Kop & Hart: Nuwe jaar, nuwe storie

2013-01-03 11:52

Sedert die vroegste tye het die mens gewonder oor die betekenis van die lewe. Dink maar aan daardie eerste keer wat iemand opgekyk het na die hemelruim en gewonder het waar kom alles vandaan – en natuurlik, waarheen is alles op pad. Vrae soos Wie is ek? Hoekom is ek hier? en Wat is my doel? het spontaan na bo geborrel.

Seker net so spontaan as wat die vrae elke jaar met die aanbreek van ‘n nuwe kalenderjaar in ons gemoed kom lê. Vrae wat ons probeer beantwoord ... deur stories te vertel.

Ja, ons vertel stories om insig en verduidelikings te vind op wie ons is, en om ook ander te kan vertel wie ons is. Ons luister na ander se stories omdat dit ons dan weer help om hulle te verstaan.

Want stories bring vir ons ‘n gevoel van deelname en invloed. Dit help ons om ons verlede te interpreteer en om ons toekoms te antisipeer. Stories was en is nog altyd ‘n poging om patrone in die chaos van die lewe raak te sien. Om vir ons toe en nou betekenis te vind.

Wanneer ons stories vertel trek ons verbande tussen gebeure. Hierdie verbande en verklarings laat ons voel ons verstaan wat aangaan en dit op sy beurt laat ons in beheer voel.

Jane Bailey Bain skryf oor hierdie stories van ons: “Stories give a shape to our experience and determine how we will act on subsequent occasions. Our stories affect how others see us and how we interpret our place in the world. In a very real sense, we are the stories that we tell.”

En anders as diere, het ons hierdie stories so nodig. Ons interpreteer, leen by ander se stories en herinterpreteer onophoudelik. Ons gebruik woorde, simbole, emosies, kuns, fisiese handelinge, eintlik enigiets, om ons storie te vertel.

So word ons nie net deel van ons stories nie, ons word ook deel van ander se stories. En elke keer wat jy jou storie vertel, bevestig jy en versterk jy jou belewenis en interpretasie van die lewe. “All humans are storytellers, and that is what makes us artists. Everything we believe about ourselves is a story we create that is based in reality, but is just our point of view. Our point of view is based on our experience, on what we know, on what we believe. And what we know and believe is just a program; it is nothing but words, opinions and ideas we learn from others and that form our own life experience.” So skrywe Janet Mills.

Elke oomblik wat jy iets waarneem en evalueer, is jy ook terselfdertyd besig om te besluit op ‘n geskikte vertolking en optrede. Jy en elke ander mens op aarde werk met ‘n sekere meester-storie, of anders gestel met ‘n sekere paradigma. Volgens Steven Covey kan ‘n paradigma vergelyk word met ‘n kaart. Ons almal weet tog dat ‘n kaart nie die fisiese "terrein" self is nie. ‘n Kaart is slegs ‘n interpretasie en uitbeelding van sekere aspekte van ‘n fisiese terrein.

Dit is presies wat ‘n paradigma is, slegs ‘n verduideliking, teorie of model van iets anders. Jou kaart, of in die geval jou meester-storie van die lewe, begin jy reeds voor geboorte ontvang. In die veiligheid van die baarmoeder kry jy al inligting oor wat jy behoort te verwag en kry jou storie vorm. Jy leer van vrees en pyn. Dan word jy gebore en tot en met die ouderdom van sewe skryf jy fluks aan jou storie.

Jou mede-storievertellers is jou ouers, familie, kerk, invloedryke rolspelers, omgewing en kultuur. Natuurlik maak jy gebruik van hulle stories sonder om dit te bevraagteken. En so word hierdie meester-storie nou jou "verstaan van die lewe", jou bril waarmee jy kyk na die realiteit.

