Kop & Hart: VREES = WOEDE = BLOED

2012-08-30 09:40

In wat nou alom bekend is as die “Marikana-slagting” – die bloedbad by die Lonmin-myn in die Noord-Wes provinsie, vroeër vandeesmaand – is daar op dié dag 34 stakende mynwerkers deur die polisie doodgeskiet en 78 beseer.

Dit is egter nie die begin of einde van die tragiese gebeure nie. Want reeds in die week voor die slagting het ongeveer drieduisend werkers onwettig gestaak en met wapens soos pangas, kapmesse, stokke en spiese mekaar opgesweep en mekaar se woede aangevuur. Elf mense is in die loop van die week deur die stakers om die lewe gebring. Twee van hulle was polisiemanne wat deur die stakers wreed doodgekap is.

Op die dag van die bloedbad het die kollektiewe woede oorgeborrel en hoewel die polisie die werkers probeer oortuig het om uiteen te gaan, was dit te min en te laat. ‘n Waterkanon is aanvanklik gebruik om die stormende stakers te stuit, maar van die stakers het op die polisie geskiet en daar is met skerppunt ammunisie teruggevuur.

Nadat die stof gaan lê het, het daar oral liggame rondgelê. As die week voor dit se sterfgevalle bygetel word, kom die uiteindelike dodetal te staan op 45 mense. Natuurlik het dit wye mediadekking hier en oorsee gekry. Vingers was oor en weer gewys en die polisie is gekritiseer as niks beter nie as die polisie van destyds, met die Sharpeville en Soweto opstande. Buiten vir die polisie wat hewig gekritiseer is, is daar ook skuld gelê by die regeringsgesteunde Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) en die Vereniging van Mynwerkers en Konstruksie-vakbond (AMCU).

Ander het weer die Lonmin-myn self verwyt, omdat die myn glo nie sy beloftes vir beter werksomstandighede nagekom het nie. Nog ander het gevra waarom is die werkers so oortuig dat hulle kan aandring op ‘n salaris van R12 500 per maand. En daar is genoem van ‘n tradisionele geneesheer wat na bewering die stakende mynwerkers verseker het dat die polisie se gewere nie sou werk nie, as hulle sy muti gebruik.

Dit maak egter nie regtig saak van watter kant jy na die tragedie kyk nie, die feit bly staan dat daar geen onskuldiges in enige sulke tragedies is nie. En soos gewoonlik met sinnelose geweld, dra die vroue en kinders van die oorledenes die meeste verlies en skade. Niemand het hier regtig gewen nie, inteendeel, almal het verloor.

Want die werklikheid, van enige sulke woede wat oorspoel in geweld, is die innerlike realiteit van vrees. En ons sal moet erken dat ons daagliks in Suid-Afrika met soveel vrees leef. En hierdie vrees het in ons harte nes geskrop. En dit lê dormant totdat die regte omstandighede dit laat ontkiem. Kyk maar net die hoë voorvalle van padwoede in ons land.

‘n Studie wat op ‘n stadium namens die kabinet deur die Instituut vir die Studie van Geweld en Versoening onderneem is, het gewys dat 70-80% van moorde in Suid-Afrika beskou kan word as sosiale misdaad. Nie minder nie as 46% van moorde wat gepleeg word, is deur ‘n familielid, vriend of kennis van die slagoffer. Dié persentasie skiet op na 72,9% wanneer dit kom by ernstige en gewelddadige aanrandings, en maak 57% van verkragtings uit. Alles natuurlik aanduidings dat ons diep gewonde gemeenskap is. Mense is bang. Dit laat my altyd aan die woorde van Yoda, een van die fiktiewe karakters in George Lucas se Star Wars films dink: “Fear is the path to the dark side. Fear leads to anger. Anger leads to hate. Hate leads to suffering.”

Want as ons eerlik is, is die Marikana-slagting maar net ‘n simptoom van vele mense se innerlike vrese, woede en haat. En dit is verseker nie net hier by ons in Suid-Afrika die geval nie. Wêreldwyd borrel die innerlike vrese oor. En hierdie vrese vind meestal uiting in woede en haat teenoor ander, deur o.a. rassisme. Dink maar aan die onlangse voorvalle van xenofobie (vreemdelingehaat) hier en regoor Afrika. Of die skietery in Toulouse, Frankryk, waar ‘n man drie Joodse skoolkinders, ‘n rabbi en drie valskermsoldate doodgeskiet het. Sydney, Australië waar baie mense onlangs gesterf het weens bendegeweld. In Colorado, Amerika het ‘n jong student 12 mense doodgeskiet en 58 gewond tydens ‘n Batman-première, en nou ‘n paar dae gelede in New York het ‘n man op omstanders begin skiet. Dan praat ons nie eens van die vele voorvalle van skolegeweld regoor die wêreld nie.

