Lady Godiva: Is die kool die sous werd?

2010-09-03 10:52

Ek maak koffie terwyl ek met ‘n vriendin gesels, was sommer die skottelgoed ook so tussendeur.  Sy het vroeër gesê sy gaan my bel.  Net genoem dat sy omgekrap is.  Ek ervaar haar as ‘n vrou met verstand. ‘n Vrou wat glo in reg en verkeerd, morele waardes het en daarvolgens leef.  

Sy vertel my van ‘n vriendskap wat verkeerd gegaan het. Sy noem ook hoe sy haarself altyd bevraagteken het.  Ek vra nie detail nie, ek luister net.  Sy het nodig om te ontlaai en van al haar frustrasies ontslae te raak.  

Sy noem ook dat die spesifieke persoon betrokke is by ‘n saak wat haar na aan die hart lê, die welvaart van minderbevoorregte kinders en om hulle lewens te verryk en uit te bou.  

Ek hoor haar passie vir dit waarin sy glo.  En ook  haar frustrasie van haar kop teen ‘n muur stamp en nêrens kom nie.  Nie omdat sy nie oor die vermoë beskik om nie ‘n kompromie aan te gaan of te kan kommunikeer nie,  maar omdat die ander party net eenvoudig haar dwarsboom, en nie die groter prentjie raaksien nie.  Sy praat uit die hart uit.

Ek vra haar DIE vrae:  Is dit die moeite werd? Wat is in dit vir jou? Hoe gaan dit tot jou voordeel wees? Gaan jy jou waardigheid langs die pad verloor?  Wil jy net ‘n punt bewys?  Is dit goed vir jou?  Is jy seker dat indien jy voortgaan met die geveg jy gaan kry wat jy wil hê?

Sy laat my dink...

Hoeveel keer het ek nie net iets gedoen om ‘n punt te bewys nie? Om net die ego’tjie te streel van ek weet tog beter as jy nie? Hoeveel tyd het ek nie al gemors net om my stem te laat hoor nie? En WAT het ek tog daarmee bereik? Niks?

 Hoeveel keer het ek nie al voor my siel geweet jy brand jou hand aanhoudend op ‘n stoofplaat nie, maar gaan terug vir nog ‘n seerkry. Net om weer te probeer want in ongeloof KAN sus of so mos onmoontlik nie so optree nie?

Hoe eerlik is jy met jou elke dag se gevegte? Veg jy net of dink jy voor jy ‘n geveg begin? Is jy seker van jou strategie en is jy bereid om ‘n nederlaag te aanvaar? Oordink jy jou aksies en is jy eerlik met jouself in die opsig dat jy dit vir jouself doen of net vir jou ego? Verloor jy jouself in die proses van punt bewys of leer jy uit elke veldslag?

Miskien klink bogenoemde selfsugtig, miskien verwaand, miskien lafhartig, maar vra jouself die eerlike vraag is dit regtig werd om jouself net te wil bewys? Of is dit wat jy mee besig is regtig tot jou voordeel?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Willem sê... Dankie vir jou oulike skrywe Ian. Ek geniet dit baie. Ek vind my in jou woorde, en natuurlik is ons goeie mense vir wie die Liewe Vader ook harte gegee het. Soos my een vriendin Elmari altyd genoem het "Ek het ook 'n binneste". Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Call Centre Operations Manager

Johannesburg, South Africa
Fusion Outsourcing Services (Pty) Ltd
Market Related

Chief Safety Officer (Mining)

Mpumalanga Other
EOH Recruitment Solutions
R48000 - R55000

Junior C# Developer

Centurion
EOH Recruitment Solutions
R200000 - R210000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.