Klipsop: 'n Onwrikbare vertroue

2013-02-26 09:15

Ons het die afgelope naweek vriende se goue huweliksherdenking gevier. Nes ons het hulle laat in hulle lewe na Kanada toe geëmigreer. Die aand was ‘n gesellige samesyn van mense wat in die vreemde ‘n nuwe begin moes maak. Feitlik al ons vriende hier in Kanada is deur hulle kinders geborg. Ek kan sonder teëspraak sê dat die verhuising en algehele ontwrigting  nie sonder hartseer en ‘n gevoel van ongekende verlies geskied het nie.

Daar word gemeen dat dat emigrasie naas die dood van ‘n geliefde en egskeiding, die ergste ding is wat mens kan beleef. Die eerste paar jaar nadat ons weg is uit Suid-Afrika was bitter moeilik. Op ons eie sou ons dit nooit kon oorleef nie. Dis miskien net toevallig, maar op die ou end was dit ons geloof in God wat ons almal deur die moeilike tye gedra het. 

God het nêrens belowe dat ons hemel op aarde sou hê nie. Ek weet egter dat my innerlike krag altyd sterker geword het wanneer ek op moedverloor se vlakte gesit het. Dis in sulke tye wat jy op jou voete moet dink. Hoeveel talente bly onontgin? Hoeveel mense ontdek nooit hoe sterk hulle karakters werklik is nie? En dit net omdat hulle nooit nodig gehad het om uitdagings aan te durf en self probleme op te los nie.

Die mens is nou maar eenmaal soos ‘n ongebreide stuk klei op die pottebakker se wiel. Ons moet gepommel en geknyp word om enigsins bruikbaar te raak. Daarna spin ons teen duiselwekkende spoed om behoorlik vorm aan te neem. Party word pragtige kunswerke, maar die meeste word doodgewone nutsartikels, elkeen met ‘n spesifieke doel. Dis goed so. Diensbaarheid is  altyd nodig.

Ek en my man vier oor ‘n maand ons eie goue bruilof. Glo my, dis nou wat ek ‘n regte wonderwerk noem. Nog nooit het twee mense met sulke uiteenlopende geaardhede die lewe saam aangepak nie.

Ons albei se kinderdae was uiters traumaties. Gelukkig kon ons sorg dat ons kinders se eie jeugherinneringe altyd mooi en kosbaar sal wees. Nie dat dit maklik was nie.

Ons het alles beleef. In die dae toe die wolf maar net nie by die deur wou wyk nie, het ek ontdek op hoeveel maniere  mens ‘n handjievol maalvleis in ‘n volledige maaltyd kon omtower. Ons ondernemingsgees het geen perke geken nie. Ek het handsakke gemaak om te verkoop, en lang ure voor die stoof deurgebring om beskuit en fyn gebak vir ander te maak. My man het gereeld toe ons jonk getroud was, dubbel skofte gewerk om oortydgeld te verdien.  Gelukkig was daar altyd ‘n aanvraag vir die pragtige kunswerke wat hy op sy houtwerk-masjinerie gemaak het. Ek was selde ‘n tuisbly-ma.

Die gesondheidsbom het getref net toe dinge uiteindelik begin rustig raak. ‘n Doodgewone mediese ondersoek het in ‘n nagmerrie ontaard. Ek kan nog baie goed die magteloosheid onthou toe ons almal daardie aand in die hospitaal rondom my man se bed staan. ‘n Nood-hartoperasie sou die volgende oggend gedoen word. Hy het gevra dat ek iets vir ons lees,  en die Bybel het oopgeval by Psalm 37: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou  op Hom; Hy sal sorg.”

Hy het gesorg.  Altyd, maar veral tydens daardie vyfledige hartomleiding.

Ons dogter glo dat die Here al haar gebede beantwoord, maar nie soos sy aanvanklik gevra het nie. Soms  is die antwoord ‘n besliste: “Nee!” Hy weet wat sy regtig nodig het en sy is in retrospek baie dankbaar vir vele kere toe Hy nee gesê het.

