Kop & Hart: Is jy wakker?

2012-09-06 11:39

Ons verknogtheid aan ons oortuigings verskraal en beperk baie keer ons belewenis van die lewe. Natuurlik beteken dit nie dat idees, opinies en geloofsoortuigings op sigself ‘n probleem is nie. Dit is veel eerder die hardkoppig vasklou aan spesifieke sienings, opinies en oortuiging, wat maak dat ons sukkel, om te aanvaar wat met ons gebeur en te sien wat regtig gebeur. En hierdie onvermoë by baie mense om te kan aanvaar wat is, bring vir hulle groot hartseer.

Want om nie vrede te kan maak met wat ís nie, is soos om teen ‘n seestroom te probeer inswem, uiteindelik gaan jy moeg word en verdrink. Die seestroom aan die ander kant gaan ongestoord voort, asof niks nou net gebeur het nie.

Om jou prentjie te probeer afforseer op die werklikheid, asof dit die enigste ware interpretasie van die lewe is, maak jou natuurlik blind en doof vir die groter werklikheid. En wanneer jy blind en doof is vir wat is, is jy vir alle praktiese doeleindes aan die slaap, vasgevang in ‘n droomwêreld, of dalk eerder ‘n nagmerriewêreld.

En om te kan wakker word vanuit so ‘n skynwêreld is nie ‘n eenvoudige saak nie. Want eers moet jy bewus word dat jy droom. En dan dat jy die dromer van die droom is. En hoe word jy bewus van so iets? Natuurlik deur die intensie te hê om te wil uitvind of jy droom of wakker is.

Onthou jy hoe jy as kind, tydens ‘n oorweldigende oomblik, eers jouself skelm geknyp het, om net seker te maak jy droom nie. Wel, net so moet jy jouself gereeld toets om te sien of jy werklik nog eerstehands leef en of jy slaapwandel.

Daarom is dit so belangrik om gereeld dit wat jy beleef, te bevraagteken. Pema Chödrön verduidelik dit so: “Having the intention to know if you are awake is the start of waking up and everything in your live has the potential to wake you up.”

Dit is eenvoudig net nie waar om te dink dat dit wat jy ervaar as werklikheid, enigsins gegrond is in die werklikheid nie. Om die waarheid te sê is meeste van jou ervarings gebaseer op jou innerlike emosionele en meganiese interpretasies. En hierdie interpretasies is gegrond op gevestigde innerlike patrone. En hierdie innerlike patrone is soos ‘n plaat wat vashaak en oor en oor dieselfde deuntjie speel.

Seker daarom dat iemand soos Osho sal sê: “Mind is memory, not intelligence,” en A Course In Miracles ons leer: “We see only the past.” Daarmee bedoel beide dat ons selde sien wat voor ons afspeel, ons is maar net besig om ou herinneringe te projekteer op nou se gebeure. En daardeur verloor ons natuurlik direkte kontak met die vloei van die oomblik. Dit bring ook mee dat ons selde iemand kan sien vir wie hy of sy in hierdie oomblik is. Ons sien slegs ons reeds gevormde prentjie van die persoon, wat weer gebaseer is op vroeëre ontmoetings, belewenisse en ondervindings wat ons gehad het met die persoon.

Dalk daarom dat een van die kragtigste lerings wat ons by iemand soos Jesus kry, is om onophoudelik te vergewe. Want hy’t geweet die oomblik wanneer iemand ophou vergewe is die oomblik wat daardie persoon aan die slaap raak en die nagmerrie sy realiteit word; ‘n nagmerrie waar ou patrone jou vasvang en oor en oor folter.

Dit is een van my gunsteling Bybelse verhale waar Petrus, een van Jesus se dissipels, die vraag vra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my gedoen het?” En dan self antwoord, “Selfs sewe keer?” En hiermee probeer Petrus die algemene riglyn van die dag, naamlik om iemand drie keer te vergewe, nuut te interpreteer deur dit meer as te verdubbel. En Jesus wat hom dan antwoord: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” Hiermee sê Jesus, net soos Boeddha vóór hom, dat vergifnis ‘n onophoudelike aksie is. Want dit is die enigste manier om wakker en bewustelik te bly.

Hierdie besef het my gehelp om raak te sien dat vergifnis nie gaan oor die persoon wat vergewe moet word nie. Nee, vergifnis gaan in die eerste plek oor wakker bly. ‘n Besef dat indien ek nie vergewe nie, ek die hier en nou verruil vir ‘n slaap-nagmerrie wêreld, gevul met gister se skuld, hartseer en pyn gevoelens.

So het ek vir die eerste keer gesnap wat die Franse filosoof Albert Camus bedoel het met: “Eternity is here and I was hoping for it. What I wish for now is no longer to be happy, but only to be aware.” Hierdeur het hy die geheim van ‘n gelukkige lewe gegee, naamlik dat ons moet teenwoordig wees in ons liggame, verhoudings, vreugdes, verlies en lewens soos dit ontvou in die oomblik. Dit is natuurlik waarheen Paul Boose se woorde wys: “Forgiveness does not change the past, but it does enlarge the future.”

Ek dink wat vir my meer en meer begin sin maak het oor die afgelope paar jaar is dat die geheim tot die groot misterie van die lewe lê in die ewigdurende ontvouing van die nou. En dat wanner ek teenwoordig is in my elke dag lewe – met sy klein en groot, nuut en oud en vinnig en stadige pas – ek die polsslag van die goddelike kan beleef. Daarom is vergifnis die enigste manier om bewustelik te lewe, soos David Ridge dit stel: “True forgiveness is not an action after the fact, it is an attitude with which you enter each moment.”

Ek wil afsluit met die pragtige storie van vergifnis. Op ‘n dag het ‘n gebroke Hindoe-man by Mahatma Gandhi aangekom. Hy was stukkend van rou en verdriet. Hy het vir Gandhi vertel dat nadat ‘n Moslem-man sy seuntjie van ses doodgemaak het, hy uit wraak die man se seuntjie doodgemaak het. Dit het hom egter nie vrede gebring nie. In teendeel al wat hy heeltyd aan kon dink was die gesiggie van die klein seuntjie in sy laaste oomblikke van lewe. Hy het vir Gandhi gevra wat kan hy doen om vergifnis en vrede te ontvang. Gandhi het lank in stilte gesit, toe na die Hindoe-man gedraai en gesê dat hy ‘n seuntjie sonder ouers, van die selfde ouderdom as sy seun en die seun wat hy doodgemaak het, moet soek. Dan moet hy hom aanneem en grootmaak as sy eie. Maar daar is net een voorwaarde. Dit moet ‘n Moslemseuntjie wees en hy moet hom as ‘n Moslem grootmaak. Dan sal hy weer vrede ken.

Vergifnis is dus meer as net om met nuwe oë na die lewe te kyk. Dit bring jou verseker direk in aanraking met die lewe self, eerstehands! Dit maak van ons elkeen meer as net ‘n slagoffer van omstandighede of ander mense, dit maak van ons ‘n kryger. Kryger in die opsig van braaf en sterk wees. Gandhi sê vir ons daarom: “The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong.”

Wees daarom braaf en sterk en vergewe almal, alles ... sonder ophou!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
82 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 1-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-18°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!