Noumaartoe: Al die móéts en moenies

2012-09-13 13:56

Jy móét dit en jy móét dat ... Maar móét jy?

Nope, seg ek. Daar is NIKS op die liewe aardetjie wat enigiemand móét nie.

Jy móét niks!

Dié drie woordjies lok dikwels vurige gesprekke, gestry en debatte uit. Sommige raak sommer warm onder die boordjie as hulle gedaag word om een voorbeeld te noem waar enigiemand op dese aarde móét.

“Jy moet belasting betaal.”

“Jy moet eet.”

“Jy moet skool toe.”

“Jy moet werk.”

“Jy moet toilet toe.”

“Jy moet asemhaal ...”

Nee, nie een van bogenoemde, of honderdtal ander móéts, is ’n moet nie.

Jy hoef glad nie belasting te betaal, of te eet, of toilet toe te gaan, of skool te gaan of te werk, of selfs asem te haal nie.

Die saak staan eenvoudig só: Alles waaraan die mens kan dink en waaroor hulle wil stry het ’n “anders ... ”

Anders gaan SARS jou opsluit. Anders gaan jy dood van die honger, anders bly jy dom, anders beland jy op straat, anders ontplof jy van konstipasie, anders, anders, anders.

Alles, maar alles is en bly ’n keuse.

Ek betaal belasting omdat ek kies om nie met die wet te bots nie en nog minder in ’n sel opgesluit te word nie. Eet omdat ek wil bly leef (jammer die aanbod oorskrei egter baie dikwels die aanvraag).

Werk omdat ek ’n creature of comfort is. En bowenal, haal ek asem omdat ek wíl bly leef. Ook interessant om ’n bietjie te besin oor wat as ek sekere dinge nie doen nie.

Soos om nie belasting te betaal nie?

Ja, SARS kan my opskroef. Ek kan opgesluit word. Hierdie keuse bied weer ander opsies. Sou ek in ’n sel opgesluit wil word? Kan ek bly sit, myself bejammer en die wêreld daarbuite haat? Of, ek kan daardie tyd nuttig gebruik – behaal ’n graad op die regering se kostes. Hoor van baie wat dit al gedoen het – absurd, ek weet – maar dit bly altyd ’n keuse. So kan ons aangaan met al die móéts en ook die moenies, vir watter rede ookal.

Die enigste, maar enigste móét in dese lewe – is om dood te gaan ... En hier het niemand, nie die koning, baas of Klaas, ’n keuse nie. En die keuse oor wanneer is ook nie joue nie.

Nou maar toe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Flip Raath sê... Aruan. Dis net jy wat hierdie twak kan glo. Want jy moet kan glo om sulke twak te kan kwyt raak, sonder om jou kop in skaamte te laat sak. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.