Kop & Hart: Wat bepaal goeie waardes?

2013-01-31 16:31

Is die mens goed of sleg?

Natuurlik soos met enigiets, hang dit net af vir wie jy vra. Vra jy byvoorbeeld vir ‘n Christen, Moslem of Ortodokse Jood sal die antwoord wees – die mens is inherent sleg.

En daarom is verlossing so nodig, en ook het die mens duidelike riglyne nodig om ‘n goeie lewe te leef. Sonder godsdienstige wette en riglyne, so glo hulle, sal mense altyd kies vanuit hulle sondige natuur.

Want sien, omdat die mens inherent sleg is, het die bose so ‘n groot aantrekkingskrag. Daarom is bekering, suiwering en reiniging so ‘n kern beginsel binne die bogenoemde godsdiens tradisies.

Aan die ander kant is meeste van die sg. Oosterse tradisies eerder van mening dat die mens inherent goed is. En die rede vir die bose dinge wat die mens wel doen, is volgens hulle, omdat die mens vergeet het wie hy werklik is. Daarom praat die Oosterse tradisies eerder van ‘wakker word’ en ‘verligting bereik’ as ‘tot bekering kom’ of ‘sonde belydenis’.

Die Oosterse tradisies sê dus dat die ‘goeie’ reeds teenwoordig is, mense het net vergeet dit is daar. En omdat mense los van hulle oorspronklike goedheid begin lewe het, het hulle slawe geword van hulle begeertes en drange. Marianne Williamson beskryf dit so, “In our natural state, we are glorious beings. In the world of illusion, we are lost and imprisoned, slaves to our appetites and our will to false power.”

Die vraag wat hieruit voortvloei is natuurlik, so waar kom waardes en deugde dan vandaan? Is dit iets wat binne ons is (Oosterse tradisies) of is dit iets wat van buite ons kom (Westerse tradisies) en aangeleer moet word?

Kom ons ondersoek bietjie hierdie saak.

Die Griekse filosoof Aristoteles (384-322 vC) het in baie van sy werke geworstel met die vraag, 'hoe word iemand ‘n goeie mens?". Sy konklusie was dat jy word ‘n goeie mens deur goeie mense dop te hou, “If we want to know what it means to be just or temperate or brave, we should study those persons to whom we attribute these virtues.” Hiermee saam het hy gesê dat jy die gedrag dan moet inoefen, “Anything that we have to learn to do we learn by the actual doing of it: people become builders by building and instrumentalists by playing instruments. Similarly we become just by performing just acts, temperate by performing temperate ones, brave by performing brave ones.”

‘n Duitse filosoof, Immanuel Kant (1724-1804) het dit egter anders verstaan. In sy Groundwork of the Metaphysics of Morals skrywe Kant dat anders as wat Aristoteles gedink het, mense ‘n innerlike vermoë het om te kan kies tussen wat goed is of sleg. Volgens Kant het elke mens wat by sy volle positiewe is, die vermoë om selfstandig op te tree. Hy noem dit “autonomy”. “What, then, can freedom of the will be other than autonomy, that is, the will’s property of being a law to itself?”

Wat Kant hiermee bedoel het was dat elke mens die vermoë het om te weet wat is goed en wat is sleg. Niemand hoef jou dit te leer nie. Die redenasie van godsdienstiges dat die wêreld sou verval in ‘n chaos van immoraliteit is dus volgens Kant glad nie waar nie. “For autonomy, the human capacity to direct one’s life and actions in accordance with self-determined principles is the most important moral value.”

Hy gaan verder en sê dat meeste mense egter lui is en dat hulle inkoop op die idee dat ander mense of godsdienste beter weet en daarom slaafs nagevolg moet word.

Kant noem dit “heteronomy”.

Kant sê dat meeste mense inkoop op “heteronomy”. Hoekom? Want dan hoef hulle nie verantwoordelikheid te neem vir die gevolge van hulle keuses nie. Iemand anders kan die skuld dra!

Kant sê dat meeste mense kies vir ‘n eksterne lokus van kontrole in plaas daarvan om vanuit ‘n interne lokus van kontrole te leef. Sodra jy verstaan dat jy vir jouself mag dink en jou lokus van kontrole kan skuif van buite na binne, begin jy dit ook raaksien in ander wie dit doen. Dan kan Aristoteles ook reg wees ... want sodra jy ander hulle waarheid sien leef, gebeur daar iets binne jou.

As ek na my eie lewe kyk, is my waarneming dat nadat ek my Christen geloof verlaat het, ek nie noodwendig my integriteit verloor het nie. So, moreel gesproke het godsdiens eintlik niks verander aan my waardesisteem nie.

Hiermee saam ken ek ook baie mense wat aan geen godsdiens of geloof behoort nie, en wat van die mees edele waardes in hulle lewens handhaaf. Net so ook, is daar baie godsdienstige mense wie se waardesisteem so onbeduidend is dat dit nie eers in hulle lewens sigbaar is nie.

