Knieknik: Die naakte waarheid

2012-08-22 11:28

Dit is die koninklike storie van die jaar.

Dit is nou prins Harry wat kaalbas in sy hotelkamer in Las Vegas op film vasgelê is.

Hoewel sommige waarnemers meen dit kan moontlik iemand wees wat baie na die prins lyk, en ander weer meen dit kan dalk CCTV-materiaal wees (wat onwettig is), is die slotsom op die sosiale netwerke tot dusver: dom skuif Harry, dom, dom skuif.

Of Harry se manewales die glans en glorie van die koningin se Diamant-Jubileumjaar gaan verdof, is twyfelagtig.

Harry was nog altyd die "stout seun" in die famile, maar in vele gevalle was prins William ook by hoewel sy teenwoordigheid verdoesel is en Harry telkens die voorbladnuus geword het.

Harry het die afgelope paar jaar hard gewerk aan sy openbare beeld, of altans, sy spindokters het! Met die afsluiting van die Olimpiese Spele was dit prins Henry Wallis (dit is sy doopnaam) wat die koningin daar verteenwoordig het. En dié besluit sou nie ligtelik geneem word nie, dit sou geen moeite gewees het om prins William se vlugrooster op Anglesey te laat verander sodat William die afsluiting kon behartig nie.

Nou het die rooikop-prins gaan vakansie hou in Amerika,en in Vegas (te) lekker partytjie gehou. Hy is in sy swembroek afgeneem met talle mooilyf-bikini-geklede meisies om hom, en het selfs vroegoggend in die swembad gespring (met al sy klere aan) om die Olimpiese swemkampioen Ryan Lochte uit te daag tot n swemresies (Lochte het gewen!)

Harry is op twee foto’s kaalbas op die vermaaklikheidnetwerk TMZ se webwerf. In die een foto hou hy bedeesd sy hande voor sy koninklike juwele, en ‘n naakte meisie is agter hom sigbaar. Op die ander foto is hy van agter afgeneem, met sy hande spelend om die meisie gevou.

Clarence House (waar Harry, William en Catherine se kantoor is) het vanoggend aan die Daily Mail bevestig dat dit wel Harry op die foto’s is. Die koerant berig voorts dat Harry se veiligheidswagte sê hy is nogal ‘n handvol om te bestuur.

Wat dit dié keer sal verg om Harry se reputasie te rehabiliteer? Dalk ‘n tweede ontplooiing na Afghanistan? Of gaan hy soos Pippa Middleton, Catherine se jonger suster, vir ‘n hele ruk uit die openbare oog verwyder word (ná daardie voorval in Parys met die plastiek-rewolwer...)

Die tyd sal leer, en vir eers dink ek Harry moet maar sy pad vind Balmoral toe...

•    Vir die jongste nuus oor koninklikes wêreldwyd volg Arlene Prinsloo Publiek op Facebook.







Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Jan, jou sekerheid dat die 40-jaar in die woestyn nie bestaansreg het nie, klink vir my het gepoef. Die getal 40 kom algemeen in die Bybel voor, en dui nie noowendig 'n vaste, 40 aan nie. Wat van simbolies? Of metafories? In ieder geval sien ek nie wat maak dit saak presies op watter dag die eerste woestyntrekker die woestyn (ook metafories/allegories) in is (weer eens metafories!), en op watter dag die laaste trekker daar uit is: miskien weet jy, as bybelspesialis, so kom sê ons, gee presiese datums. Tot dan verkies ek om dit metfaories te sien en te interpreteer om VIR MY tot betekenis te wees. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.