Kop & Hart: Dít wat binne ons leef

2012-12-20 11:59

Baie mense beleef in hierdie dae ‘n bietjie meer tyd vir net rondsit en rustig wees. Ongelukkig beteken dit ook dat opgehoopte en onverwerkte emosies dan na die oppervlak borrel. En omdat min mense weet hoe om sinvol met hulle innerlike wêreld om te gaan, beleef hulle dan ironies genoeg hierdie feestye as depressief en negatief. Mense beleef dit so negatief dat selfmoord- en moordvoorvalle in hierdie tye die hoogte inskiet.

Hierdie onvermoë van baie mense om met hulle onverwerkte emosies, gedagtes en innerlike spanning te kan werk, bring mee dat hulle probeer wegvlug daarvan. En hoe vlug ‘n mens weg van jou self? Hoe maak jy die innerlike stemmetjie stil? Wel, jy skep uiterlike geraas wat jy dan hoop die innerlike stem sal uitdoof. Hierdie sogenaamde eksterne geraas is onder meer soos om in jou werk op te gaan, in so ‘n wyse dat jy glad nie meer oor jou innerlike worsteling hoef te dink nie. Daarom dat mense selfs op vakansie nie sonder hulle rekenaars, selfone en ander tegnologie kan wees nie.

Hierdie tendens is natuurlik ook duidelik sigbaar in ons tyd se verslawings en obsessies. Fiksheid-fanatici, godsdiens-fanatici, alkoholiste, seksverslaafdes, dobbelverslaafdes, mense met eetversteurings, perfeksioniste, manipuleerders, ensovoorts, het almal één ding in gemeen: alles eksterne maniere om dit wat binne ons seer is stil te probeer maak. Hierdie uiterlike geraas word deur baie mense soos ‘n jas aangetrek. Hulle durf dus nooit hierdie jas uittrek nie. Daarom dat tye soos hierdie so traumaties beleef word. Want wie kan nou met ‘n warm jas op die strand sit? Of wie kan so ‘n jas regverdig wanneer almal om jou ontspanne, informele en vakansie klere dra?

Om die jas uit te trek vra egter baie baie moed. Want dit bring jou in direkte konfrontasie met jouself. Want dinge wat jy wou vergeet kom nou weer hallo sê. Maar om jou weerloosheid te erken en deur jou lyding te werk, bring nie net pyn nie, gelukkig bring dit ook insig en genesing. In der waarheid is dit die enigste pad na genesing.

Depressie is wel ’n pynlike deel van die pad, maar as jy die boodskap van depressie reg verstaan, sal jy weet dat dit vir jou ’n geleentheid bied om te groei. Want deur depressie word die "valse-jy" gekonfronteer met die waarheid. Die waarheid van jou eie weerloosheid, swakheid en onvermoë. Is dit net negatief om hierdie emosies te beleef? Nee, hierdie is juis jou geleentheid tot insig in jou diepste wese.

Want in hierdie donker tye ontvang jy een van die grootste geskenke denkbaar. Jy ontvang ’n sleutel, ’n sleutel na die emosionele binnekamers in jou lewe. Hierdie kamers wat jy lank terug toegesluit het, met die beslissing om nooit weer die binnekant te sien nie – maar wat egter gebeur het is dat jy jouself ’n halwe mens gemaak het, want die lesse wat jy vanuit hierdie "verbode" self-geskiedenis moes geleer het, is nou ’n negatiewe krag in jou lewe, want glo my dit vat baie energie om hierdie kamers weer te besoek. Om egter hierdie deure oop te sluit en in te gaan kan jou heel maak.

En dit is presies wat nodig is om die "valse self" te konfronteer en te ontbloot. Die valse self wat jy in stand hou deur eksterne bevestigings soos status, geld, sukses, erkenning en mag. Die "ware self" vind weer sy wese binne jou, dit wat eg is, dit wat werklik saak maak soos verhoudings, liefde, vergifnis, omgee en groei. Ongelukkig is dit so dat jy nooit van hierdie "valse jy" ontslae kan raak deur dit te ignoreer, onderdruk of toe te sluit in ‘n binnekamer nie. Dit speel juis sy invloed uit in swak menseverhoudings, siekte, depressie, geweld, paranoia, rassisme, oneerlikheid en op baie ander verdraaide maniere. Kyk maar net na die samelewing se huidige vlak van besoedeling, geweld, armoede, wanhoop en geestelike armoede – alles simbole van wat in die mensdom se binneste aangaan.

Maak dus gebruik van hierdie rustiger tye om wel weer tyd te maak om na binne te gaan. En trek gerus die jas uit, sluit gerus die binnekamers oop. Want anders as wat jy dink, sal hierdie toegesluite “monsters” nie jou kan vernietig nie. Die teendeel is eerder waar. Hulle verloor hulle krag en houvas op jou as jy hulle erken. Want eintlik is daar veel meer skoonheid, krag en goddelikheid binne jou as wat jy weet. Dit is jou ware identiteit. Jy moet dit net aktief opsoek.

En hier is my geskenk aan elkeen in hierdie tyd: ‘n Vinnige, eenvoudige en praktiese manier om jou binnewêreld te besoek en ook sodoende jou ware identiteit te herontdek.

Alles begin by jou asemhaling. Dink so daaraan, wanneer ‘n baba gebore word, is sy eerste daad om asem te haal en wanneer iemand sterf, is dit die laaste wat hy of sy prysgee. Daarom is asemhaling so ‘n sentrale deel van jou lewe. Dit is ook in alle omstandighede jou anker om jou te help om bewustelik by jouself te wees. Jy kan tog nie gister asemhaal of uitstel vir more iewers nie, nee, jy kan net hier en nou asemhaal. Dit is dus jou beste anker in jou liggaam. Jou beste anker in hierdie oomblik. Jou beste anker in jou ware identiteit. Maak dus gebruik daarvan om jou na binne te lei. Doen dit,  deur daagliks tyd in te rig om bewus te word van jou asemhaling. Dit beteken maar net dat jy konsentreer op jou in- en uitasemhaling en dit is nie net ontspannend nie dit is ook genesend. Want dit bring verhoogde konsentrasie en help jou om ook jou innerlike wêreld te integreer. Sodoende sluit jy die deure van jou binnekamer oop vir die sonlig om in te stroom en so al die donker te verdryf.

Saam met die bewustelike in- en uitasemhaling, sê die volgende woorde:

As ek inasem, ontspan my liggaam.
As ek uitasem, glimlag ek.
Ek leef in hierdie oomblik,
Die enigste oomblik wat daar is.

(Thich Nhat Hanh, vertaal deur Dr. Piet Muller)

My wens is ‘n geseënde tyd van genesing en heelwording vir elkeen.

Henry David Thoreau: “What lies before us and what lies behind us are small matters compared to what lies within us. And when we bring what is within out into the world, miracles happen.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
234 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!