Kop & Hart: Godsdienstig of spiritueel?

2012-08-02 11:27

‘n Godsdiens-filosoof van Engeland, David Webster, sê hy is nou moeg vir mense wat sê hulle is spiritueel en nie godsdienstig. Om die waarheid te sê hy voel heel aggressief daaroor, hy sê as  iemand dit weer vir hom sê moet hulle weet: “I want to punch them in the face. Hard...”

Nou is die vraag wat maak vir David so kwaad. Dit is tog nie so ‘n slegte beskrywing van hoe iemand voel wat nie meer dogmaties oor God en die lewe wil dink nie. Iemand wat eerder vry en oop oor sulke dinge wil dink.

Wel, David het so sterk gevoel dat hy ‘n hele boek daaroor gaan skryf het. Die boek is getiteld: Dispirited: How Contemporary Spirituality Makes Us Stupid, Selfish and Unhappy (Zero Books, 2012).

Ek het die boek gelees. En moet sê tog baie geniet. Maar het ook tot die konklusie gekom dat David bietjie oppervlakkig na spiritualiteit kyk. Kom ek begin by die begin. Die positiewe in die boek is dat hy vir ons weer uitwys dat baie van die sogenaamde vryer spirituele sienings maar net soos van die meer tradisionele godsdienste vasval in dogma.

En net soos godsdienste lojaliteit en blindelingse geloof vereis, net so is dit in meeste sogenaamde New Age, nuwe spirituele en vryer groepe ook die geval. Jy’s in of jy’s uit!

In beide groepe word die hele lewe en sin vasgevang binne hulle spesifieke verstaan en interpretasie van die realiteit. Of jy nou glo dat ‘n God, wat iewers bo die wolke woon, alles geskep het en of jy glo alles is energie of ‘n onsigbare Krag wat alles onderhou, die punt bly dat jy glo dit! En David vra, baie geldig dink ek, op grond waarvan is mense so oortuig van wat hulle glo?

En net hier funksioneer beide groepe op irrasionele en bygelowige denke, “... if you literally believed the metaphysical and empirical claims they made and implied, they were more often than not logically incompatible. There seemed to be an illogical almost anti-rational way of thinking.” Net so voel ek ook, dat die nie-denke in enige sisteem gevaarlik en onverantwoordelik is! Hy het dus volgens my vir seker ‘n belangrike punt hier beet.

Wat David egter mis is wat iemand soos Lama Surya Das so mooi uitlig: “Learning how to love is the goal and the purpose of spiritual life – not learning how to develop psychic powers, not learning how to go to church, bow, chant, do yoga, pray or even meditate, but learning to love. Love is the truth. Love is the light.”

Want spiritualiteit is veel meer as net die New Age, populêre, oppervlakkige en flou najaag van esoteriese belewenisse. Ek meen, een van my helde, die astronoom Carl Sagan het al lank terug gesê: “Science is not only compatible with spirituality; it is a profound source of spirituality. When we recognize our place in an immensity of light-years and in the passage of ages, when we grasp the intricacy, beauty, and subtlety of life, then that soaring feeling, that sense of elation and humility combined, is surely spiritual. So are our emotions in the presence of great art or music or literature, or acts of exemplary selfless courage such as those of Mohandas Gandhi or Martin Luther King, Jr. The notion that science and spirituality are somehow mutually exclusive does a disservice to both.”

David se eensydige en rasionele siening van spiritualiteit as: “Selfish – because the ‘inner-turn’ drives us away from concerns with the material; so much so that being preoccupied with worldly matters is somehow portrayed as tawdry or shallow,” is volgens my juis sy probleem. Hy verstaan duidelik nie die nuwe eietydse spiritualiteit-beweging nie.

Ja, op die oog af lyk dit wel of spiritualiteit mense wil wegneem van die “worldly matters.” Dit kan selfs baie egosentries en selfsugtig lyk. Maar as David bietjie tyd sou spandeer om dieper te kon kyk, sou hy gesien het wat die rede is van die klem op na-binne beweeg. Sou hy verstaan het: dit vat jou weg van die wêreld af sodat jy eers jouself kan ontdek. Hiervan is Jesus se woestyntyd, tog ‘n goeie voorbeeld. In sy selfontdekking word sy binnekant soos sy buitekant. Meer nog, hy ontdek sy goddelikheid binne hom en vind so sy verhouding met die sin van die lewe. Dit is spiritualiteit, die reis na binne.

MAAR DAN, neem die reis jou weer na buite, na die ander. Die verskil is net dat, nou herken jy jouself in die ander, of soos David die ‘ander’ noem: “concerns with the material.” Alles word ‘n spieël. Daarom dink jy nie meer aan kategorieë nie, maar holisties. Alles is EEN! Jy ervaar al meer jou onlosmaaklike “interconnectedness” met alles. En daarom as jy diere, plante of mense seer sou maak – besef jy nou dat jy jouself seermaak!

