Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Lady Godiva: Hoe hanteer jy jou woede?

2010-03-11 15:15

Het jy al ooit so kwaad geraak dat jy voel jy wil iemand ‘n snotklap gee? Het jy al gevoel jy wil die persoon voor jou wurg tot sy of haar oë uitpop? Het jy al ooit begin huil van woede? Ek het al . . . “and then some”! Ek was ook al kwaad vir myself en dit is die ergste en mees afbrekende kwaad wat daar is.

Ek wou al my bankbestuurder verwurg, omdat hy ‘n groot fout gemaak het -- en daarop aangedring het dat hy reg was.  Dit het my vele slapelose nagte besorg en hy was my kwaadword  nie werd nie. Uiteindelik na ‘n sterk bewoorde brief aan die besturende direkteur van die bank is hy gevra om te bedank. 

“The pen is mightier than the tongue!”

Ek het al kwaad geword vir die polisie wat geweier het om ‘n doodsertifikaat uit te ryk vir my oorlede man. Volgens hulle was hy nie dood nie, alhoewel ek hom in die staatslykhuis gaan uitken het.  Ek het geweier om die stasie te verlaat vóór ek seker kon wees oor wanneer ek die dokument sou kry. Ek het nie omgegee vir wié (sersant, kaptein, bevelvoerder) ek wát sê nie, en dit is ‘n wonder ek is nie toegesluit nie. Ek was heeltemal bef*&%!  Met rede!

‘n Motorhandelaar het die verskil betaal vir ‘n motor wat ek ingeruil het, my "kleingeld" was nogal ‘n aardige bedrag.  Die tjek word toe in my nooiensvan uitgemaak, vir geen duidelike rede nie. Die regstelling het ‘n hele paar dae geneem en volgens my kon dit gouer en makliker opgelos word.  Ek was siedend! Ek het my selfoon weggehou van my oor, daarna gekyk en geskree soos ‘n viswyf op ‘n hawe! “Wil jy hê ek moet vir jou K*& maak?,” het ek kliphard gevra sodat almal rondom my kon hoor.  

My prokureur het altyd vir my gesê, die oomblik wat jy kwaad word sit jy negatiewe energie in jou lyf. Sy is ‘n baie wyse vrou.  En sy is heeltemal reg.

Ek was liggaamlik- en sielsmoeg as ek kwaad geword het, ek was uitgeput en ek was naar. My pols het vinniger geklop en ek was op die punt om iets onverantwoordeliks te doen!  En vir wat ? Wat het ek bereik? Het ek nou regtig ‘n punt bewys deur ‘n vloermoer te gooi? Was die kwaad word enigsins tot my voordeel? Het dinge vinniger gebeur na my tirade? Hoeveel tyd het ek nie spandeer om te tob oor die probleem nie? Slaap het my ontwyk, met vrae soos, hoe de hel kan iemand so dom wees? En hoekom tree mense só op?  Die meeste vrae het onbeantwoord gebly.

Ek het seker rede gehad om kwaad te word na aanleiding van bogenoemde insidente. Maar nou as ek terugkyk besef ek hoe skadelik dit is  om SO kwaad te word.  Ek het waardevolle energie vermors!  

Dit is normaal om kwaad te word, ons leef in ‘n kwaai wêreld.

Ek word deesdae nie kwaad nie, of laat ek liewer sê ek probeer my bes om nie kwaad te raak nie en ek slaag nogal daarin.  Dit is ‘n kopskuif, ‘n moeilike een, want dit is tog so lekker en so vinnig om op jou hoë perdjie te klim.  Jy wil mos ‘n punt bewys.  

Besluit of jy die geveg wil veg. Is hierdie geveg die moeite werd wat ek nou aanvat?  Is daar nie ‘n beter manier om ‘n probleem op te los nie? Is die persoon wat jou kwaad maak jou emosies werd? Waneer jy toelaat dat ‘n mens jou kwaad maak, laat jy hom of haar toe om oor jou te heers.

Wanneer jy jou geliefdes name toegevoeg het wat hulle seermaak, maak jy jouself méér seer. Woorde kan nie teruggetrek word nie, en is dit nou regtig so ernstig as jou vrou vergeet om jou gunsteling-hemp te stryk ? Is dit nie beter om hom of haar te vertel dat jy seergemaak is en nou kwaad is nie? Liewer praat as eendag met ‘n skuldgevoel loop wanneer daardie mens nie meer daar is nie.

