Kop & Hart: Môre se glo

2013-02-21 13:54

Die een en twintigste eeu se tempo van verandering en groei in kennis is ongelooflik. Daar word bereken dat die veranderings wat ons tans jaarliks beleef gelykstaande is aan die vorige vyftig jaar se veranderings.

Dit is duidelik dat ons nie meer leef in vandag nie, ons is reeds in die toekoms. Ek meen as jy maar net kyk na die tegnologie waarmee ons huidig gekonfronteer word, dan besef jy dat selfs ons sci-fi- en fantasie-boeke en rolprente nie meer kan byhou nie.

Dink maar net hoe die internet se ongelooflike netwerke, kommunikasie en kennisverspreiding moontlik maak. Iets wat nog ‘n paar jaar gelede net in teorie moontlik was.

Ons is daarom nie meer verskillende gemeenskappe nie; inteendeel, ons is al reeds een groot wêreldgemeenskap.

Die rekenaar sal binne die volgende twee dekades waarskynlik die vermoë van die menslike brein verbysteek. En watter nuwe morele en etiese vraagstukke sal dit nie op die tafel sit nie. Ek wil nie eens dink daaraan nie, maar ek weet ons sal moet.

Ons sal moet besef dat een van Godsdiens en spiritualiteit se grootste uitdagings in die 21ste eeu sal wees om ‘n etiek te ontwikkel waarmee die nuwe tegnologie en vinnige veranderings sinvol verstaan en geïntegreer kan word.

Dit plaas natuurlik enorme druk op tradisionele godsdienstige beskouinge oor God en die lewe. Want in hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die wêreld kyk deur die oë van bygelowige, drie-verdieping wêreldbeeld van onder meer die Bybel nie.

Anders gaan ons spoedig ons vasloop in ‘n realiteit wat nie meer strook met ons persepsie daarvan nie. En iemand wat nie meer in kontak met realiteit is nie word tog irrelevant, en ‘n spesie wat irrelevant word sterf uit, vra maar die dinosourusse.

Juis daarom is daar ‘n ingrypende verandering nodig by gelowiges as hulle oor God wil praat en dink.

Mense sal moet besef dat ons binne ‘n verweefdheid met alles om ons leef. Ons leef hier en nou. In ‘n wêreld waar alles met alles te doen het. Soos in die Boeddhisme al baie lank gesê word met woorde soos “interbeing” en “interconnectedness”.

Ons as mens, staan vandag voor groot uitdagings. Gelukkig is daar al heelwat tekens van ‘n nuwe manier van dink, aanbid en doen.

‘n Nuwe tydperk waarin vele Christene van dogma begin wegstuur, en eerder spiritualiteit begin omarm en ja, selfs oop is vir ander gelowe. Niemand – geen wysheid- of geloofstradisie – kan in vandag se tyd meer met vooropgestelde sekerhede leef nie.

Want dan kan daar geen ontwikkeling moontlik wees nie. Eers as die aannames laat vaar word en daar weer ‘n openheid en direktheid in waarneming en belewenis kom, kan skoonheid en sin gevind word in ‘n vinnig veranderende wêreld.

Miskien daarom dat Albert Einstein die volgende opmerking gemaak het: “Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” Ek is seker dat hy nie hiermee bedoel het dat analise, logiese denke en wetenskaplike kennis ongeldig is nie.

Ek dink hy wou net die klem plaas op ‘n oop, ontwikkelende en soekende ingesteldheid. Want hy’t maar te goed geweet dat daarsonder, min mense sinvol en kreatief by al die veranderinge sou kon aanpas. Hieruit vloei van sy bekendste woorde: “There are two ways to live: you can live as if nothing is a miracle, or you can live as if everything is a miracle.”

Om die lewe so te kan benader vra egter van jou om jou sekerhede minder seker te maak. Om te onthou wat Austin O’Mally in sy boek Keystones of Thought geskryf het: “Human truth is always soiled with falsehood.”

Die filosoof, Karl Popper brei hierop uit as hy verduidelik dat geen absolute waarheids uitsprake moontlik is nie, en sodra enigiemand ‘n enkele siening uithef as die enigste waarheid, so ‘n persoon vervlakking en blindheid sal beleef, en dan op vele ander gebiede menseregte en vrye idees sal misken.

Want dit maak nie saak hoe oortuig jy is van jou waarheid nie, môre kom daar nuwe insigte na vore en dan is jou waarheid eenvoudig nie meer waar nie. Dit het die wetenskap al oor en oor vir ons gewys.

Net so moet gelowiges nadink oor hulle verstaan van God. Die goddelike is en bly ‘n Groot Misterie en daaroor moet nooit in terme van feite of bewyse gepraat word nie, net in metafore.

