Noumaartoe: Gypsy so amper-amper uilkos

2012-10-09 13:23

As enigiemand vir my dié storie sou vertel, sou ek dit as ’n tipiese hengelstorie afmaak. Maar, dit was so ampers of Gypsy, my Jack Russeltjie, was uilkos – twéé keer.

My vriend kom by die huis ingestorm, kan sien hy wil iets vertel, net ... ek is op my selfoon besig met ’n verrassingsoproep van my skoonsuster. Dié gaan ouma word en die opgewondenheid kook oor.

Uiteindelik kan ek groet en al my aandag aan ’n ongeduldige storieverteller gee.

“Dis Gypsy,” sê hy. “Sy was amper uilkos.”

Dis drie uur op ’n Sondagmiddag in ’n digbeboude gebied van Durbanville, Kaapstad. My logika sê uile is nie bedags te sien nie.

“Ja,” sê hy. “Ek het ook so gedink.” Hy’t saam met Gypsy gestap om ’n draai te loop – ons kuier in ’n kompleks waar diere nie toegelaat word nie – sy is dus “onwettig” op die perseel, maar gelukkig is haar hees blaffie nie steurend nie en het my vriend se bure nog nie kom kla nie.

My vriend vertel: “Ek staan buite en rook en laat Gypsy die grasperk uitsnuif. Ek hoor ’n geflap in die boomtakke agter my, maar dag dit is die bosduiwe wat so lawaai.”

Uit die hoek van sy oog sien hy skielik ’n beweging en toe hy sy kop draai kom ’n gevlekte ooruil (spotted eagle owl) uit die boom gevlieg. Hy pyl reg op Gypsy af wat teen ’n trap in die tuin begin opklim. “Gelukkig vir haar,” sê my vriend, want die uil moes toe vinnig van rigting verander om nie soos ’n kamakazi-vlieënier in die stel trappe vas te vlieg nie.

My vriend terg baie en, synde ’n redelike senior, siniese joernalis te wees, soek ek na leidrade wat sy wolhaarstorie sal verklap. Sien niks. “Kom ons gaan kyk of die uil nog daar is,” sê hy en ek is vinnig die vier stelle trappe na die tuin toe onder.

Ons stap tussen die wooneenhede na die geplaveide parkeerarea waar die jong platane nog hul winterblare probeer afskut. Gypsy loop weer snuif-snuif van plant tot plant.

Die volgende oomblik sweef ’n groot roofvoël met wydgespreide vlerke in die rigting van die parkeerara en gaan sit sowat 25m verder bo-op ’n lamppaal. Hy hou ons dop. Ek roep vir Gypsy en hou die uil met arendsoë dop. My vriend en ek staan seker nie meer as drie tree van waar Gypsy die plantjies in die bedding besnuif nie. “Die uil sal dit sekerlik nie waag om nader te kom nie,” sê ek.

My woorde is skaars koud of die uil swiep af aarde toe en pyl reg op Gypsy af, twee tree voor my. Ek verstar die een oomblik, maar soos ’n leeuwyfie wat haar welpie beskerm, storm ek die meter nader en kry my voet net betyds op Gypsy se rug. Die uil se kloue steek agter in Gypsy se boudspiere in, maar nie diep genoeg om haar te lig nie. Hy verloor sy greep en gaan sit tien tree verder op die tydelike stellasie langs die grasperk.

Met Gypsy stewig onder my arm ingevou soek ek na wonde. Bloedspatseltjies is op drie plekke op haar agterlyfie sigbaar. Sy bewe soos ’n riet. Die uil bly sit. Staar in ons rigting. Knip nie ’n oog nie. Ek stap stadig nader. Dag die uil sal wegvlieg. Hy sit. Hy staar. Ek gee nog ’n tree nader.

My vriend gryp sy selfoon en neem foto’s. Ek gee nog ’n tree nader. En dan nog een. Die uil met sy geel en swart oë kyk my stip aan. Ek hoor hoe blaas hy met elke tree wat ek gee. Nou is ek nie meer as twee tree van hom af nie. Ek steek my hand uit. Hy blaas, maar beweeg nie. So bly hy sit totdat ons die stryd gewonne gee.

Gypsy steeds stewig onder my blad ingevou. So amper-amper of sy was uilkos.

Nou maar toe...

• Die gevlekte ooruil kom, volgens navorsing, dikwels in stedelike gebiede voor. Hul broeityd is tussen Julie en Februarie en die wyfie lê tussen twee tot vier eiers. Sy verlaat slegs die nes om te eet wat die mannetjie na die nes bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Rip van Winkel sê... Flip Raath, Panteïsme is die geloof dat God volkome immanent is. Kortom, dat die kosmos, die universum self, God is. Panenteïsme is die geloof dat God die universum omsluit, maar nie identiek is aan die universum en die transendentale nie. Die Kabbala, die Joodse mistiek, gee ? panenteïstiese blik op die wese van God; hierdie visie word in die Hasidiese Jodedom vry algemeen aanvaar. Ook is dit die visie van die prosesteologie en van die Christelike beweging wat in die VSA bekend is as die ‘Creation Spirituality’. Ook die Hindoegodsdienste het grotendeels 'n panenteïstiese visie op die wese van God. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.