Alles ‘n bewys van die saad van vrees wat binne mense se harte lê. En soos ons nou al weet, skep vrees meer vrees en woede en haat meer van dieselfde. Die enigste kans wat ons hier en wêreldwyd het op enige vrede, is om te begin by die saadjies van vrees, woede en haat wat reeds in ons harte lê. Die spirituele skrywer, Smile Warrior verwoord dit so: “The true Warrior knows that if you have not tamed the enemy of your own anger, combating outer opponents will only make them multiply.”

Daarom is vrede altyd in die eerste plek ‘n innerlike proses.

En hierdie innerlike proses word goed beskryf deur die Zen leermeester Thich Nhat Hanh: “When we look deeply into our anger, we will gain many insights. One of the first insights may be that the seed of anger in us has grown too big, and is the main cause of our misery. As we begin to see this reality, we realize that the other person, whom our anger is directed at, is only a secondary cause. The other person is not the real cause of our anger, we are.” Presies dit wat William Hazlitt ook gesê het met: “Those who are at war with others are not at peace with themselves.”

Die weg na vrede is dus om in die eerste plek te verstaan dat vrees van binne jou oorspoel in jou uiterlike lewe, in die vorm van woede en haat. En dit besoedel alles rondom jou; familie, vriende, en werksverhoudings. Soos ‘n dodelike virus versprei dit tot almal en alles met wie jy in aanraking kom.

Daarom kan ek nie anders as om met Godfrey Reggio saam te stem nie: “I think it’s naive to pray for world peace if we’re not going to change the form in which we live.”

As ons enige kans staan op vrede in ons leeftyd, sal dit wees omdat ons verstaan dat die gif van vrees, woede en haat deur ons versprei word. Prof. Marie Curie verduidelik presies dit met: “Nothing in life is to be feared, it is only to be understood. Now is the time to understand more, so that we may fear less.”

En hierdie verstaan van vrede word onderskryf deur Ralph Waldo Emerson: “Peace cannot be achieved through violence, it can only be attained through understanding.” En hierdie verstaan van onsself as die draer van die siekte, is natuurlik ook om tot die diep insig te kom dat ons die oplossing en genesing van die siekte binne elkeen van ons dra. Ons is letterlik die teenmiddel vir die virus van vrees, woede en haat binne ons en die wêreld.

Dit wat die Christen Vader Thomas à Kempis al eeue terug gesê het: “First keep the peace within yourself, then you can also bring peace to others.” En wat Mahatma Gandhi se bekende woorde ons oproep om te doen: “Be the change you want to see in the world.” En dan kan ons saam met Nelson Mandela droom: “I dream of an Africa which is in peace with itself.”

Transformeer die saadjie van vrees binne jou met eerlike oë. Transformeer dit in ander met eerlike luister en sagte woorde. Word ‘n vredemaker deur insig en sensitiewe aandag te bring na moeilike en komplekse sake. Is dit nie waarheen Jesus, ook genoem die ‘Prins van Vrede’, almal oproep nie? Hy sê: “Salig is die Vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Onthou altyd dat jy en ek moet begin by ons eie wonde voor ons die wêreld kan help met hulle seer. Maar laat ons nie meer tyd mors nie, kom ons begin! Kom ons word die vredemakers wat ons gesin, vriendekring, werksplek en die wêreld transformeer met ons liefde ...

En die heeltyd onthou ons die woorde van Mahatma Ghandi: “There is no WAY to Peace, Peace is the way.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Leendert Van Oostrum sê... Ek was een van die organiseerders van 'n internasionale konferensie (26 lande regoor die wêreld, met gelyktydige tolking in drie tale) wat ons verlede jaar in Berlyn aangebied het. Die interessantste "beperking" van die konferensie was dat nog die konferensie self, nog enige van die organiseerders, moes laat blyk as hulle enige "geloof" aanhang - tensy dit ateïsme of intergeloof was. Dit was nie 'n beperking van die Duitse regering nie, maar dit blyk die "Duitse publiek" en die Duitse media raak vreeslik onrustig en agterdogtig as iemand 'n bepaalde "geloof" bely. (Die organiseerders self het 'n kasarm gelowe en ongelowe, van erg fundamentalistiese Oosblok-Katolieke en Charismatiese Filipyne tot Linkse, Marxistiese Swede verteenwoordig, en wonderlik saamgewerk.) Die situasie in Berlyn het my laat dink aan Spanje onder Ferdinand en Isabella, waar niemand kon erken hy is 'n Jood nie, Nederland in die Tagtigjarige Oorlog waar baie mense nie kon waag om te erken hulle is Protestant nie, Engeland onder Cromwell en ander, waar niemand kon erken hulle is Katoliek nie, ens. ens. ens. Alles weens politieke, en nie godsdienstige oorwegings nie. Hier verklaar Dr Pienaar dat enigeen wat beweer daar is 'n "reg" en "verkeerd" die wêreldvrede bedreig. Gewetensvervolging het vele vorme. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.