En ja, die geskiedenis van mense se godsbegrip toon aan dat hierdie metafore, altyd hand aan hand loop met die heersende wetenskap en kosmologie. En elke keer in die geskiedenis wanneer die heersende godsbegrip nie met die tegnologie van die tyd ooreengestem het nie, het die godsbegrip sy morele gesag verloor.

Ons sal gevolglik nie kan vasklou aan die drieverdieping-wêreldbeeld van 2000 jaar gelede en die metafore van koningskap en heerskappy wat daaruit spruit nie, omdat dit ons, in ‘n era van ongekende tegnologiese vooruitgang, nie meer regtig help nie.

Die uitdagings van die 21ste eeu, waarin ons reeds is, eis dus van ons, om met ‘n eerlike, oop, verantwoordbare en eietydse denke rakende God, godsdiens, politiek, samelewing, wetenskap, filosofie en vele ander te begin.

En hoe sal ‘n moontlike nuwe godsbeeld en spiritualiteit lyk?

Wel dit sal eerstens in ag moet neem wat die astronoom Carl Sagan gesê het: “The Universe is much bigger than our prophets said, grander, more subtle, more elegant. Shouldn’t God then be even greater than we dreamed?” Presies dit waarna John Hunt ook verwys: “Our understanding of God today needs to be bigger as much as our picture of the Universe is bigger.”

Ons sal in ons denke rondom God en lewe die blik op die kosmos, wat die astrofisika en die kwantumfisika vir ons geskep het moet ondersteun.

God sal bedink moet word vanuit alle godsdienstige openbarings. Hiervoor sal ‘n denksprong nodig wees, waarin die goddelike verstaan word; as die Misterie wat groter is as enige enkele godsdiens of geloofstradisie.

Die nuwe God sal geslagsloos of onsydig moet wees; sodat diskriminasie tussen geslagte en seksuele oriëntasie nie meer langer op grond van godsdiens geregverdig kan word nie.

Die nuwe godsbeeld sal die eenheid van alles, veral tussen mens en natuur moet onderskryf. Iets wat die wetenskap vir ons met evolusie kom wys het. Sowel as die feit dat ons en die res van die skepping uit dieselfde materie gemaak is. Ons is sterstof en tot sterstof sal ons terugkeer.

Ons weet vandag dat die kosmos nie ‘n afgehandelde skepping is nie, maar ‘n uitdyende proses. Dat alles voortdurend verander. Sonne en sterrestelsels sterf en nuwes word gebore; alles wat saamgestel is ontbind weer en word opnuut hersaamgestel in allerlei vorme. En al hierdie vorme is in essensie energie.

Daarom sal die onveranderlike God van die verlede moet plek maak vir ‘n nuwe God. ‘n Skuif van Teïsme na Panenteïsme. ‘n God wat nie buite die kosmos staan nie, maar deel is van alles en ja, ook meer is.

In die vorige eeu, toe Darwin se evolusieleer en Einstein se konsep van relatiwiteit mense laat anders kyk het, het daarmee saam, die moontlikheid van ‘n panenteïstiese God na vore gekom. Die Duitse filosoof Max Scheler het dit die eerste keer geopper. ‘n God wat self die materiële werklikheid is, maar terselfdertyd ook veel meer as die werklikheid.

Die kwantumfisika saam met die metafisikus David Bohm het vir ons nuwe wêrelde geopen hiermee. En so het die God van die verlede stadig begin verander in die veranderende God van die toekoms.

En met hierdie nuwe God, verskuif die teenwoordigheid van God na hier en nou. Nie meer ver en buite iewers nie. Dit sal natuurlik nuwe gelowiges verantwoordelik maak om die natuur en die ekologie as manifestasies van God se teenwoordigheid te sien, en hierdie teenwoordigheid is ook die krag agter die immer-veranderende kosmos.

So ‘n opvatting sal hopelik ‘n diep respek vir die lewe wakker maak, omdat mens, plant, dier, aarde en selfs die heelal, onlosmaakbaar verweef is in ‘n "web van lewe". (Om Fritjof Capra se woorde te gebruik.) Hierdie respek sal gebore word vanuit ons nuwe verstaan van die goddelike.

En die lewe hier en nou sal heilig word. Want orals waar mense bewustelik teenwoordig lewe, sal in die aangesig van die nuwe God wees. En dan sal die nuwe gelowiges saam my kan bely:

Ek glo in die Ewige van die ewig veranderende kosmos
wie se naam voordurend verander
soos die soekers tydelik vind en noem.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
237 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-13°C Mostly sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-12°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-21°C More sun than clouds. Refreshingly cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!