Kop & hart: Deeltjie van God of God van deeltjie?

2012-07-19 14:40

Na aanleiding van die nuutste ontdekking rakende die sogenaamde Higgs-boson of “god-partikel” wat tydens die LHC-eksperimente in Frankryk/Switserland gevind is en tans wêreldwyd opslae maak, word daar nou weer sterk bespiegel oor die dieper betekenis daarvan vir die mensdom.

Vrae soos: Wat is die betekenis van hierdie ontdekking vir die mens se voortbestaan? Wat beteken dit vir gelowiges? En vir wetenskaplikes? En hoe raak dit die gesprek tussen geloof en wetenskap veral oor die bestaan van God, evolusie en die oerknal (Big Bang)?

Vir eers, wat is die Higgs-boson of “God-partikel of -deeltjie”? Eerstens moet ons net weer vir mekaar sê dat die benaming “God-deeltjie” nie ‘n wetenskaplike benaming is nie. En ook dat dit nie noodwendige bewys dat “God” bestaan of nie bestaan nie. Wat ook al ons dit noem, die vraag bly, waarna verwys hierdie ontdekking? Wel as ek ‘n verduideliking kan waag, sal ek sê, die “deeltjie” waarvan gepraat word verwys na dit wat teoreties verantwoordelik is vir massa in ons kosmos. Daarsonder sou ’n oerknal – wat bereken word 15 miljard jaar gelede in die allerkleinste fragment van ‘n sekonde gebeur het – en die steeds uitdyende kosmos, nie kon bestaan nie. Want sonder die “God-deeltjie” sou daar nie swaartekrag gewees het nie en sou alles uitmekaar gespat het teen ‘n ongelooflike spoed. Meer nog, dan sou ons en alles wat ons vandag ken as lewe, nie kon bestaan nie.

Hierdie ontdekking is dus ‘n belangrike skakel in die verstaan van hoe alles werk (of soos dit ook bekend staan, die “Theory of Everything”). Byvoorbeeld die hele verstaan rondom donker-materie kan dus nou vinniger uitgepluis word. Hierdie ontdekking bevestig natuurlik dat die standaardmodel waarmee die fisika die afgelope 45 jaar gewerk het, toe wel korrek was. Dit sluit in die oerknal, swaartekrag, Einstein se relatiwiteitsteorie en vele ander wetenskaplike teorieë.

Dit maak ons weer bewus van die bereidheid van die wetenskap om eerlik te bly soek na die waarheid. Al beteken dit dat nuwe inligting ou “waarhede” as vals kan bewys.

Maar meer as dit, wys dit weer vir ons dat voortdurende vrae en bereidheid om te bly soek ons wel help om meer sinvol met ons werklikheid om te gaan. Dit laat my dus net weer met die besef hoe waar die woorde van die wetenskaplike Bernard Haisch is, “The new path must be one that leads to spiritual wisdom on a road paved by scientific knowledge.” Want eintlik het die mens geen ander geldige model van soeke en ontdekking nie.

Dit is ook seker daarom dat Carl Sagan gesê het, “Science is a way of thinking much more than it is a body of knowledge.” Want hierdie model is veel meer as net ‘n model, dit is ‘n wyse van lewe wat oor al die grense van menslike kennis gaan. Veral as dit gaan oor iets belangrik en lewensbepalend soos ons prentjie van God, ons verstaan van godsdiens en hoe ons ons werklikheid interpreteer.

Natuurlik kyk godsdiens en wetenskap vanuit verskillende hoeke – en moet ons dit altyd onthou en respekteer. Want die wetenskaplike hoek is om vanuit feitelike en empiriese kennis oor die natuurlike wêreld te praat. Daarom toets hulle voortdurend hulle teorieë in die lig van nuwe feite en ontdekkings. So verstaan hulle dan ook dat alles is voorlopig en nuwe en nog kleiner partikels of deeltjies gaan gevind word en dit kan alles verander.