Dit word die onbewuste program wat alle inligting orden en verwerk. So word en is jy emosioneel geprogrammeer om in die selfde rigting te gaan soek vir geluk en oplossings as jou mede storie vertellers. Miskien daarom dat die Oosterse leermeester Osho, soveel klem gelê het daarop dat mense hulle stories met ‘n kritiese oog moet beskou: “Your whole idea about yourself is borrowed – borrowed from those who have no idea of who they are themselves.”

Verseker is hierdie stories of programme nie net sleg nie. Dit help elkeen van ons om aanvanklik ‘n greep op die werklikheid te kry. Daarsonder sal kinders verlore wees en glad nie kan identifiseer met die komplekse storie van hulle omgewing en lewens nie.

In die puik boek en nou rolprent Life of Pi, word die storie vertel van ‘n jong Indiese seun Pi Patel, wat na ‘n storm op see die enigste is wat dit oorleef, en o, ja – ‘n tier.

Pi en die tier moet dieselfde reddingsbootjie deel en dit word ‘n stryd van oorlewing. Al is die tier lewensgevaarlik, is dit juis die gevaar wat Pi bewus hou, en sodoende hom ook aan die lewe hou.

Na Pi gered is en almal sy wonderbaarlike storie gehoor het, kom die vraag by ‘n mens op, is hierdie ‘n ware storie? In die boek en rolprent vertel Pi aan sy ongelowige aanhoorders ook ‘n ander meer geloofwaardige weergawe, sonder die tier natuurlik. Nou is die vraag; watter weergawe ís dan die waarheid? Pi se antwoord: “Die weergawe wat jy verkies...”

Ons glo die stories wat pas binne ons verstaansraamwerk, ons meester-storie. Dit maak eintlik nie vir meeste mense saak of dit feitlik waar is of nie, dit gaan eerder oor watter storie hulle verkies. Dink maar net aan die verskillende godsdiens stories.

Stories is noodsaaklik om sinvol deel te kan wees van die groter storie. Die storie of meester-storie van die mensdom. Maar soos met enige lewende storie, moet ons ook onthou die storie gaan altyd verander. Dink maar net aan die werk van Thomas Kuhn oor paradigmas, en hoe hy wys dat enige paradigma verouder en dan vervang word.

Paradigmas is veronderstel om aangepas en uitgebrei te word, dit is wat die wetenskap-storie ons leer.

In sy boek The Structure of Scientific Revolutions sê hy dat elke keer wat nuwe inligting na vore kom, ons die meester-storie moet herskrywe. En ja, dit gaan met weerstand gepaard.

Hierdie pyn en ontnugtering wat elkeen van ons beleef wanneer ons bewus word van die beperktheid van ons stories is eintlik een van die grootste geskenke wat ons kan ontvang. Dit is die begin van die spirituele reis.

Want om jou beperkings van jou storie oor jouself en jou lewe raak te sien is verseker ‘n goddelike oomblik. Pynlik, ja, maar verseker ook die geboorte van ‘n wonderlike nuwe storie.

Die begin van ‘n avontuur wat jou in die onbekende kan inneem. ‘n Nuwe storie, nie plagiaat van iemand anders se ou storie nie. Jou eie, onsekere, soekende, skeppende, lewende en ongeskrewe storie. Jou storie van hier en nou.

Spiritualiteit is vir my dus so ‘n storie. ‘n Oop, eerlike en eietydse storie. Natuurlik is kop en hart nodig om hierdie stories sinvol en lewend te maak. Emosies en logiese denke is die pen en ink hiervan.

Hierdie storie moet met integriteit en eerlikheid geskryf word maar ook met kinderlike nuuskierigheid en vreesloosheid. En hoe meer mense hulle eie stories sien as deel van ‘n groter lewende en wordende storie, hoe meer sal skoonheid, goddelikheid en misterie karakters word, in elkeen se storie.

Dit sal maak dat ons die goddelike ervaar in alles rondom en in ons.

Hier staan ons nou op die drumpel van ‘n nuwe jaar ... kom ons skryf hierdie jaar saam ‘n nuwe storie. Kom ons reis saam op hierdie avontuur!

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
218 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-22°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-26°C Sunny. Mild. PE: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!