Kop & Hart: Tier in ‘n hok

2012-08-17 09:31

Ek het een Saterdag oggend besluit om by die Pretoria-Dieretuin te gaan stap. Ek het vinnig gestap en so nou en dan spoed verminder as ek verby ‘n interessante hok stap. Die diere en hulle oggendrituele was op ‘n vreemde manier baie gerusstellend.

Toe ek later verby ‘n meer natuurlike kamp stap loer ek so in die verbygaan of ek die inwoner kan gewaar. Maar niks. Dan sien ek so entjie weg ‘n inligtingsbordjie, ek loop nader en lees: “Panthera tigris...” (Bengaalse Tier). Blykbaar is hierdie spesifieke tierspesie, een van die grootste onder die groot katte. Die mannetjies kan tussen 2,6 tot 3,3 meter lank word en daarmee saam ‘n spoed van tot 60km/h bereik.

Wanneer ek opkyk, skrik ek, want nie te ver weg van waar ek staan nie sien ek die indrukwekkende oranje en swartbruin gestreepte tier. Met groot bruin-goud oë kyk hy reguit vir my. Die oomblik voel soos ‘n ewigheid, ‘n asemrowende ewigheid.

Dan plof die tier ewe onseremonieel neer. Dit bring my terug na die werklikheid. ‘n Wrede werklikheid, ‘n hartseer werklikheid, want meeste van hierdie tiere is reeds uitgewis en die paar oorlewendes leef in aanhouding, soos hierdie een. Meer nog, van die nege soorte tiere in die wêreld, is reeds drie uitgewis.

En ‘n onbeskryfbare hartseer spoel oor my. Die tipe wat voel of dit jou asem wegslaan. Want hierdie Bengaalse tier... sal nooit weer die wind in sy gesig voel as hy volspoed sy prooi jag nie. Hy sal nooit weer vry wees nie. Hy sal nooit weer die grasvlaktes van Brahmaputra sien nie. Hy sal nooit weer die Ganges se kragtige stroomversnelling teen sy pels voel nie. En vroeg-oggend se klanke en reuke wat net binne ‘n tropiese woud voorkom sal hy nooit weer hoor of ruik nie. Indië se grond sal hy nooit weer onder sy groot pote voel nie.

Hy is nou gevangene van hierdie klein stukkie grond, vasgevang en begrens. Alles wat bekend was vir hom, weggeruk. Hy’t alles verloor waarvan die grootste sy vryheid is. Hy’s nou ‘n gevangene, ‘n skoudier, iets om na te kyk...

Dan tref dit my: net so, is ek en jy ook vasgevang, begrens en soos die bekende filosoof J. Krishnamurti dit stel: “We are all conditioned, and domesticated by society. We are totally tamed and have thereby lost all our wildness and freedom...”

Ons is vasgevang binne ons eie opgestelde grense. En hier praat ek nie van grensdrade, betonmure en grensposte met gewapende wagte nie. Nee, ek praat van die self-opgestelde grensdrade in ons koppe.

Dis bepaalde oortuigings, interpretasies en persepsies wat ons ontvang en gevorm het oor onder andere sukses, mislukking, welvaart, waardes en moraliteit, oor lewe en dood en oor God en godsdiens.

En met meeste van hierdie innerlike oortuigings skep ons vir ons ‘n werklikheid. Ja, aan die een kant bring dit ‘n gevoel van beheer en insig. Dit laat mens veilig voel en help die samelewing om te funksioneer maar dit sluit ook uit en hou gevange. Maar meestal word dit ‘n beperkende grens; waarbinne mense dan speel en sterf, sonder om ooit ware vryheid te ken.

Heelwat van hierdie grense word deur vrees in stand hou. Dink maar net aan ons vrees vir die onbekende. Hierdie vrees lê mense lam, hou hulle terug en bring mee dat meeste mense nooit sekere grense sal oorsteek nie.

Om hierdie selfgeskepte grense te probeer oorsteek is volgens my die rede van hierwees; van menswees. Dit is die doel van spiritualiteit! Die soeke en motivering van kreatief en sinvol met die lewe omgaan is geleë in die misterie van die menslike behoefte om hom-/haarself beter te ken en om die self geskepte grense te kan oorsteek.

Natuurlik vernietig jy nie ‘n grens as jy dit oorsteek nie, jy verskuif dit eintlik net. Want solank jy leef sal daar grense wees. Daarom gebruik ons die metafoor van die lewe as ‘n reis. Die reis van bekend na onbekend. Nadat jy opgedaag het in die onbekende word dit bekend en begin die reis weer na onbekend. Die horison skuif die heeltyd.

Dit vra egter ‘n bepaalde sensitiwiteit en innerlike krag om grense oor te steek, veral die grense wat jou bang maak. Dit is meestal grense wat te doen het met jou eie godsbeeld en grense rondom jou verstaan van jouself en die werklikheid.

Dit gebeur net as jy die grense wat al vir eeue oorgelewer is en in stand gehou word, identifiseer. Natuurlik is geen grens wat oorgesteek word in isolasie nie, dit beïnvloed vele ander aspekte van jou lewe. Want dit bring jou voor ander grense, grense wat haat, verwydering, veroordeling en misbruik in stand hou. Grense wat dan ook oorgesteek moet word.

As ons egter nie heeltyd besig is om ons grense oor te steek nie, is ons soos die tier in die hok. Gelukkig is daar mense wat vir ons as voorbeeld kan dien, mense wat verskeie grense namens ons almal oorgesteek het. Een van die beste onlangse voorbeelde is Nelson Mandela. Hy het die grens van sy eie vrees, haat, oordeel en woede oorgesteek toe hy besluit het hy kies eerder vir vrede en vergifnis as vergelding. En met die oorsteek van hierdie grens het hy die wêreld geïnspireer om ook dit te kan doen. “For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.”

Een van my helde, die Franse filosoof Albert Camus se woorde sluit kragtig aan by Madiba s’n: “The only way to deal with an unfree world is to become so absolutely free that your very existence is an act of rebellion.”

Kom ons begin ‘n revolusie ... kom ons dink, praat en leef vry van ons eie vooropgestelde vrese, veroordelings en haat. Want sodoende kan ons ‘n brug vir ander word, om eendag grense te kan oorsteek, wat ons dalk nie self kon nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... 3. So, understand that none of these Sumerian revelations needed high science, as you might say they would, but rather only a simple perception that they had, but you do not. It would be like a sightless society stumbling upon one that could see. If the culture had been blind for centuries, it would seem to them amazing to find an ancient one that had sight. In the sightless reality, they had to go and discover what a mountain far away was like, but you could "see" it from a distance! This is a very similar situation: one perception versus another." Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.