Aan die ander kant, is die hoek van godsdiens om vanuit ‘n innerlike wêreld van verbeelding en belewenis oor die realiteit van menswees te praat. Dit is nie feitelik nie, maar mities en poëties. En daarom kan “Ek glo” nooit gebruik word as ‘n wetenskaplike bewys vir die bestaan van God nie. Dit is slegs die "bewys" dat so iemand glo, wat hy of sy wil glo.

Net soos is dit ook nie deel van die wetenskaplike se terrein om feitelike stellings te maak oor, byvoorbeeld, of God bestaan of nie. Want daar is geen toetsbaarheid vir so ‘n stelling moontlik nie, geen LHC-eksperiment kan dit bewys of nie bewys nie.

Dit beteken egter nie dat gelowiges nie ook heeltyd hul idees oor God, godsdiens en die lewe moet ondersoek en heeltyd moet aanvul en selfs wysig namate kennis toeneem nie. Daarom dat ek so sterk voel daaroor dat gelowiges nooit hulle koppe mag afskakel om vir hulle harte plek te maak nie; want dan maak ons geloof dom, en dom geloof is bygeloof.

Dink maar aan die terreine van die sielkunde, filosofie, sosiologie, tegnologie ens. Geen vlak van menslike soeke is nie onderworpe aan hierdie oop, voorlopige en soekende model nie. Dit is daarom baie hartseer om te sien as sekere gelowiges wel ophou dink. Hiervan is die kreasionisme ‘n goeie voorbeeld. Dit is ‘n omstrede geloof, dat die skeppingsmite (aarde is 6000 jaar oud) die diversiteit en ingewikkeldheid van lewe op aarde volkome sou verklaar. En dat die oerknal, sekere biologiese prosesse, veral evolusie, verwerp word as vals.

Dit eers daar gelaat. Indien gelowiges wel die wetenskaplike model gebruik om ook na hulle verskeie prentjies van God te kyk, kan dit tog net hulle verryk en meer sinvol met hulle omgewing en medemens laat omgaan. Dit kan die mensdom dan net nader aan mekaar bring en selfs vrede en harmonie bewerk. Hier moet ek ongelukkig saam met James A. Baldwin stem as hy sê, “If the concept of God doesn’t make us larger, freer, and more loving, if God can’t do that, it’s time we got rid of him.”

Is ons idees oor God en godsdiens nie maar ook net voorlopige kennis nie? Kan gelowiges se sogenaamde waarheid oor God nie ook heeltyd aangevul en gewysig word namate kennis toeneem, net soos met die “God-deeltjie” gedoen word nie? Charles Chiniquy is dus volgens my in die kol met, “It is only those who are seeking, that discover what is true. Not the man that conforms, who follows some tradition. It is only when you are constantly inquiring, constantly observing, constantly learning, that you find truth.”

Ons Godsbeeld of prentjie van die God moet transformeer. Ons moet eietyds oor God en godsdiens dink en praat. Net soos wat enige denksisteem wat relevant wil bly moet doen. Juis daarom dat godsdiens nie sonder die wetenskap kan voortleef nie – ons moet ons gode en dogmas heeltyd uitdaag. Net soos die wetenskap heeltyd hulle hipoteses en teorieë uitdaag.

Natuurlik net soos by die wetenskap moet daar ook by godsdiens met eerlike, oop en verantwoordbare integriteit gesoek word. Hierin help Karl Popper (die Oostenrykse filosoof wat geleef het tussen 1902-1994) ons met sy wetenskapfilosofie model. Hy het dit ontwikkel op 32-jarige ouderdom en gepubliseer as Die Logik der Forschung (Die Logika van Navorsing). Dié werk word tot vandag toe deur meeste filosowe gereken as die invloedrykste teks in die wetenskapsfilosofie wat sedert die Tweede Wêreldoorlog verskyn het. Popper se wetenskapfilosofie het bekend geraak as “falsifikasionisme”.

