Kop & Hart: Viva die revolusie, viva!

2012-09-27 13:13

Die afgelope tyd voel dit vir my of die wêreld op sy kop gekeer is. Koerante en televisiebeelde wys betogende massas regoor die wêreld. Mense is kwaad. Hier in Suid-Afrika maar ook in die strate van Nigerië, Libië, Egipte, Pakistan, Afghanistan tot in China, orals sien ons woedende en ongelukkige mense.

Is daar enigsins ‘n antwoord op al hierdie uiteenlopende krisisse? Is ‘n vredevolle samelewing, hier en wêreldwyd, enigsins moontlik? Hoe sou ‘n meer menslike samelewing lyk, wat in harmonie leef? Is dit ooit vir ons moontlik om meer gelyk en menslik te leef?

Waarom kon ons dit dan nog nie regkry om meer menslike samelewings tot stand te bring nie? Ten spyte van die vooruitgang op vele vlakke, soos onder meer op tegnologiese gebied, wat meer kontak tussen mense bring en die wêreld kleiner en meer deursigtig maak, vorder ons blykbaar nie veel as mensliker mense nie.

In Time Magazine skryf een van die VSA se vorige presidente, Bill Clinton die volgende: “Our world is more interdependent than ever. Borders have become more like nets than walls, and while this means that wealth, ideas, information and talent can move freely around the globe, so can the negative forces shaping our shared fates. There are three big challenges with our interdependent world; inequality, instability and unsustainability. The fact that half the world’s people live on less than $2 a day and a billion people on less than $1 a day is stark evidence of inequality, which is increasing in many places. We’re feeling the effects of instability not only in the global economic slowdown but also in the violence, popular disruptions and political conflicts in the Middle East and elsewhere...”

En hy is reg, ons wêreld sal sonder vrede wees solank die helfte van die mense op dieet is en die ander helfte honger ly. Maar nog meer as dit, is ‘n groot deel van die onrus en opstande tans ‘n uitvloeisel van diskriminasie, ongelykheid, rassisme, seksisme, korrupsie, selfverryking en vrees, iets waarmee biljoene mense daagliks moet saamleef. Is dit nie hartseer dat soveel mense (veral vroue en kinders) sonder enige menswaardigheid moet leef nie?

Wat het verkeerd geloop? Het ons die menslike natuur nog altyd verkeerd gelees? Het ons die wisselwerking tussen individu, samelewing, geloof en natuur dan nog altyd misverstaan? Moet ons ons voorstelling van wat ons altyd gedink het is ‘n ideale samelewing, eerder hersien en ons vir ‘n heel ander soort toekoms voorberei? Hoekom het godsdienste mense nie sagter, liefdevoller en meer medemenslik gemaak nie? Die teenoorgestelde lyk eerder waar.

Hierdie vrae het my laat terugdink aan hoe die mensdom deur die eeue in tye van krisis hulself begin bevraagteken het. Dink maar aan die denkskuiwe tydens die klassieke Renaissance; dit was grootliks Christelik van aard en is gevoed deur die herontdekking van die Griekse en Latynse wysheid.

Dan die Verligting van die agtiende eeu wat in wese sekulêr was; hier het die menslike rede sentraal begin staan en die geloof in die mens se vermoë om sy eie heil uit te werk het hoogty gevier. In hierdie tyd was die groot denkskuiwe eintlik maar gevorm rondom die drang na bevryding van enige oorheersing (veral kerklik en polities).

Hierdie humanistiese sienings is egter wreed deur die twee wêreldoorloë van die twintigste eeu onderbreek.

Dit is daarom weer sulke tyd. Revolusie tyd! Ons moet begin soek na ‘n nuwe model vir ‘n nuwe samelewing. Want sekerlik is ons weer in krisistye! Ja dit is ‘n moeilike en komplekse saak, maar ek vermoed dat Albert Einstein reg was toe hy gesê het: “We cannot solve the problems with the same thinking that created them.” Daarom het ek begin wonder oor hoe sou ons sonder die “ou denke” vorentoe kon dink.

