Kop & Hart: Spanningsvelde van onsekerheid

2012-10-26 10:48

Het jy al agtergekom dat meeste mense net sinvol kan funksioneer wanneer hulle ‘n duidelike oriëntasiepunt het. Kyk maar net hoeveel spanning mense beleef in tye van onsekerheid. In tye wanneer hulle gedwing word om deur veranderinge te gaan, en sodoende dan onseker voel oor hulle oriëntasiepunt. In tye wanneer hulle nie meer híér is nie, maar ook nog nie dáár aangekom het nie. Tye van in limbo wees, tye van onsekerheid ... oorgangstye.

Hierdie oorgangstye kan wees as gevolg van siekte, finansiële onsekerheid, emosionele krisisse weens verlies of verwerping, spirituele krisis, ens. Traumas wat ongenooid ons lewenspaaie kruis. Want is onsekerheid nie maar ‘n inherente deel van menswees nie?

Tóg streef ons heeltyd na vaste grond; sekerheid. Dit is hoe ons as mense bedraad is. Natuurlik is daarmee niks fout nie, die probleem kom net in wanneer mense nie besef nie dat deel van menswees is dat die pendulum heeltyd swaai tussen onseker en seker. Hierdie pendulum staan nooit stil nie.

Net soos daar seisoene is, net so is daar tye van sekerheid en tye van onsekerheid. ‘n Gedurige wisselwerking, waarvan die Amerikaanse skrywer Zora Neale Hurston skryf: “There are years that ask questions and years that answer.” Ook in godsdiens-geskrifte lees ons van hierdie beweging. By die Christene leer ons (Prediker 3): “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans...”

By die Boeddhiste leer ons dat die lewe soos ‘n rivier is. Boeddha beskryf dit so: “The river of yesterday is not the same as the river of today. The river of this moment is not going to be the same as the river of the next moment. So does life. It changes continuously, becomes something or the other from moment to moment.”

Hierdie konstante vloei stop nooit nie. Enigiemand wat dus baklei teen hierdie vloei, wat natuurlik onsekerheid impliseer, is besig om teen die lewe self te baklei. As jy dit ignoreer of selfs probeer ontken, stel jy jouself oop vir baie hartseer. En hieruit vloei depressie en gevoelens van hopeloosheid en angs. En geen godsdiens, filosofie of pilletjie sal jou van hierdie realiteit kan red nie.

Die antwoord lê dus in aanvaarding.

Dieselfde aanvaarding waarmee ‘n branderplankryer die see benader. Dink so daaraan, ‘n branderplankryer kan net werk met die branders wat op daardie gegewe dag tot sy beskikking is. Deur dit te aanvaar bring dit hom in die oomblik in en maak hom gereed om die beste te maak van wat is. Hy beoefen dus sy talent deur so effektief en kreatief moontlik die golwe te ry, daarin lê sy plesier. Indien hy egter die heeltyd kwaad sou wees vir die weer, klein golfies of seegety, sal hy nie net heeltyd geïrriteerd voel nie, hy sal heel waarskynlik ook nie veel branders ry nie.

Presies só werk die lewe. Geen mens kan beskik of beheer wat gebeur nie. Ons kan maar slegs die "golf" ry so goed ons kan. John Lennon is in die kol met: “Life is what happens while you are busy making other plans.” Miskien is dit juis mense se onvermoë om met verandering sinvol saam te leef wat hulle gevange hou. Want die beweging tussen seker en onseker sal altyd daar wees, sal ook altyd deel uitmaak van ons lewens. Dit is juis die spanning tussen die twee uiterstes wat beweging moontlik maak.

Enigiets wat dus hierdie spanning probeer oplos, is nie goed vir ons as mens nie. Daarom, wees baie versigtig vir enigiets of -iemand wat ewige sekerhede bring. Is dit nie maar wat Karl Marx bedoel het met, godsdiens is die opium vir die volk nie? Want net soos opium ‘n dwelm is, is godsdienste se sekerheids-antwoorde ‘n dwelm vir die massas. Dit probeer die spanning tussen sekerheid en onsekerheid oplos.