Haar loopbaan het glad nie die roete gevolg wat sy beplan het nie. Sy was nooit in privaatpraktyk nie en het by Tembisa hospitaal gewerk totdat sy by die weermag aangesluit het.  Sy het vinnig opgang gemaak en emigrasie was glad nie op haar radar nie.  Maar dinge het in Suid-Afrika en in die weermag verander. Sy moes teësinnig verder kyk. In Kanada was sy aanvanklik die enigste dokter in ‘n klein dorpie in die verre noorde van die land. Sy was 24 uur per dag aan diens en tussenin moes sy studeer sodat sy die Kanadese finale jaar eksamen vir mediese studente kon doen.  Suid-Afrikaanse mediese kwalifikasies word in Kanada aanvaar, maar die Kanadese kwalifikasie is nodig vir dokters wat permanent hier wil werk. Deesdae is ons dogter in haar vrye tyd self een van die eksaminators.

Toe ons seun op agt en dertig ‘n hartaanval kry, het hy lakoniek gesê: Die Here het vir my ‘n “curve ball” gegooi, maar dis oukei, ek kon dit vang! Hy’s baie goed met die Heiland se “curve balls.” Ook sy lewe verloop anders as wat hy beplan het.

Ek het met verdrag geleer dat God nie vir my nodig het om namens Hom te praat en Hom te verdedig nie. Om dit in goeie Engels te stel: “He can fight His own battles.” 

Hierdie blog vertel van my persoonlike interaksie met Hom. Ek het regdeur my lewe gesien hoe mense se lewens positief verander nadat hulle God persoonlik leer ken het. Vir ons sal Hy nooit net ‘n verbeeldingsvlug wees nie.

Gebed deur ‘n onbekende:

“I asked God to take away my pain. God said, No. It is not for me to take it away, but for you to give it up.
I asked God to grant me patience. God said, No. Patience is ‘n by-product of tribulations, it isn’t granted, it’s earned.
I asked God to give me happiness. God said, No. I give blessings. Happiness is up to you.
I asked God for all things so that I may enjoy life. God said, No. I will give you life so that you may enjoy all  things.
I asked God to help me love others, as much as he loves me. God said…..Ahhh, finally you have the idea!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Matt, bly...nee, verheug...om uiteindelik langs 'n/die denkende Heyns/Matt te kan sit vanoggend, wat ni ander se plakseldenke ons hier mee kom bombardeer ni; en vind ek di saam sit 'n aangenaamheid, met veel meer diepte in 'n paar bedenkte woorde as al jou vorige andere-se-denke/raaiinge plaksels.~ Maar nou proklameer jy di uitgangsaaname/-bediegtelikheid/-skyngrond/-polarisasie-verleidelik instigasie-IDEE van "wrong" as jou uitgangspunt vanoggend; en dit befonkfaai wat ook al uit jou grondstelling vloei: "wrong" is 'n bedrieglike, verleidelike polarisasie-IDEE vd misleiers uit ons verlede, ten einde ons MENSE te VERDEEL in/tot ewige stryd teen mekaar.~ Tog: daar is absoluut geen "God", of God-IDEE, in ons na-lewe ni, en is dit di 1ste probleem waarmee oorle Johan Heyns Ander Kant ("in [di Hemel]") mee moes worstel, en kadawer sy befaamde vraag/uitroep, van daar annerkant af, steeds in my kop...ek het nog 'n opname van sy oordragingswoorde uit di sg "Hemel"...na-lewe: "Waar is God!? Daar móét 'n God wees!!!"~ En daar was/is niks van di soort ni, geen beduiweling van Mens meer in ons Ander Kant/"Hemel"/na-lewe meer ni..."Satan" se kop is finaal afgekap!!!!!~ Ook my oorgegane broer, wat 'n eerlike & toegewyde christen & Jesus-toegewyde was, het luid teenoor my van daar af gegil: "Jesus"!, waar is hý?: daar is ni so iets of so iemand hier ni, ons almal wag vir hom, maar daar is niks, f.koll! En ook God is 'n groot leuen, daar is geen so iets hier ni, hulle het my belieg!!!" Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Light rain late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.