Kop & Hart: Waarskuwing!

2012-08-10 10:40

Wanneer iemand aan jou deur klop, en hom- of haarself verklaar as die antwoord op al jou vrae en gebede, klap die deur so vinnig as moontlik toe.

Want soos die ou Zen koan ons waarsku: “When you meet the Buddha on the road, kill him!” moet elkeen van ons baie versigtig wees vir enigiemand wat vir ons antwoorde en redding kom belowe. En ja, daar is baie sogenaamde leermeesters en messiasse wat met beloftes van redding, finale antwoorde en hoop te koop loop.

Die hartseer werklikheid is egter, dat die oomblik wat jy jou vertroue op so ‘n iemand, oplossing, idee, ideologie of godsdiens sit, jy daarmee saam ook jou vryheid, kreatiwiteit en innerlike krag weggee. Jy verstil daarmee jou eie wysheid en stem, en word afhanklik en ‘n slaaf van iets of iemand anders se wil en waarheid.

Harvey Fierstein roep ons op om dit nie te doen nie: “Accept no one’s definition of your life: define yourself.” Daarmee herinner hy ons net weer dat niemand anders jou regtig kan help met jou lewe nie, die meeste wat enigiemand kan doen is om vir jou ‘n spieël te wees; sodat jy jouself weer kan raaksien. Dit is wat Carl Gustav Jung ook probeer sê het met: “We meet ourselves time and again in a thousand disguises on the path of life.”

‘n Wyse leermeester is daarom iemand wat verstaan dat insig en antwoorde slegs deur self-insig gevind word. Daarom verstaan ‘n wyse leermeester ook dat hy of sy nooit enige oplossings en antwoorde vir enigiemand anders kan gee nie, en dat daar eintlik nie so iets is soos ‘n leermeester nie. Op die meeste net ‘n gids wat jou op ‘n spesifieke tyd op jou lewensreis kan bystaan, ondersteun en aanmoedig.

Want vele stemme buite jou verdoof die stil stem van wysheid, binne jou. En daardie stem is reeds van geboorte daar, ja selfs voorgeboorte. En al gaan jy deur ‘n dal van dood en pyn, en swaar en donker tye gooi ‘n lang donker skaduwee oor jou lewe, skyn die oplossings en antwoorde helder binne jou. Joseph Campbell sê dit so mooi: “Where you stumble, there lies your treasure.”

Daarom neem asseblief die volgende waarskuwing ter harte, my vriend:

Wees gewaarsku teen enigiemand wat hulle waarheid op jou probeer af forseer as die enigste waarheid.

Wees versigtig vir enigiemand wat met kategorieë soos "in" en "uit" werk. Wat dinge sê soos die wat "in" is, is gered en die wat "uit" is, is dom en verlore.

Vlug weg van enigiemand wat praat van volgelinge in plaas van vriende; iemand wat hom- of haarself bó ander beskou.

Oppas vir enigiemand wat meer belangstel in hulle eie idees en produkte (soos boeke, DVD’s, kursusse en klein koninkrykies) as in mense.

Vermy enigiemand wat te koop loop met hoop.

En meer as enigiets anders, onthou altyd die verskil tussen slim en wys. Die wat slim is sê: Ek wil die wêreld verander. Die wat wys is sê: Ek wil myself verander!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
112 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Thys Human sê... Toemaar, Cathy, dit gaan geklukkig nie oor godsdiens nie! Maar dankie vir die saamstem en die bevestiging van wat ek probeer se^. Maar kyk gerus onderkant toe. Daar praat ek oor godsdiens. Kans om weer bietjie balans in ons "verhouding" te bring! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.