Spiritualiteit bring die besef dat mense nie die kroon van die skepping is nie, maar slegs ‘n vertakking van “die boom van lewe.” Jy besef dat die Kosmos waardevol is omdat jy inherent deel is van dit. Jy dink twee keer voordat jy sinlose geweld gebruik teenoor enige lewende wese, of dit mense van ander kulture is of Renosters of “fracking” in the Karoo. Die sogenaamde groen revolusie. En hiermee saam ook die vele menseregte bewegings wat juis deur hierdie nuwe spirituele groepe gedryf word.

Daar word met liefde gewerk eerder as vrees. Soos Bonnie Raitt dit so kragtig stel: “Religion is for people who are scared to go to hell. Spirituality is for people who have already been there.” Daarom word daar heeltemal wegbeweeg van oordeel, sonde, straf en verdoemenis. En nader beweeg aan vergifnis, aanvaarding en verdraagsaamheid. Iets van ‘n eerlikheid wat na vore kom eerder as ‘n skynheiligheid.

Spiritualiteit poog dus om die mens meer menslik te maak, meer aards. Om meer te lag, stadiger kwaad te word en vinniger te vergewe. Daarom is die strewe na ‘n beter wêreld en lewenskwaliteit vir alle lewende wesens, onafskeidbaar deel van spiritualiteit. Die Amerikaanse digter Walt Whitman som spiritualiteit op met die volgende: “This is what you shall do: Love the earth and sun and the animals ... dismiss whatever insults your own soul, and your very flesh shall be a great poem.”

Dit bring ons dus nader aan die behoefte by mense om te wil wegbeweeg van godsdiens sonder om noodwendig hulle behoefte na spiritualiteit op te gee. En daarom ‘n uitspraak soos “Ek is nie godsdienstig nie maar spiritueel.” Want David Webster sien nie heeltemal raak dat daar wel groot verskille tussen spiritualiteit en godsdiens is nie.

In die TV reeks Alcatraz, wat tans op DSTV is, is daar in een van die episodes ‘n kriminele karakter wat vir die tronkbewaarder sê hy is meer spiritueel as wat hy godsdienstig is. Die bewaarder vra toe, hoe verskil die twee? “Godsdienstiges fokus op beloning terwyl spiritueles fokus op verstaan” (vry vertaal).

Want sien, godsdiens vra van jou om iets buite jouself te gaan soek. Deur die eeue is daar mense en groepe wat oortuig was hulle het dié iets gevind. Dan is daar reëls en dogmas vasgelê vir almal – om die iets wat gevind is, te aanbid. Daardie iets is God genoem en elkeen moes daardie spesifieke verstaan van God bely en onderhou.

Stadig maar seker het die reëls en die formules inslag gekry in die kultuur en wette van daardie mense.

Geen twyfel of vrae is dan geduld nie, net lojaliteit en blindelingse geloof. Kategorieë het ontstaan van: ons en hulle, gelowiges en ongelowiges, verlostes en verlorenes. Jy was in of jy was uit! Godsdiens is dus ‘n geslote sisteem. Sodoende word die hele lewe en sin vasgevang binne die rituele, seremonies, simbole en verstaan van ‘n spesifieke godsdiens.

Spiritualiteit aan die ander kant, is ‘n soeke na God nie buite jouself nie, maar ‘n soeke binne jouself. Dis ook nie net ‘n filosofie met ‘n klomp reëls nie, dit is meer van ‘n belewenis. Dis ‘n misterieuse ervaring, nie ‘n universele waarheid nie. Dis ook nie ‘n doel op sigself soos godsdiens nie. Dis nie ‘n doelwit wat jy kan bereik of ‘n eindpunt waarby jy kan aankom nie. Dis ‘n voortdurende reis. Dit is soos ‘n kunstenaar wat skep. Geen enkele skepping van ‘n kunstenaar is sy of haar finale werk nie. Elke nuwe kunsstuk verteenwoordig die kunstenaar se groei en transformasie.

Ram Dass het spiritualiteit beskrywe as ‘n voortdurende proses van transformasie. Hy verwoord dit as volg: “Everything in your life is there as a vehicle for your transformation. Use it!” Spiritualiteit is dus in wese die proses van selfontdekking en groei. Spiritualiteit is oop.

Ten slotte sou ek egter nog steeds die boek wou aanbeveel. Want David se oproep tot kritiese self-ondersoek is ongelooflik belangrik! Nooit kan en mag enige denke beskou word as bo kritiek of self-ondersoek nie. En as die nuwe eietydse spiritualiteit homself roem op openheid, eerlikheid en egtheid, dan moet David se kritiek ernsig opgeneem word.

Want die innerlike herbesoek, ondersoek en analise is ‘n baie belangrike komponent van enige spirituele gesonde mens. Só het Sokrates, ‘n klassieke Griekse filosoof (469-399 vC) al eeue terug gesê toe hy gewys het op hoe ware wysheid bekom kan word: “Die nie-ondersoekte lewe is nie die moeite werd om te lewe nie.”


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!