wat ons aangeneem het. Baie Kersgeskenke en Kersversierings is handgemaak en die meeste word kosbare erfstukke.

Soos ander  Christene regoor die wêreld, herdenk ons  Christus se geboorte op Kersdag, al besef ons dat dit nie regtig Sy verjaarsdag is nie. Ons aanvaar dat dit lankal  nie meer  net ‘n godsdienstige fees nie. Die huis van ons Sikh Indiër bure spog gewoonlik met van die mooiste Kersversierings in die straat. Gelukkig is die gees van “gee” en “omgee” steeds met ons, al is Kersfees ongelukkig ook deesdae ‘n fees van uitspattighede. Maar dis ‘n storie vir ‘n ander tyd.

Vir die meeste kinders is Kersfees hopelik  ‘n tyd van wonderwerke, met magiese figure en kammalande wat vir ‘n klein rukkie  werklikheid word.  Kinderlike  onskuld gaan so gou verby; dis goed om dit vir ‘n rukkie te koester.  Ons gesin geniet hierdie gedeelte van Kersfeesvieringe; Kersvader woon nie verniet in die noorde van Kanada nie!

‘Tis the season for giving word ernstig opgeneem. Teen November word Kanadese daaraan herinner dat dit haas tyd is om skoendose vol geskenke by die naaste Samaritan’s Purse-depot in te handig.  Hierdie projek sorg daarvoor dat geskenkies aan  behoeftige kinders regoor die wêreld afgelewer word – ook in Suid-Afrika.

Duisende mense vul skoendose met sorgvuldig uitgesoekte geskenke: speelgoed, skoolbenodigdhede, lekkergoed, sepies, tandeborsels, waslappies, ens. Ek plaas gewoonlik ook ‘n paar pakkies groentesaad onder in myne.

Feitlik almal neem deel: koerante, skole, kerke, besighede.  Selfs inwoners van ouetehuise vul skoendose vir die mees weerlose kinders van die wêreld. Besighede lewer sommer self die skoendose wat hulle werkers gevul het, by die depots af. Lugrederye vervoer gewoonlik die vraghouers geskenke gratis na hulle eindbestemmings.

In die begin van Desember raak dit al deksels koud en op baie plekke lê die sneeu reeds dik.  Gelukkig is die klimaat in ons kontrei meer gematig, maar ek is  nogtans baie bly oor sentrale verhitting! Kanadese huise is altyd knus en snoesig.

Feesliggies buite aan huise is ‘n ou tradisie, selfs op plekke waar die kwik tot minus 30°C kan daal. Dis ‘n groot operasie. Ons haal die swaar houers vol Kersversierings van die boonste rak in die tuinhut af  en sukkel daarmee aan huis toe. Die dosyne stringe liggies word ontrafel en gegroepeer: dakligte eenkant, netligte vir die struike op ‘n ander hoop.  Alle huise het buite kragproppe, spesiaal vir Kersversierings.

Dis altyd vrekkoud wanneer ons die tuin en die buitekant van die huis versier. Charlene haak die liggies teen die geut vas. Sy’s op en af met die leer, en haar hande is naderhand blou van die koue, ten spyte van die handskoene. Hierdie was eers Pierre se jop, maar ‘n knievervanging en rugprobleme het hom buite aksie gestel.

Ek gooi veelkleurige netligte oor die kleiner struike in die voortuin en vleg stringe ligte deur die groter bome se takke, Die holly (hulsboom?) se doringerige blare veg verwoed terug en steek selfs deur my handskoene. Al die stringe liggies moet natuurlik met elektriese verlengingskoorde aanmekaar geheg word – ‘n hele operasie.

Ons maak die twee spiraal Kersbome met die flitsende ligte op die grasperk staan en verlig die paadjie voorstoep toe met ‘n ry regop, verligte versierings wat soos candy canes lyk. ‘n Versierde,  nagmaakte Kersboom word by die voordeur staan gemaak. ‘n Paar denne en blomkranse word opgehang en die voorkant van die huis se ligte word vervang met groenes en rooies. Ons is yskoud as ons heelwat later dankbaar ons hande rondom die warm bekers Milo vou. 



Volgende op die lys is Ruby, ons kleindogter, se besoek aan die  mall se Kersvader vir haar amptelike Kersfoto. Die winkels is vol pragtige Kersuitrustings vir die kleingoed, spesiaal vir hierdie doel. Daardie Kersrokkie moet perfek wees. Ruby en hierdie spesifieke mall-Kersvader is al ou vriende. Hulle eerste foto saam is geneem toe sy maar net  nege maande oud was. Die nuutste foto word in ‘n raam geplaas en saam met al die voriges by die kaggel uitgestal.

Voedselbanke en sopkombuise plaas gewoonlik  groot dromme voor in al die  supermarkte vir donasies van kos en lekkernye.  Mense is vrygewig en die dromme word ‘n hele paar keer per dag leeggemaak. By die plek waar Kersfoto’s saam met Kersvader geneem word, vorm (nuwe)  speelgoed wat vir behoeftige kinders geskenk word,  ‘n yslike piramide. Elkeen koop ‘n ietsie ekstra.