Volgens Popper kan geen hoeveelheid eksperimentele toetsinge enige teorie waar bewys nie, want ‘n enkele weerspreking kan ‘n hele teorie vals bewys. Dit inspireer hom om die valsbewysbaarheid te gebruik as kriterium om onderskeid te maak tussen dit wat wetenskaplik en nie-wetenskaplik is. Volgens Popper kan kennis alleen as wetenskaplik erken word indien dit die strengste moontlike toetse kan weerstaan om dit vals te bewys. Alle kennis is vir Popper ook bloot voorlopig en niks is vas en seker nie.

Kennis is vir Popper iets wat net in ‘n spesifieke tyd en plek (historiese-kulturele omgewing) waar kan wees. Dit help iemand om in daardie omstandighede probleme op te los, wat ook in daardie spesifieke omstandighede ontstaan het. Daarna moet verder en nuut gedink word want die omstandighede het in die tussentyd verander en daarom is alles anders. Uit hierdie veronderstelling vloei sy ander bekende boek oor die wetenskapfilosofie voort, naamlik Conjectures and Refutations. Die naam dui op die feit dat wetenskaplike kennis ontwikkel op voorlopige voorveronderstellings (conjectures), wat dan aan valsbewysbare toetse (refutation) onderwerp moet word. Slaag die veronderstelling die toets, word dit voorlopig aanvaar as ‘n getoetste wetenskaplike wet. Natuurlik net totdat nuwe inligting dit weerlê, dan begin die siklus weer van voor af.

Daarom is dit so belangrik om te onthou, maak nie saak hoe oortuig jy is van jou waarheid nie, môre kom daar nuwe insigte na vore en dan is jou waarheid nie meer waar nie! Eietydse spiritualiteit beteken juis dit – ‘n voortdurende proses van oop, vry en eerlik wees ten opsigte van ons idees rondom God en sin. Dit is ‘n voortdurende reis na die waarheid. Dit is die lewe en geen sisteem of vaste oortuigings kan op mense afgedwing word vir ewig en altyd nie – ook nie uitsprake oor God en lewe nie.

Daar is wel beginsels wat kan dien as rigtingwysers, om mense te help op hierdie reis. Beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, nederigheid, verdraagsaamheid, vrede en skoonheid. Hopelik sal hierdie nuwe ontdekkings ons met groter verwondering na mekaar en die kosmos laat kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
447 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Thys Human sê... Ai tog, Abel, ek het lanklaas iemand raakgeloop met so 'n goeie grondslag vir 'n lewenswyse wat dit dan net so deeglik kan opneuk met verkeerde aanhalings en verwysings! Nou die dag het ek dit nodig gevind om jou aan te vat oor jy na Mandela as 'n held verwys het. En nou staan jy vir Tutu en aanhaal as 'n gesaghebbende oor interpersoonlike verhoudings! Soos Peanuts se^: Good Grief! Die verstommendste van alles is dat jy vir 'n oomblik kan dink dat Afrika se "ubuntu" die antwoord kan wees vir 'n vreedsame toekoms van die mens. Genugtig man, jy kan jou nie deur sulke tipiese slagspreukagtige goed laat mislei nie! Afrika is vol beloftes van ubuntu en van verander en van groei en van verbetering - en daar kom nooit iets daarvan nie en die aanduidings is dat die onderlinge stryd, geweld, bloedvergieting en totale gebrek aan ubuntu nog vir eeue so gaan voortduur. Afrika bly donker! Ek was geduldig met jou oor jou "spiritualiteit" omdat ek daarin die moontlikheid gesien het dat jy Afrikaners - ek praat van diegene wat hulself as deel sien van die etniese Afrikanervolk - wat nog vasgeval is in die beneweldheid van die christelike godsdiens, kan begin laat dink en hul breindeure oopmaak vir nuwe denke. Ek wil so graag he^ dat my mense - want ek is 'n trotse, onbeskaamde Afrikaner-nasionalis - besef dat hulle met MEKAAR sal moet begin praat en iets doen of die Afrikaner gaan verdwyn - binne drie geslagte. vervolg Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.