Die geheim van ‘n lewe van ware vryheid en innerlike vrede, is ironies genoeg, om bewustelik te beweeg in die rigting van aanvaarding van die spanning tussen onsekerheid en sekerheid. Ek sê ironies, juis omdat dit op die oppervlak lyk asof dit meer spanning en onvrede gaan bring. Maar die teendeel is juis waar, soos John Allen Paulos dit stel: “Uncertainty is the only certainty there is, and knowing how to live with insecurity is the only security.”

Die mense wat die spanningsveld tussen sekerheid en onsekerheid kan omhels is dan ook deur die geskiedenis van die mensdom heen dié wat met nuwe planne, kreatiewe oplossings en energieke lewens na vore gekom het. R.I. Fitzhenry stel dit so: “Uncertainty and mystery are energies of life. Don’t let them scare you unduly, for they keep boredom at bay and spark creativity.”

‘n Sinvolle manier om te leef lê juis daarom in die aanvaarding van die spanning wat heers. Om te kan aanvaar dat die spanning tussen die twee, die einste energie is wat my, jou, die wêreld en die kosmos aan die beweeg hou.

Daarom stem ek heelhartig saam met Nathaniel Branden as hy sê: “The first step toward change is awareness. The second step is acceptance.” Want vanuit aanvaarding word die kreatiewe energie binne ons wakker om te kan skep. En met aanvaarding verwys ek nie na ‘n passiewe of hopelose boedel-oorgee-houding nie. Nee, ek verwys eerder na dit waarna Paul Tournier verwys: “Acceptance of one’s life has nothing to do with resignation; it does not mean running away from the struggle. On the contrary, it means accepting it as it comes, with all the handicaps of heredity, of suffering, of psychological complexes and injustices.”

Dink maar net hoeveel meer krag jy sou hê indien jy jou energie kon fokus op die hier en nou, in plaas van heeltyd bekommerd wees oor dit wat kon of selfs moes wees.

Om dit wat is, te aanvaar en vandaar jou beste gee.

En hiermee saam jou oë weer oop te maak vir die skoonheid, geskenke en beloftes wat reeds in jou lewe opgesluit lê. Dit is seker die grootste tragedie wanneer mense dit wat voor hulle is miskyk omdat hulle smag na iets buite hulle bereik. Die mistikus en digter, Smile Warrior stel dit so: “If there is a sin against life, it consists in hoping for another life and thereby missing the beauty of this one.”

In Henry David Thoreau se boek Walden sluit hy in die laaste hoofstuk af met die volgende woorde: “...Only that day dawns to which we are awake. There is more day to dawn. The sun is but a morning star.” En hiermee herinner hy ons aan die realiteit dat ons moet wakker wees vir ons lewens, anders mis ons dalk net alles. En om jou lewe te aanvaar, met die goed en die sleg, is om wakker te word vir wat is.

En slegs dié wat bewustelik teenwoordig is in hulle eie lewens kan ‘n sinvolle invloed uitoefen op die lewe. Deur te aanvaar wat is, bring jou direk in die vloei van die oomblik, en eers dan kan jy ‘n verskil maak. En hoe nodig is daardie verskil nie!

Barack Obama: “Change will not come if we wait for some other person or some other time. We are the ones we’ve been waiting for. We are the change that we seek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
131 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Leendert Van Oostrum sê... Versie vir Thys: Die goddelose wandel in sy waan; hoogwys het hy sy neus omhoog gesteek, vermetel het sy mond dit uitgespreek: "Daar is geen God!" En rustig stap hy aan. Fragment uit 'n gedig deur 'n anonieme digter, ongeveer 3000 jaar gelede. In Afrikaans vertaal deur JD du Toit. Ongeag die sentimente wat die digter verwoord, het ons hier dokumentêre getuienis wat daarop dui dat die "On-teïsme" (empiries of andersinds) 'n trotse tradisie van ten minste drie millenia het. Dis dus nie sommer 'n nuwe ding wat nou die dag uitgedink is nie - dit het 'n gevestigde tradisie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate Business Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

IntermediateSharePoint Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior C# Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.