Kop & Hart: Waarheen jaag jy?

2013-01-24 15:23

Ek wonder of die pasversnelling wat so kenmerkend van ons wêreld geword het, enigsins volhoubaar is?

Gaan mense kan aanhou om alles beter en vinniger te doen? En sal die moderne mens kan aanpas by al die nuwe probleme en uitdagings wat hierdie vinnige lewe op hulle psige en liggaam het? Sal ons sinvolle oplossings kan vind vir die tipiese uitbranding-simptome van mense wat dit nie meer kan volhou nie?

Kyk maar net hoe baie mense hulle kreatiewe dryfkrag en passie vir die lewe verloor. Hierdie vinnige pas maak ons fisies siek en bring ’n wanbalans in ons verhoudings en lewensuitkyk.

Die skrywer van die boek, In Praise of Slow, Carl Honoré omskryf dit so: “It seems to me that we are moving towards an historical turning point. For at least 150 years everything has been getting faster and for the most part speed was doing us more good than harm in that time. But in recent years we’ve entered the phase of diminishing returns. Today we are addicted to speed, to cramming more and more into every minute. Every moment of the day feels like a race against the clock, a dash to a finish line that we never seem to reach. This roadrunner culture is taking a toll on everything from our health, diet and work to our communities, relationships and the environment.”

Dit is duidelik, ons moet dit stadiger vat. Ons sal moet doelbewus ’n stadiger pas aanleer. Om dit reg te kry sal ons die onnodige en oortollige dinge in ons lewens moet herken en uitsny. Ons sal moet leer fokus op die essensiële dinge wat saak maak. ’n Keuse vir ’n  lewe wat voorsiening maak vir balans.

Dit is natuurlik nie so maklik soos dit klink nie. Want meeste van ons het verleer om regtig te kan onderskei tussen wat is regtig noodsaaklik en wat is net lekker om te hê. In ons wêreld van massaproduksie en materialisme het meeste van ons die vermoë om te kan onderskei ongelukkig verloor.

Daarom dink ek ’n  goeie plek om te begin, is om jou pas stadiger te maak. Dit sal jou dwing om te kies. Want teen ’n stadiger pas kan jy nie meer alles inpas in jou dag nie.

Jy sal moet kies vir kwaliteit in plaas van kwantiteit. Jy sal moet besluit waarop gaan jy fokus. Om meer tyd te spandeer aan minder, eerder as meer dinge te doen maar oppervlakkig en vinnig daaroor te gaan.

Natuurlik is ’n stadiger lewe nie net iets wat jy uiterlik doen nie, nee dit gaan in die eerste plek oor jou ingesteldheid teenoor die lewe. Jy moet eers verstaan waaroor lewensgeluk en lewensin werklik gaan.

En waaroor gaan dit? Om bewustelik, teenwoordig en gelukkig in harmonie met jou omgewing en medemens te kan leef. Nie waar nie? En om ’n sinvolle impak te kan maak. M.a.w. nie net te bestaan nie maar werklik te lewe.

En soos ons almal weet, kan jy slegs ’n sinvolle impak hê op jou lewe, verhoudings, werk, gesondheid as jy werklik teenwoordig is. En daarvoor het jy nodig om rustiger en kalmer te wees.

“The latest neuroscience shows that when people are in a relaxed state, the brain slips into a deeper, richer, more nuanced mode of thought. Psychologists actually call this Slow Thinking. Artists have always known that you cannot hurry the act of creation and increasingly businesses are realizing the same thing: that workers need moments to relax, unplug, be silent in order to be creative and productive” – so beskryf Honoré dit verder in sy boek.

Daarom is dit van die uiterste belang dat ons meer tyd sal maak vir stilte, rus, lag, kuier, speel en net wees. Meer nog, dit is lewensbelangrik.

Daarom seker dat die woorde van St. Francis de Sales vir my so kragtig en relevant is: “Never be in a hurry; Do everything quietly and in a calm spirit. Do not lose your inner peace for anything whatsoever, even if your whole world seems upset.”

Hierby sluit die Franse filosoof Frédéric Gros aan as hy skryf oor die waarde van stap. Hy noem dit “filosofie van wandel.” Gros skryf van die Griekse filosowe wat onderrig gegee het terwyl hulle heen en weer geloop het, met die studente agterna.

Dit laat my ook dink aan Rousseau se lang wandelinge op sy oudag, sonder enige doel, sommer net. Ook die Duitse filosoof Nietzsche, wat blykbaar nét kon dink terwyl hy wandel, ure elke dag. Van die Franse digter Rimbaud, en Kant se daaglikse roetine om te gaan stap. Mahatma Gandhi se epiese staptogte en Thoreau, wat in die wildernis gaan stap het en sy diepste skryfwerk daar sou doen.

Alles voorbeelde van wat gebeur met die mens se psige as hy stadiger begin leef, waarvan stap ’n sinvolle hulpmiddel is. ’n Lewe van tyd maak. Nêrens heen haastig nie.
’n Lewe van bewus word, inneem, verwonder, núút leer sien, lewe ... lewensgeluk.

Daarom, maak nou ’n bewustelike keuse om elke dag ten minste tien minute in stilte iewers by jouself te sit. En om elke dag ’n draaitjie te gaan loop, al is dit net om die blok.

Doen dit elke dag, en ek belowe jou, jou lewe sal meer sin bykry as wat ’n  oorsese vakansie ooit sal kan doen!

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
316 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Rip van Winkel sê... Leendert van Oostrum, Om evolusie te bevraagteken help soveel as melk ‘n bul. As julle iets wil bevraagteken, volg die voorbeeld van die Israeli argeoloog prof. Israel Finkelstein en bevraagteken die historiesiteit van die Bybel. Ongelooflike baie tyd is al vermors in die pogings om die historiese egtheid van die Bybel te bevestig, omdat geleerdes en teoloë te eiewys is om astrolatrie te oorweeg -of miskien is daar te veel geld, ego’s en beroepe op die spel? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.