Ons kies ons vars afgekapte Kersbooom by ‘n plaaslike supermark en dit word met groot gesukkel met die trap opgedra. Die boomstaander het ‘n spesiale reservoir vir water, want die boom moet deurgaans natgehou word. Die hele gesin help om die boom en die binnekant van die huis te versier. ‘n Speelgoedtreintjie se spoor word versigtig rondom die boom opgestel  en ons speelgoedtreintjie doen sy eerste oefenlopie.  Dis nog ‘n Kanadese tradisie wat ons ons eie gemaak het.

Groot potte vol poinsettia plante bring die natuur binnenshuis. Daar’s ‘n Adventkalender vir elkeen en ons seun se skets van Kersvader op ‘n donkiekar in die Karoo, word bokant die kaggel opgehang.  Pierre het vir my een jaar ‘n pragtigte hout Bethlehemstal gemaak en dit kry ‘n ereplekkie op die ou sederkis. Die klein Kersbeeldjies pas perfek daarin.

Die hele huis word gevul met ‘n salige dennegeur.

Ruby skryf ‘n lang brief aan Kersvader. Dit moet netjies en net reg wees. Selfs die koevert word versier met prentjies. Die brief word versigtig op die hoek van die buffet geplaas. Dis waar Kersvader se elwe dit oornag sal kom afhaal.

Die volgende oggend  is die brief weg, maar die elf het blykbaar ‘n klomp feetjiestof verloor, want sy klein voetspoortjies is oral in die fyn goue glinsterstof sigbaar.

Kersvader se brief aan Ruby word die volgende nag afgelewer, en weereens is daar tekens dat die elfies wel daar was.  Hierdie keer is die glinsterstof groen.

Toe ons eie kinders klein was, het my man gewoonlik Kersvader se brief geskryf, met baie spesifieke opdragte, onder andere hierdie een aan ons seun: “Onthou om elke dag die hond se dinges op die grasperk op te tel.”  Pierre het  baie moeite gemaak. Selfs die seël op die koevert is versigtig geteken. Deesdae kan Charlene dit sommer op die rekenaar doen, en dis ‘n kunswerk op sy eie. Ek weet  Ruby sal haar briewe vanaf Kersvader – net soos haar ma en oom voor haar – vir altyd bewaar.

Vir my is die voorbereidings vir Kersfees amper net so lekker soos Kersdag self. Daar word vir dae lank koekies gebak. Charlene en Ruby bou ‘n gemmerkoek huisie wat net so mooi is soos die nare heks se lekkergoed-huis in die Hansie-en-Grietjie storie.

Ons, vriende  en die bure deel geskenke uit en die vrag geskenke onder die Kersboom word elke dag groter.

Uiteindelik is dit die 24ste Desember.

NORAD (North American Aerospace Defence Command) rapporteer regdeur die dag hoe Kersvader se reis deur die lugruim vorder. Kinders kan ter enige tyd op hulle webwerf kliek of op TV gaan kyk waar hy was, en waarheen hy volgende oppad is: Nieu Zeeland, Australië, Asië, Afrika, Europa… en dan uiteindelik! Noord-Amerika. Hier word sy sleë gedeeltelik deur vegvliegtuie vergesel en daar is selfs onderhoude met die vegvlieëniers. Almal speel saam!

Oukersaand is rustig in die Kotzé-huishouding. Al die voorbereidings vir die groot dag is afgehandel. Ons spandeer die aand gewoonlik gesellig voor die televisie. “The Nativity Story” met Keisha Castle-Hughes as die jong Maria, is ‘n gunstelingfliek. Die Kersverhaal is gewoonlik Ruby se slaaptyd storie, maar ons almal geniet om saam te luister terwyl Charlene dit voorlees.

In Kanada is die meeste kerkdienste op Oukersaand. Dis ook gewoonlik wanneer Kanadese hulle hoof Kersmaal geniet. Ons verkies steeds ‘n Kersdagete.

Net voordat sy gaan slaap, hang Ruby die towersleutel vir Kersvader aan die buitenste voordeurknop. Hy is die enigste een wat die deur daarmee kan oopsluit.  Sy koekies en melk word op die koffietafel geplaas, saam met ‘n bakkie hawermout vir sy bokke.

Ek word in die middel van die nag wakker. Buite skyn ‘n helder goue glans wat die hele omgewing verlig. Dis doodstil. Ek staan op en loer deur die venster. Sneeu sif saggies neer en alles is reeds deur ‘n digte wit laag bedek.

Dit gaan ‘n wit Kersfees wees…






Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Rip van Winkel sê... Danie Booi, Babilon was ‘n antieke Akkadiese stadstaat, sy Sumeriese logogram was KÁ.DINGIR.RA Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.