Kop & Hart: Vertrekpunte vir oop debat

2012-10-11 12:25

Ek is die laaste week oorval met oproepe, e-posse en smse in reaksie op my poging tot die skryf van ‘n geloofsbelydenis. Ek het reaksie gekry van selfs mense uit Australië, Frankryk, Engeland, Nederland en Amerika. ‘n Klomp ondersteunende kommentaar en natuurlik ook heelwat mense wat verskil van my sienings. Alles vir my positief, omdat ek ‘n voorstaander is van oop gesprek.

En omdat ek voel dat geen mens finale en altyd geldende uitsprake oor God en godsdiens kan gee nie, was dit juis vir my verblydend om te sien dat meeste van my korrespondente oop, eerlik en akkommoderend in hulle beredenering was. Die een saak wat egter uitgestaan het in die gesprekke was dat baie wou weet wat presies ek (én my kollegas, Flip Schutte en Piet Muller) vir die mense wat na Renaissance spirituele gemeenskap se byeenkomste kom, dan nou presies leer en sê.

Daarom het ek dit goedgedink om ons kernwaardes of soos ons dit noem, ons vertrekpunte deur te gee. Ons noem dit juis vertrekpunte omdat dit beskou moet word as voorlopig en nie as finale waarhede nie.

Renaissance wil altyd ‘n veilige ruimte wees, wat ‘n alternatief skep vir eerlike spirituele reisigers, maar is ook terdeë bewus van die feit dat dit ‘n reis is en daarom dat Renaissance nie ‘n destinasie of bestemming kan wees nie. Ons poog dus om reisigers te begelei, te ondersteun en aan te moedig om wanneer hulle gereed is weer voort te reis. Ons missie word dus juis goed opgesom binne die omskrywing: vertrekpunte.

Hierdie vertrekpunte is breë riglyne waarbinne ons onsself soek en tydelik vind. Natuurlik stel ek myself, my kollegas en Renaissance as gemeenskap hiermee bloot, maar gelukkig weet ek ook dat ons almal streef na ‘n vrydenkende, eerlike en oop eietydse spiritualiteit. Lees daarom gerus deur Renaissance se vertrekpunte en word deel van die oop religieuse debat wat dit ontlok. ‘n Debat waarsonder die wêreld nie vrede sal ken nie.

Want wêreld vrede is nie moontlik, as daar nie tussen godsdienste vrede gevind kan word nie.

VERTREKPUNT 1

Ons staan in verwondering en eerbied voor ‘n groot en onpeilbare Geheim wat ons die goddelike noem, nie bevatlik in enige mensewoord of formule nie.

Ons voorneme is dus om nooit ‘n afgod te maak van enige leerstelling oor of van die goddelike nie. Alhoewel ons bewustelik vanuit die Christelike tradisie – in sy breedste sin – werk, is ons oop en verdraagsaam teenoor alle religieuse tradisies en die menslike gemeenskap van alle tye en kulture.

VERTREKPUNT 2

Ons aanvaar die solidariteit met alle lewende wesens; daarom dra ons ‘n verantwoordelikheid teenoor mekaar, die natuur en ons omgewing – wat soos die kosmos groei en ontwikkel.

Ons voorneme is dus om aktief ons medemense te help in tye van nood en rampe, en om vir die minderbevoorregtes, swakkes en weerloses te sorg en op te staan. Hiermee saam om te veg vir die behoud en sorg van ons diere, plante en hulpbronne.

VERTREKPUNT 3

Ons is oortuig van die ewewaardigheid en gelykheid van almal (geslagte, generasies, rasse, ens.) en ook hulle oortuigings. Elkeen het sy eie kundigheid, gawes en persoonlikheid, maar geen een is beter as ‘n ander. Elke mens het die unieke bydrae van elkeen nodig om te oorleef.

Ons voorneme is dus om nie eng aan ons huidige sienings vas te klou nie. Ons het waardering vir die Bybel en ander religieuse geskrifte. Maar soos enige menslike kennis en insig tydsgebonde en voorlopig is, so ook is religieuse wete voorlopig en gebrekkig; dus is daar geen absolute gesag aan enige geskrif of belydenis nie (ook nie hierdie een nie).

VERTREKPUNT 4

Ons leef in hierdie wêreld, ons leef nou en ons streef om sin aan ons bestaan te gee deur ‘n eietydse spiritualiteit; wat oop, krities-waarderend en saamwerkend is t.o.v. die algemene samelewing, kultuur, wetenskap en die resultate daarvan, soos dit met tyd verander en groei.

Ons voorneme is dus om waarheid in die lewe self te vind en om daarna te streef om lewenslank die lewe in en rondom ons elke oomblik waar te neem, sodat ons daaruit kan leer en geestelik bly groei.

VERTREKPUNT 5

Ons volg Jesus as voorbeeld en leermeester na. Daar is egter ook vele ander voorbeelde en leermeesters waarvoor ons oop is om by te leer. Hulle almal is vir ons ‘n simbool tot ons verbondenheid en eenheid met die goddelike.

Ons voorneme is dus om nie ons opvattings aan ander op te dwing nie, ons is vasbeslote om niemand – nie eens ons kinders – te dwing om ons opvattings te aanvaar nie – hetsy deur gesag, indoktrinasie of propaganda.

 Ons sal eerbied hê vir ander se reg om anders te kies en te besluit as ons. Sover dit binne ons vermoë is, sal ons deur ons voorbeeld en deur liefdevolle dialoog ander probeer help om ook die voorbeeld van Jesus se liefde, vergifnis en nederigheid na te volg.

VERTREKPUNT 6

Ons lê klem op die kwaliteit van ons praktiese lewe: individueel en sosiaal; en neem krities-konstruktief deel aan alle sosiale prosesse in die gemeenskap. Ons kies vír goed en téén kwaad, en besef dat ons verantwoordelik gehou word vir die gevolge van ons keuses.

Ons voorneme is dus om ons eie motiewe altyd eerste te ondersoek en indien ons woede en haat daar vind dit te hanteer en te transformeer deur liefde. Sodat ons met medelye na ons self kan kyk en ook na ander van wie ons vermoed dat hulle vir ons woede verantwoordelik is. Want ons weet dat woede en haat kommunikasie verhinder en lyding in verhoudings en in die gemeenskap veroorsaak.

VERTREKPUNT 7

Ons weet dat niemand hierdie oortuigings alleen kan uitleef nie, en afhanklik is van sy medemens. Elkeen is vir almal kosbaar en liefde en vriendelikheid bind ons saam.

Ons weet dat alle mense, net soos ons, gelukkig wil wees en lyding wil vermy.

Ons voorneme is dus om met mekaar die lewe met vreugde en vrede te vier, maar om nie ander wat ly te vermy of ons oë vir hul lyding te sluit nie en om te help om lyding te verminder. Ons is daartoe verbind om maniere te vind om met diegene te wees wat ly en hulle sodoende te help om hul lyding te omskep in medelye, vrede en vreugde.

My hoop is dat hierdie vertrekpunte mense sal help om deel te word van die groter gesprek. En soos in die woorde van my kollega Flip Schutte ons uiteindelik mekaar sal help om: “...die diversiteit van idees te vier, eerder as om te oordeel omdat dit van joune verskil.”

Vrede!

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
227 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 11-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Showers late. Morning clouds. Mild. PE: 11-20°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!