Kortliks sou ek die volgende drie riglyne vir hierdie revolusie voorstel:

Antropo-sentries na bio-sentries


Ons sal moet wegbeweeg van ons uitsluitlike vertroue op die rede en ons arrogante aanname dat die mens self die wêreld kan verander. Want kom ons wees eerlik, ons as mens het die grootste aandeel in die krisis waarin ons onsself tans bevind, veral ons selfsug, gulsigheid en arrogansie dat ons geloof of denke die enigste regte een is.

Daarom sal ons ernstig moet wegbeweeg van die siening dat die mens die middelpunt van alles is – asof die mens die maatstaf is waarteen alles gemeet word. Die tipiese Bybelse siening van die mens, soos dit in Genesis aangeteken is, “...toe het God gesê: Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip,” is verseker uitgedien.

Dit is tyd dat die mensdom sal moet begin verstaan dat die natuur, die fisiese omgewing en ander vorme van lewe nie daar is ten dienste van die mens nie. Nee, as ons enigsins ‘n kans op oorlewing wil hê sal ons fokus moet skuif, van die mens na die lewe self – wat sommige as die verskuiwing van “antropo-sentriese” na “bio-sentriese” denke beskryf. Want wat veel nader aan die waarheid is, is dat die mens deel is van ‘n veel meer omvattende netwerk van lewe.

Daar is verseker geen middelpunt van waaruit die geheel regeer kan word nie. Inteendeel – die mens se bestaan en voortbestaan is ten nouste gekoppel aan die voortbestaan van die natuur, die fisiese omgewing en natuurlik alle ander vorme van lewe. Nie waar nie?

Nie: Weste teen Ooste nie – Weste én Ooste

Hoe belangrik die historiese bydrae van die Weste tot die ontwikkeling van die mensdom nou ook al was, die Weste kan nie meer die uitsluitlike bron en vanselfsprekende maatstaf wees van wat as menslik en menswaardig beskou word nie. Ook ander gemeenskappe, byvoorbeeld in Afrika, Asië, en Suid-Amerika, het wonderlike tradisies (skriftelik of mondeling) oor wat dit beteken om mens te wees, oor grondwaardes en oor hoe menslike gemeenskappe behoort te funksioneer. Dink maar aan die Ubuntu-filosofie van Afrika.

Meer nog, daar sal ernstig gekyk moet word na sowel sekulêre as religieuse bronne en ook na wysheids tradisies wat tot dusver selde oorweeg is. Daarby sal die ingesteldheid eerder moet wees op wat elke tradisie vir ons kan leer, eerder as op watter tradisie, kultuur of godsdiens reg of verkeerd is.

Ons sal moet holisties dink. Nie net filosofiese en etiese aspekte moet in ag geneem word nie, ook biologiese, psigologiese en sosiologiese dimensies van menslike gedrag en menslike gemeenskappe sal ernstig bedink moet word. Daar is natuurlik geen universele of tydlose antwoorde nie – elke geslag is verantwoordelik om self te ontdek, dink en doen.

Dialogies en deelnemend

Die tyd is verby dat ‘n spesifieke opvatting van die mens en van die menslike samelewing aan ander opgedwing word en enigiemand se stem stilgemaak kan word. Hiervan is die opstande en kollektiewe woede tog ‘n duidelike voorbeeld. Dit is juis vanweë die komplekse aard van ons tydvak en van die diversiteit wat die wêreld tans kenmerk, dat ons sal moet besef dat slegs deur vrye uitruil van idees, insigte en voorstelle, ons vooruitgang en vrede sal kan bewerk.

En met hierdie vrye uitruil van idees en insigte word daar natuurlik bedoel dat daar met respek na mekaar geluister moet word. Geen magspeletjies meer nie, die voortbestaan hang af van die nuwe manier van dink en doen – die revolusie. Die gees waarin hierdie revolusie sal moet plaasvind is verwoord in die Sufi-digter Rumi se woorde: “Since in order to speak, one must first listen, learn to speak by listening.” En met luister word nie net bedoel wat ons as mense te sê het nie; ook wat sê die natuur, diere en plante.

Die tyd is hier, die plek is nou en jý is die een ... die revolusie het begin. Viva die nuwe revolusie, viva!

Smile Warrior: “A country living in harmony with its inner smile builds trucks and tractors. A country in disharmony builds tanks and guns.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
81 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 14-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!