Knieknik: ‘n Kate-lose Speledag

2012-08-10 09:56

Prins William is vandeesweek terug by die werk in Anglesey, so Catherine het vandeesweek solo gevlieg of saam met prins Harry in die Olimpiese Park rondgeloop. Foto: Pool/Getty

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dag 11 van die Olimpiese Spele – dit is nou die afgelope Dinsdag – was ‘n Kate-lose Speledag.
 
Want ek, soos vele ander koninklike koekeloerders, is van die begin van die Spele af omtrent bederf met Kate wat óf in haar hemelhoë platformskoene óf sommer in haar knalrooi-tekkies in die Olimpiese Park rondstap. En daar breek Dinsdag toe aan sonder enige verskyning van die koningin van Olimpiese Styl.
 
Gmf,  dink ek toe nog vieserig by myself toe ek deur die vorige dag se foto’s blaai, die arme vrou verdien seker ‘n Olimpiese blaaskans ná al haar verskynings – solo, saam met prins William of saam met prins Harry, of soms sommer saam met albei!

Die arme Harry, na wie daar die laaste ruk in die Britse pers spottenderwys verwys is as die derde wiel aan die wa, geniet die Spele óf saam met vriende, óf saam met sy familie, en dit is vir my heerlik om te sien hoe uitgelate en opgewonde hy langs die veld kan raak. En hy word gereeld op lens verewig waar hy foto's met sy iPhone neem.
 
Dit is duidelik uit die driemanskap se gekorswel met mekaar hoe na hulle aan mekaar is. Dit is daarom dus ook geen verrassing dat die twee prinse hul liefdadigheidstigting, hernoem het om ook Catherine se naam in te sluit nie. Dit heet nou heel gepas die koninklike stigting van die hertog en hertogin van Cambridge en prins Harry.
 
Die driemanskap se koninklike sterstatus is natuurlik goeie nuus vir die liefdadigheidsorganisasies waaraan hulle hul name en ondersteuning beloof  het. Die tentoonstelling van Catherine se trourok in Buckingham-paleis het die geldkoffers omtrent laat bult. Só kon die Royal Collection, wat vir onder meer die trourok-uitstalling verantwoordelik was, ‘n tjek vir 300 000 pond aan Catherine skenk! (Dié geld is natuurlik weer net so in die driemanskap se koninklike stigting gestort).
 
Ouboet William spot dikwels vir Harry oor sy haarkleur, maar vandeesweek was dit William wat onder die tienersensasie Justin Bieber se tong deurgeloop het.
 
Bieber het sy “verbasing’’ uitgespreek omdat William nie haarprodukte gebruik om sy eens pragtige haredos te herwin nie. En asof dié belediging nie die verwaandheid vanself is nie, het die Daily Mail die rekenaarkwas bygetrek en Bieber se natgelekte-koei-haarstyl op ‘n foto van William, Harry en selfs prins Charles geplaas! Gaan kliek gerus as jy lekker wil saamlag! (Kliek hier.)

Tot Catherine is al gevra of sy nie prinses Michael van Kent se kat gesien het nie. Prinses Michael, wat getroud is met prins Michael van Kent (die koningin se neef), woon ook in die Kensington-paleiskompleks en haar Siamese kat is soek, berig The Telegraph. Ek is seker as Lupo die kat sien, sal sy geblaf weldra die kat en haar eienaar bymekaar uitbring!





Suurknolle mor oor die jong koninklikes se vele verskynings tydens die Spele. Vrae word gevra soos of hulle vir hul kaartjies betaal het (seker nie?), en of hulle ook van die gehate snellane gebruik maak vir BBP’s.
 
En Dinsdag, die einste dag wat Catherine nie by die Spele was nie, daag prinses Eugenie en haar suster, Beatrice, toe met hul ma, Fergie, by die Spele op. Nou Fergie se liefde-haat-verhouding met die Britse publiek is wel bekend, en sjoe, die Britse koerante het omtrent vuur gespoeg oor die arme Fergie saam met haar dogters in die BBP-area gesit het én heel moontlik van die snellaan gebruik gemaak het. Vir my was dit heerlik om ma en dogters saam te sien, tog jammer dat prins Andrew nie die gesinsprentjie voltooi het nie.
 
Van hom  is daar tot dusver weinig by die Spele gesien. Daar word wyd bespiegel oor die breuk tussen Andrew en prins Charles, weens laasgenoemde se planne om die koninklike familie af te skaal na nét die belangrikste rolspelers, naamlik die koningin, prins Philip, Charles en Camilla en sy seuns, William en Harry, en natuurlik Catherine.

 Prins Harry en sy neef Peter Phillips (prinses Anne se seun) kon nie hul vreugde inhou toe Brittanje ‘n goue medalje in fietsry verower het nie. Foto: Reuters

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-13°C Sunny. Cool.
Dbn: 11-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Sales Consultants

Johannesburg CBD
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Konsultante

Pretoria City Centre
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Internal Beauty + Insurance Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!