Dit is ‘n bevredigende gevoel  waneer jy jou middelvinger kan gebruik vir die persoon wat voor jou ingery het, of jou lippe vinnig beweeg en jy woorde besig wat net matrose sal gebruik. Maar. . .  hoor die ander persoon jou ? En om vir mekaar middelvingers te wys klink soo barbaars.  Wat help dit ? Jy jaag net jou bloeddruk op. Waneer jy by jou bestemming kom is jy heeltemal oorstuur en dit vir ‘n persoon wat jy nie eens ken nie.   

Word jy kwaad vir die persoon of word jy kwaad vir sy of haar dade ?

Jy raak selfs kwaad vir mense en hulle weet dit nie eens nie, gewoonlik onnodig en omdat jou eie ego'tjie seergemaak is, heelwat kere onbewustelik deur die ander party.

Jy word kwaad vir jouself, hoe kon jy so dom wees om dit en dat te gedoen het.  Dink liewer voor jy iets drasties doen, dink voor jy daardie paar stiletto's koop wat jou ‘n ekstra liddoring in ‘n uur se tyd gee en jou kredietkaart in die rooi vat.  Dink voor jy jou haarkleur verander en vir die nuwe stomp-op-die-kop-haarstyl gaan.

Om kwaad te word vir ‘n bankfout/ SARS-fout/Telkom-fout is ‘n mors van tyd en energie, jy gaan niks bereik behalwe as jy bereid is om jou waardevolle tyd te mors en vele oproepe te maak wat niks vinniger gaan laat gebeur nie.  Hoe méér jy skree en skel, hoe minder sal jy ‘n kans hê dat jou probleem vinniger opgelos gaan word. Skryf ‘n brief, praat met ‘n persoon in ‘n bestuursposisie.  As dit moet gaan na www.hellopeter.com en kla.  

Dit is menslik om kwaad te word, maar wat saak maak is hoe jy jou kwaadword hanteer. Maak jy jouself seerder as die ander party deur jou kwaadword en jou optrede as gevolg daarvan of gebruik jy kwaad word om te leer om volgende keer die situasie beter te hanteer ?

Terwyl ek  skryf kom maak ‘n lastige, lam vlieg homself tuis op my lessenaar. . . ek neem ‘n oproep van ‘n vriend en soos ek praat word ek meer en meer geïriteerd met die vlieg!  Ek gryp ‘n tydskrif en wil hom al swetsend slaan, my vriend se droë kommentaar: “Tanya, jy moet vir jouself een van daardie vlieë-plakke kry . . . een met ‘n draad handvatsel”.

Miskien moet ek dit in my handsak ronddra en myself elke keer klap as ek weer waag om te wil kwaad word! Dit is beter om die vlieë-plak te gebruik as die pepersproei waarmee ek myself al bygekom het!

Lewer kommentaar op dié storie


Marie 3/12/2010 3:35:43 PM
Ons woon in 'n woedende land. Dis asof niemand meer enige versagting teenoor ander wat nie na wense optree, kan voel nie. Dis om ons, op alle gebiede: op die paaie, in die toue in poskantore en munisipale geboue, op die koerantblaaie, in die politiek tussen teoloë, tussen die rasse, tussen die ouderdomsgroepe... Wat is aan die gang met die mensdom? Verdraagsaamheid is besig om 'n skaars kommoditeit te raak. Om nie eers van liefde te praat nie.
Tanya 3/14/2010 7:38:08 AM
Ek het juis vanoggend 'n paar koerante op die net gelees en ek voel al lankal so,dit maak my bang. Almal baklei ! Ek is geseen om in 'n klein "village" te bly waar mense nog uitkyk vir mekaar. Daar is soms tye wat 'n mens kwaadraak, dit is menslik, maar hoe jy optree waneer jy kwaad word is wat tel. 'n Wyse kennis het eendag gese, ons leef in 'n gebroke wereld en almal hanteer hulle gebrokenheid op 'n ander manier!
johan steyn 3/17/2010 10:54:13 AM
gebruik tog net die vlieeplak meganies en berekend maar sonder woede ... ekstermineer gewoon ... amper soos elimineer emosieloos
Rina Burger 3/27/2010 6:45:25 PM
Stamp jou kop so drie keer saggies teen die muur, kry 'n spieel en vertel jouself jy is pragtig en slim en waardevol en vloek dan jou beste vloek en beweeg aan.... na jou volgende opgewonde bui.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

.Net Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

VOD PLATFORM SPECIALIST: DSTV ONLINE

Gauteng
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...