Kop & Hart: Die stil kern

2012-09-13 14:03

Wanneer gaan die mensdom leer dat geen hoeveelheid uiterlike wette, reëls of regulasies vrede in hulle gemeenskappe of die wêreld sal kan bewerk nie. Dit is net so sinneloos as om jou klerekas reg te pak om daardeur te poog om jou deurmekaar emosies uit te sorteer. Dit mag miskien tydelik jou aandag aftrek maar uiteindelik sal jou deurmekaar emosies terugkeer.

Nee, die geheim tot uiterlike vrede en harmonie is altyd eers innerlike vrede en harmonie. Binne bepaal buite. Daarom dat die Franse filosoof Blaise Pascal (1623-1662) op ‘n keer gesê het dat die meeste van die mens se probleme is omdat hy nie in staat is om stil in sy kamer te sit nie.

Pascal druk hier op die senuwee van die mensdom se huidige toestand van onvrede. Want hy het toe reeds raakgesien dat die meeste mense sukkel om hulle innerlike te besoek. En dit het ‘n uiterlike wêreld van chaos, onvrede en ‘n sinlose gejaag na wind meegebring.

Kyk maar rondom jou, lees die koerante en kyk na die daaglikse nuus en jy sal sien hoe ongelukkig, angstig en gespanne die moderne mens is. Wêreldwyd probeer regerings om politieke besluite te neem wat hopelik ekonomiese stabiliteit sal bring en sodoende vrede en harmonie binne hulle onderskeie lande bewerk. Nie dat dit nie belangrik is nie, maar dit is egter nie wat vrede en harmonie gaan verseker nie. Dit is iets wat eers binne elkeen moet gebeur. Ek sê weer, binne bepaal buite.

Pascal se raad van stil-word is dus meer relevant as wat meeste mense besef. Sy voorstel van tyd maak om fisieke aktiwiteite te staak en bewustelik innerlik stilte op te soek is meer nodig vandag as enige ander tyd in die geskiedenis van die mens.

Ek vermoed dit is wat die Oosterse leermeester Lao Tzu ook probeer sê het met: “To the mind that is still, the whole universe surrenders.” Want ‘n stil kern bring nie net innerlike helderheid nie, dit bring ook uiterlike fokus. Daarom sal uiterlike vrede en harmonie in omstandighede, verhoudings, gemeenskappe en wêreldgebeure, slegs sigbaar word wanneer daar innerlike vrede en harmonie binne is. Francois de La Rochefoucauld beskryf dit so: “If we have not peace within ourselves, it is in vain to seek it from outward sources.”

Dit is natuurlik eenvoudig om die werking van stil-word te verstaan. Stilte help jou om nie net kalmte te beleef nie, maar ook om weer kontak te maak met jou innerlike kern. Want in stilte kry jou innerlike kans om dit wat aandag nodig het uit te lig en te hanteer. En dit laat jou innerlike spanningsvlakke afneem, en daardeur verstil jou innerlike geraas. Dit bring ‘n afname in die onrustige gedagtestroom binne jou gemoed.

Die Christen-leermeester Thomas Keating beskryf hierdie proses as volg: “Our consciousness is like a great river on the surface of which our superficial thoughts and experiences are moving by like boats, debris, water skiers and other things.” Met hierdie vergelyking wys hy dat ons bewussyn soos ‘n rivier is. En soos ’n rivier voortdurend vloei, vloei ook jou bewussyn heeltyd saam met die voortbeweging van tyd. Gedagtes en emosies is dan soos die skepe en ander voorwerpe wat verby vloei.

En omdat ons so gewoond geraak het om op hierdie verbygaande skepe te klim, het ons kontak verloor met die rivier self. Keating verduidelik dan verder dat om stil te word, is om nie te fokus op die skepe nie, maar eerder op die rivier self.

Wanneer ‘n mens nou jou gedagtes en emosies in die stiltetye laat verbyvloei, begin jy vir die eerste keer weer kontak maak met jou stil kern, jou rivier. Deur hierdie stilte kom daar nou ‘n groter eenheid tussen die verskillende lae van die innerlike. En soos die see wat vreemde voorwerpe mettertyd uitspoel, spoel jou innerlike dan ook skoon en bring dit genesing.

Dink net hoe ons wêreld sou gelyk het as meer mense die wysheid van die Amerikaanse inboorling (Sioux) en medisyneman, Black Elk ter harte geneem het: “There can never be peace between nations until there is first known that true peace which is within the souls of men.”

Vrede en harmonie in ons tyd, sal dus net ‘n moontlikheid wees as ons meer binne toe gaan en vrede maak met wat ons daar vind, eerder as om ons uiterlike vyande te beveg. Soos William Hazlitt dit dan ook raak sê: “Those who are at war with others are not at peace with themselves.”

Ek sluit af met ‘n gebedsvoorstel vir ‘n stil-word. ‘n Gebed wat die intensie binne homself dra om jou aandag na binne te rig. Sodat jy jou dag vanuit jou stil kern kan leef, en nie oorgelaat is aan eksterne kragte en gebeure nie:

In die stilte van hierdie oomblik haal ek diep en stadig asem.
Ek glimlag.
Ek is hier, ek het vrede en ek is gelukkig.
Niks wat vandag gebeur kan my vrede steel nie.
Die Stil Kern waaruit ek leef, is my ware tuiste.
Ek haal diep en stadig asem.
Ek glimlag.


Met hierdie gebed in jou hart, gaan nou jou dag tegemoet en leef as vredemaker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
84 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Adre Claassens sê... Rip vir die eerste keer in my lewe stem ek met jou saam! Reinkernasie opsigself is bedrieglik en dubbelsinnig! Dit weet ons vandag te danke aan moeder Theresa wat in Indie gewerk het... Die rykes spoeg op die armes en se dis hulle verdiende loon, dis hulle karma dat hulle is waar hulle is! So wat is die goed wat die rykes doen sodat hulle na die volgende hoer vorm gaan? Na sulke sessies behoort hulle mos terug te kom as insekte of muise, want wat help dit jy doen goed aan hulle wat dit nie nodig het nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Objective C Mobile Developer

West Rand
Communicate Cape Town Finance
R550000 - R600000

PR Eng Design Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R650000 - R750000

Structural Design Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.