Dat waardes verseker nie net te danke is aan uiterlike wette of godsdiens nie, is tog voor die hand liggend. Daar is baie faktore wat ‘n rol speel in die vorming van ‘n mens se waardesisteem. Dink maar net aan ‘n paar voorbeelde soos DNA, kultuur, omstandighede, beïnvloeding deur rolspelers: ouerhuis, die skool, die samelewing waaruit jy kom. En ja verseker speel godsdienstige indoktrinasie ook ‘n rol daarbinne, maar verseker nie die enigste nie.

“Human well-being is not a random phenomenon. It depends on many factors – ranging from genetics and neurobiology to sociology and economics,” so skrywe die Amerikaanse neuroloog Sam Harris in sy boek, The Moral Landscape. Ek stem natuurlik heelhartig met hom saam. Hy gaan verder en sê dat godsdiens, volgens hom, in ‘n groot mate eintlik gefaal het as waardeskepper:

“The problem with religious morality is that it often causes people to care about the wrong things, leading them to make choices that needlessly perpetuate human suffering. Consider the Catholic Church: This is an institution that excommunicates women who want to become priests, but it does not excommunicate male priests who rape children. The Church is more concerned about stopping contraception than stopping genocide. It is more worried about gay marriage than about nuclear proliferation. When we realize that morality relates to questions of human and animal well-being, we can see that the Church is as confused about morality as it is about cosmology. It is not offering an alternative moral framework; it is offering a false one.”

Kom ons wees eerlik met mekaar, waardes bestaan verseker buite godsdienste om, so miskien het die Oosterse tradisies met hulle “ons is inherent goed,” ‘n punt beet.

Want my waarneming is dat meeste waardes eintlik veel ouer is as enige uiterlike wette of godsdienste. Dink maar aan die voorbeeld van die ‘goue reël’, naamlik ‘Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.’

Dis tog voor die hand liggend dat geloofstradisies dit bloot oorgeneem het; en toe ‘in-vertaal’ het binne hulle eie oortuigings en dit so deel gemaak van hulle geïnstitusionaliseerde sisteem.

So, of jy nou aan ‘n spesifieke godsdiens behoort of nie, dit kan jou nie keer om respek te hê vir ander mense of vir die lewe nie. Dis nie godsdiens of wette wat maak dat jy liefde hoër ag as haat, of dat nederigheid vir jou ‘n beter deug is as hoogmoed nie, of dat geregtigheid vir jou belangriker is as onregverdigheid nie.

Selfs jou spirituele groei vind nie net binne ‘n godsdiens tradisie plaas nie, maar is soos moraliteit ook gesetel binne jouself. Die Duitse digter en skrywer Hermann Hesse (1877-1962) beskryf dit akkuraat as hy sê: “There is no reality except the one contained within us. That is why so many people live such an unreal life. They take the images outside them for reality and never allow the world within to assert itself.”

Uiterlike wette, reëls, belonings en strawwe is dus eintlik net ‘n verwysingsraamwerk, rigtingwyser, metafoor en simbool wat na jou eie innerlike waarheid wys. Seker daarom dat Hesse so sterk gevoel het dat “The true vocation of man is to find his way to himself.”

Is elkeen se "oorspronklike goedheid" nie geanker in die waarheid van liefde nie?

Godsdiens kon ons dalk in die verlede gehelp het om deugde en waardes beter te verstaan omdat dit in die kerk so aan ons verduidelik was, maar dit was nooit die kerk se alleenreg of skepping nie. Die byvoeglike naamwoord van “Christelik” of “Moslem”, as voorbeeld, in die term “waardes” sê eintlik ook mooi niks, want nie een morele waarde is eie of uniek aan enige spesifieke godsdiens nie.

‘n Goeie en sinvolle samelewing is dus ‘n samelewing waarin die innerlike werklikheid uitvloei in uiterlike deugde en waardes soos: liefde, deernis, medemenslikheid, verdraagsaamheid, oopheid, vertroue, kreatiwiteit, die skepping van welvaart, vriendelikheid, regverdigheid, en ander klassieke menseregte wat die ideaal is van ‘n vreedsame demokrasie.

‘n Morele lewe, kan dus opgesom word as ‘n lewe in lyn met jou innerlike waarheid. Meer nog as ‘n innerlike en uiterlike wat in lyn is – of in Mahatma Gandhi se woorde, “...when what you think, what you say, and what you do are in harmony.”

Moraliteit is ‘n eerlike en innerlike oortuiging wat eerlik en openlik geleef word. En elkeen moet self die keuse maak. Niemand kan vir jou instaan of namens jou dit doen nie, selfs nie enige offers van sogenaamde gode nie. Jy moet kies. Jy moet dit leef.

Miskien is Mahatma Gandhi se woorde ons beste waardewyser: “I reject any religious doctrine that does not appeal to reason and is in conflict with morality.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
318 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 12-22°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Showers early. Morning clouds. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-23°C Morning clouds. Mild. PE: 8-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!