Kop & Hart: Ons ken die prys, nie die waarde

2012-07-26 10:21

Aesop (uitgespreek Ee-sop) was 'n Griekse leermeester wat geleef het van 620 tot 564 vC. Hy het baie daarvan gehou het om deur fabels lewenswaarhede oor te vertel. Selfs Plato het gereeld gebruik gemaak van Aesop se insigte.

Hier is een van sy fabels: “Eendag lank lank gelede het 'n hond 'n stuk vleis gesteel, uit die dorp se slaghuis. Hy het so vinnig as wat sy bene hom kon dra weggehardloop. Hy het eers gestop toe hy naby die rivier net buitekant die dorpie aangekom het. Toe het hy ingespring en begin swem na die ander kant. Terwyl hy swem sien hy die weerspieëling van die vleis in die water, en dit wat hy daar sien was veel groter as die vleis in sy mond. Hy spoeg toe dadelik die vleis uit en hap verwoed na die stuk vleis in die water. Met sy sparteling om die vleis in die water raak te hap verdwyn die weerkaatsing. Dadelik besef die hond sy fout en begin naarstigtelik soek vir die regte stuk vleis. Maar hy kon dit nêrens kry nie, want 'n verbygaande kraai, wat gesien het wat gebeur, het dadelik afgeduik en die regte stuk vleis opgepik. Die hond het oor sy toestand in 'n klaaglied getjank en gesê: ‘Wee my! Ek was 'n dwaas want ek het dit wat ek gehad het, weggegooi om te gryp na 'n spieëlbeeld; en nou het ek niks.”

Hierdie fabel vertel van die geneigdheid by die mens om selde tevrede te wees met wat hy of sy het en sodoende dit wat werklik is, maklik weg te gee. Daar is 'n soortgelyke verhaal in die Boeddhistiese Calladhanuggaha-jataka, waarin 'n jakkals 'n stuk vleis verloor wanneer hy probeer om 'n vis te vang. 'n Aasvoël steel die vleis en die jakkals eindig ook uiteindelik met niks op nie.

Hoekom sukkel ons so om tevrede te wees? Meer nog, hoekom sukkel ons so om raak te sien wat reg voor ons is? Ons is maar net soos Aesop se hond; ons hap en blaf vir weerkaatsings en sien dit vir substansie aan. En sodoende mis ons wat werklik waardevol is. Dit is asof ons nie meer die vermoë het om dit wat waardevol is, raak te sien nie.

Daarom dat dit so ooglopend duidelik is dat meeste mense die prys van alles ken maar die waarde van niks. Ek vermoed dit gebeur omdat baie van ons kontak met ons kern verloor het. Ons het ons eie innerlike waarde verloor en daarom kan ons nie meer buite ons dit wat waardevol en eg is, herken nie.

Die skrywer met die skuilnaam van ‘Smile Warrior’ skryf die volgende: “Confusion is when you fight with what is. And that is why you suffer, every time you want something that’s different from what is in front of you, you’ll miss the gift.”

Hoekom is dit so belangrik om te aanvaar wat is? Want dit is al wat is! Eckhart Tolle omskryf hierdie ‘is’ as: “Realize deeply that the present moment is all you have.” Dit is die “stuk vleis in die hond se mond...”, dit is wat die oomblik met alles wat dit bring, is. Dit is die gegewe werklikheid. En deur vrede te maak daarmee bring dit rustigheid en helderheid. David Grayson verduidelik dit so: “Contentment comes as the result of great acceptances and great humilities, of surrendering ourselves to the fullness of life, of letting life flow through us.”

Die groot geskenk lê dus binne die aanvaarding van hierdie oomblik, dit wat nou voor jou is, of dit goed of sleg, mooi of lelik is. So word enige gegewe oomblik dan 'n deur tot dieper belewenis en lewensgeluk. Seker daarom dat die Persiese digter, Kahlil Gibran gesê het, “Your daily life is your temple and your religion. Whenever you enter into it, take with you your all.”

As jy egter nie bewustelik teenwoordig in die oomblik is nie, is jy soos die dom hond in Aesop se fabel; besig om die realiteit te verruil vir ‘n kamma-kamma wêreld van gister of more. En elke oomblik wat ons nie bewustelik teenwoordig is nie is ons besig om soos in A Course In Miracles verduidelik word, vasgevang te leef in die verlede: “Your mind is preoccupied with past thoughts. And therefore all you can see is the past.” En om so te leef is om blind deur jou lewe te strompel. Verblind deur jou skuldgevoelens van gister of jou vrese vir more.

Solank jy op ‘n ander plek wil wees, of iemand anders wil wees, of dink die lewe gebeur op ‘n ander plek, sal jy nooit die waarde van dit wat voor jou is raaksien nie. Die Sufi digter Rumi roep ons daarom op: “You wander from room to room, hunting for the diamond necklace, that is already around your neck!”

Miskien is hierdie oomblik met al sy uitdagings, juis dit wat jy nodig het om weer te begin leef, om weer tuis te kom in jou eie vel. Kom ons ontmoet mekaar daar. Kom ons sê saam met Jon Kabat-Zinn, “Wherever you go, there you are...” en kom ons leef bewustelik en teenwoordig.

Ek nooi elkeen uit na die ‘Plek van Hier.’

Wanneer? Nou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Flip, jy het gister gevra “Wat is GENADE”?~ Vanuit di tanse waarna ek verwys, bewoordpoging ek dit as volg:~ Sinoniemiaal: guns, vergifnis, klemensie, barmhartigheid, welwillendheid.~ Uit HAT kom iets wat vir my mooi op di oor klink: gelukkige beskikking.~ Vir my hou dit in: whatever is oukei;~ ons het begrip & sal jou hand in liefdevolle ondersteuning vashou;~ nou is daar net liefde & bystand;~ nou is daar hoop, Ewige Son, wat oor almal gelyk skyn;~ vry van afdreiging, vrees, en ook, met tyd, vry van onnodige kortstondigheid & getreiter & geboks-wees;~ ‘n los kom tot ewigheidswese/leefvorm word;~ vry kom van ‘n op-&-af hysbak in ‘n ystervoëlkou van Hier in 3-D, & ‘n onsekere, verwyderde Ander Kant (“Hemel”), teenoor wat oom Ishmaïl ons lank gelede in vyandskap geplaas het;~ vry van “Hemel” & “Hel” verdeling: di Swart Area, sg “Hel” is reeds weggemaak Ander Kant, & sal ons “Hemel”/Ander-Kant ook met tyd weggemaak word...as oorbodig, ‘n ingestelde verwyderdheid uit di verlede.~ Ons sal deel van Ewigheid wees (ook duidelik deel vd Heelal), in ‘n baie meer meelewende vorm, in ‘n “ewige-lewe” deel van ons Heelalsbestaan;~ en daar sal geen vuurstoker “Satan” meer wees ni;~ en ook geen selfaangestelde Beoordelaar & Veroordeelgemagtigde “God” ni.~ Ea.!~ Ons sal as mensras ons vryheidpotensiaal binnegaan & ons Goue erfdeel opneem.~ Di bestaande, meesal onbenutte, “Goue Sfeer”, om ons, sal verruim word tot ‘n Mens-goudmynlewe van ongekende omvang...di "Nuwe Jerusalem"! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.