Knieknik: Lank leef Diana, of nie?

2012-07-12 12:34

Dit is nou al 'n hele week lank wat ek elke dag op dieselfde skakel kliek, oopmaak, kyk en toemaak. Net om die volgende dag presies dieselfde te doen.

En nou, ná 'n week se kyk en weer kyk, kom ek nou maar tot die slotsom, nee, Naomi Watts lyk nie soos Diana, prinses van Wallis nie. Punt een, sy is heeltemal te kort. Punt twee, haar neus is nie reg nie. Punt drie, sy het nie Diana se grasie nie. Punt vier, punt vyf, punt ses, punt sewe, punt agt, punt nege, punt tien. Niemand kan soos  Diana lyk nie!
 
Maar, maak dit regtig saak dat die aktrise wat die rol van seker maklik die mees enigmatiese koninklike nóg moet vertolk, tog n bietjie op Diana trek?  Sou onse Charlize dan nie eerder 'n beter keuse gewees het nie?

Watts het van die begin af laat blyk sy is nogal vreesbevange om die rol te vertolk (ek dink selfs Meryl Streep sou kleinkoppie vir dié ene getrek het). Want  dit maak nie saak aan watter kant van die draad jy sit nie, In Flight, wat toe sommer terwyl produksie nog aan die gang is van naam verander na die treffende eenwoord-titel Diana, laat die feniks herrys. (Ek vermoed die geldlaai sal ook harder klingel met die nuwe naam...)

So goed soos die koninklike spindokters Diana vernuftig uit die koninklike prentjie probeer verf, net so moeilik is dit om van haar te vergeet. Dat sy die ma van die no.2-aanspraakmaker op die Britse troon is, is amper 'n toevalligheid. Maar die ring aan Catherine se linkerhand laat 'n mens ook nooit vergeet aan wie se vinger daardie
ring eerste gepryk het nie! Slim skuif van prins William gewees, daardie ring!
 
Maar terug by die fliek(s).

Wêreldwyd is stilfoto's van Naomi as Diana gepubliseer. Die onvermydelike "Sy lyk op 'n haar soos Diana'' was daar ook. Op sommige  webtuistes het leserskommentaar nogal wel, aanvallend geraak oor die feit dat Watts nie noemenswaardig op Diana trek nie. Ander voel Diana moet in vrede gelos word. Nog 'n groep meen dat dit nie nodig is vir n aktrise om te lyk soos die persoon wie se rol sy  vertolk nie. Kom ons wees nou maar eerlik, lyk Helen Mirren enigsins soos koningin Elizabeth? Of was haar toneelspeel net te verdomp oortuigend dat jy later as kyker geglo het dit is inderdaad koningin Elizabeth?
 
Die toets sal seker by die lokket wees. Diegene wat die draaiboek onder oë gehad het, sê dit is werklik goed geskryf. En met slim beligting, keurige grimering,  die regte klere en natuurlik 'n pruik om Diana se kenmerkende kapsel vas te vang, gaan Watts seer sekerlik daarin slaag om Diana tydelik te laat herleef. En of sy 'n Oscar sal wen sal net die tyd leer.
 
Unlawfull Killing, die fliek wat verlede jaar so en bohaai op Cannes veroorsaak het, gaan ook nie meer wereldwyd versprei word nie (so bestel maar oor die internet as jy dié ene wil sien!). Die voldoende versekering vir verspreiding kon nie verkry word nie. Dit is in die fliek waar Diana se gesig na die ongeluk gewys word -  vasgevang deur een van die papparazi op die toneel. Dis ook in die fliek waar die een samesweringsteorie na die ander gelug word oor wie nou eintlik vir Diana se dood verantwoordelik is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Leendert Van Oostrum sê... Ek was een van die organiseerders van 'n internasionale konferensie (26 lande regoor die wêreld, met gelyktydige tolking in drie tale) wat ons verlede jaar in Berlyn aangebied het. Die interessantste "beperking" van die konferensie was dat nog die konferensie self, nog enige van die organiseerders, moes laat blyk as hulle enige "geloof" aanhang - tensy dit ateïsme of intergeloof was. Dit was nie 'n beperking van die Duitse regering nie, maar dit blyk die "Duitse publiek" en die Duitse media raak vreeslik onrustig en agterdogtig as iemand 'n bepaalde "geloof" bely. (Die organiseerders self het 'n kasarm gelowe en ongelowe, van erg fundamentalistiese Oosblok-Katolieke en Charismatiese Filipyne tot Linkse, Marxistiese Swede verteenwoordig, en wonderlik saamgewerk.) Die situasie in Berlyn het my laat dink aan Spanje onder Ferdinand en Isabella, waar niemand kon erken hy is 'n Jood nie, Nederland in die Tagtigjarige Oorlog waar baie mense nie kon waag om te erken hulle is Protestant nie, Engeland onder Cromwell en ander, waar niemand kon erken hulle is Katoliek nie, ens. ens. ens. Alles weens politieke, en nie godsdienstige oorwegings nie. Hier verklaar Dr Pienaar dat enigeen wat beweer daar is 'n "reg" en "verkeerd" die wêreldvrede bedreig. Gewetensvervolging het vele vorme. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Great Plains Dynamics Consultant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Network Engineer L3

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

.Net / ColdFusion Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.